Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, November 7, 2013

KOMMENTAAR IN 'N ANDER FORUM

"Capitalism is a lie perpetuated by those who think they are smart enough to outrun the long arm of the "law". Everything I believed in is decomposing at my feet...we've been had, children - we've been truly snookered! A few years ago The World Bank staffer John Nellis commented: A joke on the streets of Moscow these days: “Everything the Communists told us about communism was a complete and utter lie. Unfortunately, everything the Communists told us about capitalism turned out to be true."

Wednesday, November 6, 2013

(DIGTERLIKE) DIALOOG

‘n Sedeles vir my kind.

(Vandeesweek is 20 Boeremaglede vonisse van tussen 5 en 35 jaar vir hoogverraad in Pretoria opgelê. Dit was ‘n marathon 10-jaar lange hofsaak. Baie duur. Hoewel baie Afrikaners ontevrede is met hulle lot, het min werklik simpatie met die Boeremagsaak getoon. Dis eerder tragies as enige iets anders)

Kom, neem my arm en stap hier langs my
deur die wêreldpolitiek se heldegalery.
Trek sommer enige aantal name uit ‘n hoed,
gaan staan voor hul elkeen en bekyk hulle goed.
Neem ’n Farao of dalk Moses, die ou grote Alexander,
ons eie De la Rey, Churchill, Mandela, of enige ander.

En kyk maar weer goed.
Sien jy al die donker bloed?
Party is roekeloos en jonk,
jags, stapelgek of dronk;
ander is sober en ouer, onverskrokke op hul plek,
maar onverbiddelik wreed, ook, al is hul dalk so korrek.

Dít is die storie,
of dit nou gaan oor vryheid of dalk net glorie:
Daar loop altyd ‘n streep in die sand,
en jy moet kies waar jy staan, aan welke kant.
Daar is ook altyd ‘n prys om te betaal,
iewers word dit noodwendig gehaal.

Gaan jy buk en bely? Stilbly?
Gaan jy die skei breek en stry?
Gaan jy vlug, gaan jy volg, of dalk self die rebellie lei?
In jou keuses sal jy altyd moet onderskei,
tussen baie bybelklanke en brandewyndampe
en probeer kyk na die saak van vele kante.

Tussen amper goed en amper sleg;
tussen amper verkeerd en amper reg.
Wees altyd bedag en omsigtig,
maar nooit net vir eiegewin, ook nie oorversigtig!
Raak net in God rustig.
Onderskei tussen slegte vriend en goeie vyand.
Moet nooit ‘n saak aflag nie, vir niemand,
maar neem in geloof die natuurlike reg in jou hand.

En as jy dan ook móét lei,
doen dit tog maar eerder,
soos De la Rey!

Allerheiligeaand
31 Oktober 2013


[Christiaan Potgieter]


intens verdiep,
soos net kinners kán,
groei ons sorgeloos en ongestoord
onder uitgestrekte vlerke
van lewensoue silwereike,
peper en sering:
skraap paaie,
bou damme en krale
-aan ons bloed getrou-
in die hartjie van 'n Bose stad.
ander, vriende of familie,
wat die reëls nie ken
of argeloos oortree,
word doelbewus vermy
en onwrikbaar uitgesluit
terwyl ons soos seisoene
in 'n sirkel ewig kom en gaan 
die divine lila net meer en meer bemeester
tot geen twyfel meer bestaan