Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, August 29, 2014

HUWELIKS/REIS/VERSLAG V

Die derde taak hier was dat die man sy vrou oor 'n nabygeleë houtbrug moes dra - die aantal treë wat hy neem om die brug oor te steek, verteenwoordig dan die aantal huweliksjare wat die egpaar beskore sal wees.
Martin het daarin geslaag om die twaalf treë lange bruggie in presies eenhonderd treë oor te steek:




Ná die inskrywing in die gasteboek...

...het ons na die eindbestemming vir die dag vertrek, te wete 'n soort plaasopstal waar die onthaal plaasgevind het en waar die twee families die nag deurgebring het:


Ná 'n wandeling langs die meer en kyk na huweliksgeskenke...



...het die onthaal begin:


...waartydens ek hy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenerhaan uit volle maag gesing het en Martin dit, sonder om 'n enkele maatslag te verloor, na Russies vertaal het:


Die ouer geslag het teen ongeveer middernag uitgedoof, maar die jongklomp het nagdeur karaoke gesing, speletjies gespeel en om 'n vreugdevuur vertoef...

                                             [word vervolg]

Thursday, August 28, 2014

HUWELIKS/REIS/VERSLAG IV


Terwyl ek nou met die fundamentele dinge van die lewe besig is en Oom Willie se (wit) pad soos 'n rode draad deur my verslag loop, kan ek net sowel die verskynsels "pislelie" & "go-carts" inkleurboekstaaf:


 [A photograph of our dry and desolate camp at Bloekombos, Modderfontein, Potchefstroom, showing a ‘pislelie’ (pis lily/ urinal) and a rather peculiar motivational sign, for all I can remember of the Permanent Force trainers, was that their only motivational strategy was one of coercion and fear. In regards to the pislelies – the first duty we had on arriving at this God-forsaken spot was to erect tents in straight rows and then to dig deep holes, fill them with rocks and sink these plastic urinals into the holes before covering them up with sand. We also had to dig a large pit and fill it with rocks as a drain for waste water. Thus we stayed germ free and miserable. 3 SAI, O Coy, 1984 Intake, SADF, Military, 1984.
http://grahamlesliemccallum.wordpress.com/2013/09/26/bloekombos-modderfontein-training-ground-3sai-potchefstroom/]
In the distance, under the tent were our ‘go-carts’, hard plastic privies so named for their resemblance to the same. Arranged in a circle and hiding deep holes lined with 3 metal drums welded together. In this ‘gesellige plek’ (convivial place) we sat and relieved ourselves while holding long conversations about everything from our Mother’s rolypoly pudding to shitting on our Permanent Force trainers. If one needed the facility at night, one would have to head out into the dark, climb through the barbed wire fence and find a seat, all the while being serenaded by the high pitched howling of black backed jackals on the hill above – spooky!
http://grahamlesliemccallum.wordpress.com/2013/09/26/bloekombos-modderfontein-training-ground-3sai-potchefstroom/]
 [During the South African Border war (Grensoorlog), toilets were in the open and were called "go-carts".]

Een van die "staande drils" (gereelde take) van die twee tiffies was om met die honeysuckle ('n Bedford tenkwa)  die toiletputte leeg te suig en die inhoud dan op Oom Willie se pad te laat uitloop...

Die volgende ritueel was die fotonemery op 'n spesiale bankie net vir die pasgetroudes:


...en nadat ons van die lekkerste Kaapse en Italiaanse vonkelwyn en versnaperinge geniet het, is ons vort na nog 'n bestemming, waar nog drie rituele take in en om 'n smids(werks)winkel op die nuwe egpaar gewag het:
die eerste was om 'n lang stuk materiaal om 'n paal te wen en dit dan met 'n oeroue, ambagtelike, meganiese strykmasjien te stryk:










Die tweede taak was om hulle eie hoefyster van ysterstaaf tot hoefyster om te vorm en te smee:















[word vervolg]



Wednesday, August 27, 2014

HUWELIKS/REIS/VERSLAG III

"Assosiasie" is virtueel 'n virus wat in 'n klein hoekie skuil en jou onverhoeds pootjie wanneer jy toevallig daar verbykom, neem nou die volgende voorbeeld - toe ek vir die vorige aflewering net weer die skakels toets, vang 'n naam vér ondertoe op die kokle-skakel skrams my oog: 

References[edit]

  1. Jump up^ Simon Broughton (1994). World music: the rough guide. Rough Guides. ISBN 978-1-85828-017-2. Retrieved 14 June 2012.

...en verwys my eensklaps terug na Oom Willie se pad. 

