Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, February 17, 2011

Ode

Baie dankie vir hierdie ode - werklik weer eens 'n waarlike werk van formaat.

Maar moenie dat (jy) die klanke [jou] mis lei nie.

Ek bespeur 'n voortsetting van dié blog se Fanuselement (wetende wat Fanus self met die woord "Fanusfaktor" sou doen, weerhou ek my daarvan om dit só te noem) - die lag met die traan, wat so, o! so eie aan Suid-Afrika is en wat is soos net iets uit/van/in Suid-Afrika kan wees: be-lewe-nis van die ervaar/hoor/sien/ruik/voel/lees van die geheel verskil soms hémelsbreed van die afsonderlike onderdele wat dáárdie geheel vorm - 'n Disgrace ? (Kyk eers die fliek en lees dán die boek.) Dis in elk geval inténs.

No comments:

Post a Comment