Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Saturday, May 31, 2014

Thursday, May 29, 2014

OORSPRONG VAN DIE VORIGE BYDRAE


6 uit 11 is wit in die Zille kabinet......so bly ek het nie vir hulle gestem nie.
Like · 
  • Lize Schlebusch Ook nie 'n DA-ondersteuner nie, maar lyk wel vir my 50/50?
  • Joan Lombard Lekker lag ek nou, ek het gewonder of jy nie dalk vir daai Dan Roodt se party gestem het nie, maar gedink hulle is dalk so effe té regs vir jou!
  • Anna-marie Barnard ek het vir hulle gestem en ek is nie spyt nie, was die naweek in kaapstad en omgewing en ek komplimenteer die wes-kaapse regering, wonderlike stad!
  • Johan Sloet de Villiers Haha, Joan, Roodt en sy party het 4000 stemme gekry. Hoop hy wéét nou wat mense van sy idees dink en bly bietjie stil. VF+ het ook maar sleg gevaar soos in 2009. En weer met die 4 voorspelbare ou ooms in die parlement gaan sit. Wonder of Mulder sy cushy job terug kry? Zuma het hom lekker aan n lyntjie. Daarom het hy ook maar min uitgerig.
  • Pierre Roets Johan, as jy op grond van die rasse-samestelling van 'n politieke party nie vir hulle stem nie, beteken dit jy is 'n rassis.Dis reeds 20 jaar sedert 1994 en jy gebruik velkleur as die enigste bepaler van hul gepastheid? Wat sou jy se van iemand wat dieselfde stelling oor swartes maak?
  • Joan Lombard Ek voel saam met jou Pierre, en al stem ek en Johan oor baie dinge saam, verskil ons ook oor baie dinge.
    Wat maak rasse- of geslagssamestelling saam, moet die beste persoon nie vir die pos gekies en aangestel word nie!

