Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, February 20, 2011

Waar's die draad?

Tot by "Ode" kon ek die draad volg - soos by die speletjie wat jy in 'n motor speel wanneer jy van Pretoria af Baai toe ry óf terug - een persoon begin met 'n sekere woord en dan moet die volgende 'n woord sê wat aansluit by die letter of tema van die vorige, ens.

Ek is bevrees ek het nou die draad verloor. Dit lyk asof die motte die drade van die vlag gevreet het maar ek sien nie die verband tussen dit en ode nie - verstaan ook nie waar "dialoog" (in al sy spel-vorms) in pas nie (opsetlik as twee woorde geskryf). Om die waarheid te sê, ek is nou gekonfoes. Ek het eers gedink (en gehoop) dat iemand anders die vraag sou vra want dan voel ek nie dom en "difficult" nie, maar ek kán dit nou nie meer hou nie - wat is die (goue?) draad? En hoe trek jy die streep tot by (deur) die simbole vir anargisme?

No comments:

Post a Comment