Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, February 27, 2011

RONDO

Fortuna Imperatrix Mundi



O Fortune,
like the moon
you are changeable,
always waxing
or waning;
detestable life
now difficult
and then easy
deceive a sharp mind;
poverty
power
it melts them like ice.

Fate—monstrous
and empty,
you whirling wheel,
stand malevolent,
vain health
always dissolves,
shadowed
and veiled
you plague me too;
now through trickery,
my bare back
I bring to your villainy.

Fate, in health
and in virtue,
is now against me,
affection
and defeat
always enslaved.
So at this hour
without delay
pluck the vibrating string;
since Fate
strikes down the strong,
everyone weep with me!


MY LIEWE ESTHER, TONIE, JOHAN

Hierdie skrywe is eintlik in opvolging van my vorige TUSSENSPEL, omdat júlle korrespondensie in dié verband vir my weer so 'n kwasie Ou Testamentiese kwaliteit het en nié net met verwysing na die name nie, maar deur die wyse waarop dit getuig oor die diaspora en lewenslot van ons ou volkie.
Ek plaas dit op MIERLEEU om ons eietydse, intiem-persoonlike geskiedsbelewing vir ewig, digitaal te boekstaaf en dat ons ons virtuele netwerk, wat ons planetêre ruimtetuig   letterlik omspan, kan versterk...teen die hele wêreld vry

From: Esther 
Date: 2011/2/22
Subject: RE: TUSSENSPEL
To: pearsonarium@googlegroups.com

Tonie,
 
Is julle meisiekinders OK?  Ek was gister skoon in trane van hulpeloosheid, en ek bly nie eens in Christchurch nie!  Kan net bid vir die mense daar.
 
E
_________________________

From: Tonie
Date: 2011/2/22
Subject: Re: TUSSENSPEL
To: pearsonarium@googlegroups.com


Esther, Petrus, Thea
 
Ons kon ure laas kontak maak met die meisiekinders maar toe ons laas kon was hulle fisies Ok- hulle het op daardie oomblik
in die bure se tuin gesit en wag vir skoonseun- aan ons is gese die huis lyk asof ‘n bom daar ontplof het- so ons weet nie waar hulle
geslaap het nie(as dit moontlik was) maar onder die sterre hemel sou dalk veiliger gewees het as in ‘n huis. Hulle bly in die voorstad
Sumner(wat baie klein is) maar blykbaar ‘n bietjie deurgeloop het- maar die genade is groot.
 
Tonie

________________________

From: Esther 
Date: 2011/2/26
Subject: RE: TUSSENSPEL
To: pearsonarium@googlegroups.com


Tonie

Ons radio se dat Sumner een van die voorstede is wat die ergste getref is (behalwe die middestad).  Het jou kinders darem ander plek gekry om te bly, of het hulle besluit om heeltemal weg the gaan?

Ek hoop jy het darem weer in die tussentyd van hulle af gehoor.  Daar is nog daagliks ontsettend baie aftershocks, party van die goed nogal sterk en vlak.  Die dele van die stad wat kan word stadigaan weer teruggesit op die elektrisiteit sisteem (nou 80% geherkonnekteer) en as die afval-pype nie gebreek is nie, gaan hulle straat vir straat en toets of die huise weer mag toilette flush en stort.

Vanoggend het hulle 'n program gehad wat lighartigheid in die situasie in gebring het, wat vertel het van 'n ou wat longdrops grawe en bokse met toilet-sitplekke op maak vir al die duisende mense waar die water-afvalpype stukkend is.

By ons skool het hulle gister 'n groot kamer vol kos, klere en kinderspeelgoed versamel wat die personeel en leerlinge ingebring het, wat hulle gaan af vat Christchurch toe vir die families wat niks het nie omdat hulle nie toegang het tot hulle huise nie.  Facebook het ook honderde studente versamel om te help om die silt wat opgestoot is deur die grond te help verwyder.  Ongelukkig is daar soveel paaie wat nie rybaar is nie dat hulle nie die lorries in kan kry om die silt wat die studente tot by die straat kon vat uit die tuin-areas uit kan wegry nie.

Dog net ek deel met julle 'n bietjie van wat in Christchurch aangaan. 

E

_________________________

  From: Tonie 
Date: 2011/2/27
Subject: Re: TUSSENSPEL
To: pearsonarium@googlegroups.com


Esther
 
Ons kry om verstaanbare redes nie naasteby soveel visuele data as julle nie- so enige inligting word waardeer. Die kinders
se huis is gedeeltelik leefbaar en sover ons weet het hulle weer krag maar nog nie lopende water en rioolering nie. Suzette
ervaar dit verskillend- wanneer sy met hulle gepraat het is sy rustiger terwyl ek dit meer fisies ervaar- omdat ek hulle
nie kan vashou en sien nie-bly ek baie meer onrustig. Die groot ironie is dat die twee susters die 23ste(die dag na die aarbewing)
Auckland toe sou vlieg- die jonger een vir ‘n afspraak by ‘n regsfirma wat al lank gelede gereel is en die ouer een om te kyk na
behuisings moontlkhede want hulle is al ‘n geruime tyd besig om te wik en weeg oor Australia toe of Noord eiland en ons
vermoed die twee wil graag in dieselfde stad bly – dit onderstreep so half dat mens nooit rerig in beheer is van jou lewe nie.
Ek twyfel of Christchurch ooit weer heeltemal op sy voete sal kom maar gelukkig is die mate van ondersteun mekaar so eg
Kiwi enorm dat hulle sekerlik sal probeer. Mens leer ook altyd iets nuut- ons dink nog altyd die ouer sus is emosioneel die
sterker een maar op die oomblik is kleinsus die steunpilaar.
Mooi loop
Tonie

________________________

From: Johan
Date: 2011/2/27
Subject: OK?
To: pearsonarium@googlegroups.com
Cc: Stefan


Hallo Stefan

Ek sien dat Oman ook begin proleme optel het vandag. Is julle OK? Word daardeur geraak of is/was dit nie naby julle nie?

Ek hoop dit gaan goed.

Johan 

 
 
 



No comments:

Post a Comment