    O ja Johan Sloet de Villiers, die VF+ is 'n familie besigheid, drie Mulders en een ander persoon.
  • Jean Oosthuizen Jislaaik wanneer kan ons 'n slag bietjie by kleur verby kyk. Maar vir wat dit werd is die DA is die mees verteenwoordigende party van al SA se mense van al die partye. Moes die premier liewer mense aanstel op grond van pigment pleks van bekwaamheid?
    May 22 at 9:58pm · Edited · Like · 2
  • Johan Sloet de Villiers Pierre, ek kan sekerlik nie "rassisties" wees teenoor witmense nie.... Ek dink Zille is 'n goeie manager en die Weskaap vaar goed onder die DA, maar daar is, volgens my, 'n serious tekort aan visie vir die toekoms as nasionale opposisie party en Weskaap regering. Ek kan nie dink dat sy nie bekwame mense wat meer verteenwoordigend sou wees kon kry nie. Sy doen 'n eierdans om haar tradisionele ondersteunersbasis, wat ook o.a. uit die meeste ou NP's en KP's bestaan en die groei wat sy wil op nasionale vlak bewerkstellig te probeer balanseer. Wanneer sy binnekort vervang gaan word deur 'n nuwe swart leier, sal dié tipe kabinet nie meer gesien word nie, want dan kan die nuwe leier swart stemme trek. Of ons nou wil of nie, Jean, kleur bly 'n faktor, en ons het 'n sterker opposisie nodig in SA, en dit sal nie onder 'n wit gedomineerde DA gebeur nie. Veral nie as hulle dié tipe seine uitstuur met só 'n kabinet nie.
  • Pierre Roets Johan, natuurlik kan mens 'rassisties' wees teenoor enige ras. Net soos mens seksisties kan optree teenoor beide mans en vroue (sien bv David Benatar se 'The Second Sexism'). Ek is teen alle vorme van onregverdige diskriminasie. Two wrongs...
  • Lize Schlebusch Trust vir Johan Sloet om als 'n ras-issue te maak... daar is 'n term vir persone wat hul eie ras haat... oikofobie.
  • Jean Oosthuizen Johan ek wil nie met jou in 'n kleurdebat betrokke raak nie want ek dink ons deel min of meer dieselfde politieke sienings. Maar dis bietjie patronizing teenoor die duisende nie-wiittes wat DA gestem het vir 'n witte om te sê hy is bly hy het nie DA gestem nie omdat die helfte van Zille se kabinet wit is. Ek ry elke dag trein saam met bruin en swart mense in die Wes-Kaap. Ek hoor hoe hulle onder mekaar gesels. Hulle grootste behoefte is nie die kabinet se velkleur nie maar hoe die provinsie regeer word. Die regses is so onbeduindende faktor in die Wes-Kaap dat dit regtig onwaar is om die beweer Zille dans na die KP of oud NP's se pype. Sy is immers op rekord dat rassiste en homofobe nie welkom is in die DA nie. Dit is meer as wat die ANC kan sê. Ek hoor graag by jou watter pary is in die stadium 'n beter opsie as opposisie.
  • Anna-marie Barnard johan, regtig ek stem hier saam met jean oosthuizen, baie van my swart vriende het ook vir huidige regering in wes-kaap gestem en met goeie rede, ons huldig dieselfde visie! hierdie kleur ding moet begrawe word!
  • Altea Muller Volgens statistiek het Helen nie regtig soveel swart steun gekry as wat sy gehoop het nie. Sy het wel vreeslik hard probeer....
  • Johan Sloet de Villiers Ons kan die "kleur ding" begrawe wanneer die speelveld meer gelyk is, maar dis 'n issue wat nou nog te veel op ekonomiese vlak veral ongelyk is. En net soos Jean wil ek nie in 'n argument betrokke wees met mense waarmee ek eintlik op meeste politieke vlakke saamstem nie. Waar die DA faal is om visie te wys in hulle partyleiding en op nasionale vlak veral. Die argumente hier gaan oor wat in die Weskaap gebeur, fine, dit wys dat die DA onder sy huidige leiding net streeksgebonde of as klein opposisie kan bestaan.
  • Altea Muller Ironies genoeg sien ons nou na die verkiesing vir eerste keer motorkapings in kaapstad... Wat beteken dit?
  • Jan Horn Johan die DA is ook bly dat jy nie vir hulle gestem het nie. Die "ongelyke speelveld" is 'n uitgediende redenasie wat ook maar begrawe kan word. Want die oomblik as iets besluit word waarmee iemand nie saamstem nie dan kom die ongelyke speelveld weer na vore.
  • Joan Lombard Nogal kommerwekkend Altea Muller, maar dit het darem al 'n jaar of wat begin, dit raak net nou al hoe erger.
    Ek het al gewonder of dit agv die geweldige instroming na die moederstad is, kriminele elemente, ens.
    Het nou die dag gehoor dat Vanguard so 'n gevaarlike stukkie pad is om te ry.
  • Altea Muller N jaar gelede was hulle ook aan bewind Daar. Miskien het die DA se "goeie regering" niks te doen gehad met hoe goed dit in die kaapstad gegaan het tot nou nie.... Al wou hulle dit altyd voor hou as die rede.
  • Johan Sloet de Villiers Ja Jan, jy mag dit dink, maar die miljoene wat op of onder die broodlyn leef dink dit nie. Tipiese gerieflike middelklasdenke die van jou. Maar waarom dink jy het EFF so goed gevaar in hul eerste verkiesing? As n nog beter strateeg en meer charismatiese persoon so n beweging met so n agenda van stapel stuur, is daar baie om onrustig oor te raak. En SA moet dit vóór wees. En dis juis my punt.....die DA mis die bus op nasionale vlak en met visie. Die psige van die nasie word minder belangrik geag as plaaslike politiek. En Jean het dit oor KP's en NP's in die Weskaap.....
    Aikôna.....kyk landswyd. Die skrif is aan die muur.
  • Jan Horn Johan die harde feite is dat, as ons die wêreldbevolking van 7 plus miljard verdeel in ryk en arm dan is die persentasie rykes wat bo die broodlyn lewe 'n bitter klein persentasie. Deur hulle eie poging en regeringshulp beweeg mense stadig van onder die broodlyn na bo die broodlyn. Maar die aanwas en geboortes onder die armes is altyd vinniger as die opwaartse ekonomiese beweging. So armoede groei en hy ka dit nie stuit nie. Nog ' n feit om in ag te neem. Amerika met ongeveer 4 % van die wêreldbevolkong verbruik een derde van die biskikbare hulpbronne xvan die planeet. As almal verhef moet word tot díé ryk standaard is daar net genoeg vir 12 % van mense op aarde. Die harde feite is daar is nie genoeg hulpbronne op die planeet sodat almal soos ek en jy kan leef nie. Dink daaraan.
  • Anna-marie Barnard dankie jan, ten minste het jy nie tonnel visie nie!
  • Johan Sloet de Villiers Jan, dit mag alles waar wees, en behoede ons dat ons almal soos die Amerikaners moet leef, maar die ouens wat byvoorbeeld EFF gesteun het could not care less oor jou statistieke. Dis rykmans argumente. Neem nou stappe om die behoeftes van die massa armes aan te spreek (en niemand sê dit moet almal op dieselfde vlak wees nie) en voorkom 'n Arabiese Lente so to speak in SA.
  • Jean Oosthuizen Hier en daar lees ek darem snaakse goed in die gesprek. Soos dat nou na die verkiesing vie die eetste keer motorkapings in die Wes-Kaap sien. Waar kom die mense aan die goed wat hulle soms op FB kwytraak?
  • Jan Horn Johan die EFF kan maar blaas en brul oor die koste van 'n vlugkaartjie na Kaapstad maar swaartekrag is nie rykmansargumente nie dit kos net eenvoudig soveel vir die vliegtuig om swaartkrag te oorkom. Mens gee nie in vir onnoselheid nie jy voed mense op. Ek het onlangs van 'n uitgebreide toer na ons noordelike buurlande terug gekom en was baie meer beïndruk met die Suid-Afrikaners wat nywerhede en sakeondernemings oral in Afrika oprig as al die gepraat oor die behoeftes van die armes in die rykmansale van Europa. Die intrepenieurs wat ek ontmoet het doen dit nie vir die behoeftes van die armes nie hulle doen dit vir hulleself. En so skep hulle groeipunte, skep werk en indiensopleiding vir die wat vir hulle werk. Jy kan jou stomp werk om aan die behoeftes van die armes te voorsien. Moreoggend as die son opkom is al daardie behoeftes weer terug. Plus 'n paar nuwes.
    Ek bly in Suid-Afrika. 'n Paar jaar gelede het ek 'n jong Vendaman indiens geneem as 'n plaaswerker. Hy het geen opleiding gehad nie en kon nie eers Engels praat nie. Deur die jare het ek hom opgelei om as produksie-assistent in my TV ateljee te werk. Ek het hom ook tegnies opgelei om my plaasmasjienerie in stand te hou. Ek doen dit nie om aan sy behoeftes te voorsien ek doen dit om aan my behoeftes te voorsien en so wen ek en hy albei in die saak. Vergeet van al die Noorder halfrond slimpraatjies en gewroeg oor die behoeftes vab die armes in julle goedversorgde rykmansale. Kom bly in Suid-Afrika en help om hierdie vasteland weer op te bou. Hou op praat Kom dóén iets.
  • Johan Sloet de Villiers Jan, ja, as ouens se argumente opraak dan sê hulle "jy sit in die buiteland en doen niks"..... So 'n gesprek loop dan gerieflik dood. Intussen het jy geen idee waarmee ek besig is nie, nie hier en en ook nie daar nie. Mooi naweek verder.
  • Theo Janse van Rensburg Baie goed gestel Jan Horn!
  • Christo van Rensburg As ek na die foto kyk, lylk dit vir my of die kabinet die Wes-Kaap verteenwoordig. Dit is waar die DA gewen het, so die proporsies is min of meer reg. 

