Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, February 16, 2011

NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 3 - ADDENDUM

LIEWE NEEF, NIGGIE


Ek is jammer om julle al weer te pla - veral diegene wat hierdie gedagtes per e-pos ontvang en dit nie op eie houtjie by die MIERLEEU gaan bestudeer nie. Dit staan julle natuurlik vry om my vriendelik te versoek om julle van die adreslys te verwyder. Thys, Pierre en Johan sal kan getuig dat ek dit in 'n vorige lewe al in die grootste woede gedoen het.


Met die versending van die vorige gedagtes, het ek teenoor Ingrid  bedenkinge uitgespreek dat veral die YouTube-opnames waarskynlik vir die meeste mense al ou nuus is, maar ek het dit tóg maar gedoen omdat ek geredeneer het dat dit darem 'n eiesoortige konteks is. By ontvangs van die onderstaande, gawe briefie, het ek besef dat my aanname verkeerd was, ook in die lig daarvan dat ek híérdie video self maar net enkele dae gelede gesien het.


Ek beskou dit 'n bietjie as ons eie APOCALYPSE NOW, maar dan 'n egte en outentieke een, soos wat ek probeer aantoon in my kommentaar - ongeveer die agtste een van bo af; Alex, wat ook in (O)Mahanene was, sal dit waarskynlik kan bevestig.


SALUUT!


Petrus
______________________


From: Marthie 
Date: 2011/2/16
Subject: Re: NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 3
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Sjoe! Sjoe! Sjoe!

Hoe misleidend kan so 'n briefie wees. So mooi geskryf, en ek volg al die 'links' en dan eindig dit met Horror! Jô. Ek het nooit die fliek gesien nie en is bly as ek net hierdie enkele tonele sien. Nogtans dink ek dis 'n goeie stukkie werk, Petrus!

Liefdegroete,
Marthie









No comments:

Post a Comment