    Maar nouja. as die DA wil landswyd vooruitgang maak, dan sal hulle moet aanpas. Persoonlik sal ek mense soos Terror Lekota en Mamphela Ramphele ens in die DA wil sien voor ek daaraan sal dink om vir hulle sal stem.
  • Christo van Rensburg Vir my is die snaakste en beste uitslag van die verkiesing in Orania, waar die ANC en EFF elk meer stemme as die Front Nasionaal gewen het.
  • Lize Schlebusch Onthou net, dis nie net die inwoners van Orania wat by die stemlokaal gestem het nie. Enige SA-burger was en is welkom. Baie plaaswerkers, Jojo-tanks se mense, die polisiemanne ens het ook daar gaan stem. En dit was maar 4 stemme, so ek weet nie waaroor die media so op hol gaan nie. Seker nie beter stories om oor te skryf nie.
  • Johan Sloet de Villiers Ja, daai Orania statistiek was nogal snaaks om te lees.
  • Jan Horn Johan vertel ons waarmee jy besig is. Dalk sal ek saam met jou wil werk want ek wíl hê hierdie land van ons moet werk.
  • Johan Sloet de Villiers Jan, ek is seker jy doen jou deel. Daaraan twyfel ek nie. Plaaslik is ek betrokke by asielsoekers, veral uit Afrika en in SA maak ek n beskeie bydrae mbt Aids projekte en ook meer op persoonlik vlak met individue.
  • Anna-marie Barnard jan horn, hierdie land van ons gaan werk, ons is hopeloos te talentvol dat enige iets in ons pad sal staan na n gelukkige einde. ek is mal oor my land en sy mense en wil nerens anders bly nie!
  • Pierre Roets Johan en ander - vir my is die geheim van Suid-Afrika se sukses gekoppel daaraan om 'n sterk middlklas van alle rasse te skep, sodat die kloof tussen haves en have-nots verdwyn. In England (wat geensins 'n 'ideale' land is nie) het selfs die persoon wat die strate vee en mense wat was en stryk in iemand anders se huise, gewoonlik 'n leefbare tuiste, voldoende vervoer en toegang tot goeie gesondheidsorg, skole, ens. Hulle kinders kan aspireer tot iets beters. Die regering kan nie net op AA en BEE staatmaak daarvoor nie. Hulle moet mense 'upskill'. En daardie aspek faal tans klaaglik.
  • Willie Du Plessis Ek wil julle 'n staaltjie vertel van toe ons in die RSA nog so met velkleur in ons breine ingeprent was dat ons nie juis los daarvan kon dink nie. Sommer baie jare terug stap ek een oggend vroeg in London (Engeland) se strate. Ek sien 'n klomp netjiese en skoon jong wit mans met kaal bolywe (spierwit velle) wat die vuilgoed in die vragmotors gooi en die strate opruim. Ek dag eers dat daar seker 'n staking is en die weermag moes ingryp om die stad skoon te maak. Toe ek verder loop en 'n span ou wit omies sien wat met pik en graaf slote grawe, en besef ek eers dat ek mos Engeland is waar die harde straat arbeid nie deur swartmense gedoen word nie. Ek het die omies so staan en betrag en besef dat hulle ook dan maar soos my pa lyk. My pa was immers baie gelukkig om in SA te leef waar hy voorspoedig is en nie slote met 'n pik en graaf in die straat hoef te grawe nie. In SA moet ons ons seëninge tel.
  • Tertia Castelyn Geleen by Adriaan Cilliers, Soos gesien in die afgelope paar weke is daar GEEN manier vir die Boerevolk om vryheid te kry deur aan anc verkiessings deel te neem nie. In Suid Afrika is die een wat die besluite maak die een met die meeste stemme.Ongelukkig in Suid Afrika is daar meer swart stemmers as blankes...En dan moet ons self nog kyk na die massas engelse blankes wat ook nie baat vind by n Boereparty nie.
  • Johan Sloet de Villiers Uit miljoene Afrikaners het 150 000 vir VF+ en FN gestem. Dis al. Wie is die "Boerevolk"?
  • Johan Slagter de Lange Democracy is two wolves and a lamb voting on what to have for lunch. Liberty is a well-armed lamb contesting the vote!

    BENJAMIN FRANKLIN
  • Christo van Rensburg Johan SdV (julle voorletters is byna dieselfde), dis mos wat ek in die ander draad ook gevra het. Ek glo nie so iets bestaan nie.
  • Marthinus Nel Johan Sloet de Villiers, indien dit nie te "vervelend" is vir jou nie, kan jy gerus híér gaan lees: http://mierleeu.blogspot.be/.../my-substantiewe-antwoord...

  • Louis Scholtz Johan, ek dink nie jy kan noodwendig die groep onder een etiket plaas nie, maar as jy in ag neem dat die VF+ en FN tesame net so bietjie meer as 170 000 stemme getrek het, dat nie alle Afrikaners stemgeregtig is nie en dat nasionaal maar 60% van stemgeregtiges gestem het, kan die steun vir VF+/FN tussen 8 - 12 % van Afrikaners wees, gemiddeld dus 10%. As jy dan ook in ag neem dat daar 'n groot groep Afrikaners is wat in beginsel nie stem nie omdat dit volgens hulle sinneloos is (jy kan die komentare oral op die internet vind), maar tog die sienswyse van die VF+ deel, kan jy moontlik sê dat die helfte van die nie-stemmers ook jou etiket mag dra. Moontlik dan tog nie so 'n klein hoeveelheid nie en die VF+ se steun het ('n bietjie) gegroei sedert die vorige verkiesing.
  • Johan Sloet de Villiers Sorry, Marthinus, die blog is wél vervelend.... Ek sien niemand het ge-comment sedert dit geskryf is in 2013 nie.....gaap....ek is dus nie alleen nie.
    Loius, alles goed en wel.....die scoreboard sê die "volkstaters" het min steun,
  • Louis Scholtz Ek het bloot op jou stelling gereageer Johan. Die "scorecard" is onbelangrik in die konteks van jou stelling
  • Marthinus Nel Johan Sloet de Villiers , my goeie kameraad het besluit om sy boernaal "onvervelend" te maak met die publikasie van 'n uittreksel uit jou FBblad en julle hoogstaande, dinamiese & veelseggende kommentaar...:http://mierleeu.blogspot.be/.../al-dra-n-aap-n-goue-ring...