Dit was "ná werk" toe ons al om die kliptafel in die lapa gesit het met 'n bier in die regtervuis wat ons die ontploffing naby gehoor en in ons bene voel dreun het en sekondes later die Hollandse seiner, skreeuend:"Die kaptein se Buffel het 'n myn getrap!"

Ons is holderstebolder op 'n "eerstegeslag" Bosvark


 (sonder V-vormige pantserstaal mynafweerontwerp) en na 'n dolle jaagtog van enkele kilometer stop ons op 'n veilige afstand van die slagtingstoneel af en sien enkele wit gedaantes om die Buffelwrak ronddwaal - kaptein Meier het liters & liters wit verf vir "basisverfraaiing" saamgebring.

'n Onder-korporaal se voet is ongeveer 'n duim onder die boonste stewelrand, soos met 'n guillotine afgesny, maar daar kom nie 'n druppel bloed uit nie; die Soutie dokter (wie se naam intussen aan Alzheimer's geoffer is, maar wat ek dink van Grahamstad af gekom het), het later op navraag verduidelik dat die gebrek aan bloed te danke is aan 'n oorlewingskokreaksie van die liggaam waardeur die bloeddruk verlaag en die are toeslaan... 
Die onder-korporaal, wat die voorval oorleef het, se naam is Peter Broughton. 

Op die troudag (Saterdag, 16 Augustus 2014) het ons teen ongeveer 10h00 na Limbaži vertrek en ons tyd by die plaaslike museum en oorblyfsels van die Aartsbiskoplike kasteel verwyl terwyl die bruidsgeselskap op pad was van Riga af.
Martin moes intussen ook The Beast neem om versier te word met, onder andere, 'n groot ruiker blomme op die enjinkap:

Die onderskeie familiegroepe het mekaar later op die binneplein van die stadhuis ontmoet waarna almal na binne is vir die amptelike huwelikseremonie (waarvan ek nog nie foto's het nie):




Roman, Maija se pa, was háár getuie en Ingrid insgelyks vir Martin.

Na 'n kort en sobere huweliksbevestiging in Lets, met 'n oorvloed aan blomme en roosblare (in plaas van konfetti), het die fotonemery in die stadhuis langer geduur as die plegtigheid en is daarna by die kasteel-ruïne voortgesit:




Ná die fotosessie het ons vir die eerste eiesoortige ritueel na 'n "plaasmuseum" vertrek, waar beide die nuwe egpaar en hulle gaste ingewy moes word in die doel & gebruik van sommige van die onbeperkte aantal tipiese plaas- en ander werktuie - een daarvan was 'n Letse weergawe van 'n didgeridoo...

 ...en toe niemand anders die uitdaging wou aanvaar om dit te bespeel nie, kon ek natuurlik nie wag nie en het weergalose klanke daarmee opgetower wat, skandelik, deur niemand digitaal verewig is nie.

Die volgende "instrument" was 'n kort stukkie beeshoring van ongeveer 10 cm, wat nie regtig "bespeel" kon word nie, aangesien dit doodgewoon 'n ouderwetse worsstopper was.
Daarop het 'n soortgelyke, maar langer, beeshoring aan die beurt gekom en Ingrid het haar bedenkinge stilletjies teenoor my uitgespreek, maar ek was nie links toe die boer weer 'n vrywilliger soek nie en blaas die beuel dat die kranse antwoord gee - tot groot verbasing van die uitdagende boer, want, toe verduidelik hy, dit was eintlik 'n piepietregter vir vroue in vervloë dae.

[word vervolg]






Monday, August 25, 2014

HUWELIKS/REIS/VERSLAG II

Dis seker maar die onbeperkte vermoë van die menslike verstand tot assosiasie wat my na Oom Willie se pad en kaptein Meier se landmynvoorval laat verwys, want mý strooijonker het laasgenoemde ook geken toe ons ná matriek die eerste ses maande van ons nasionale diensplig saam by die Heidelbergse Leërgimnasium vertoef het - in 1972 was hy een van die mees genadelose onderoffisiere en teen 1979 het hy ingevolge 'n spesiale snelbevorderingstelsel al gevorder tot kaptein. Dit was nog altyd vir my eienaardig dat die enigste man wat dié dag gesneuwel het, sappeur RF van Heerden was - die ontmyner...

Hoe dit ook al sy, ons is heel eerste na Oud-Riga om by 'n gewilde selfbedienrestaurant te gaan eet waar ek 'n paar hoenderboude (à la Ibhayi-raadslede) met twee bekers goeie Letse tapvatkvass afgesluk het. Daarna het ons die antieke keisteenstrate van die ou stad aangedurf en die gesellige drukte van Riga se fees as kulturele hoofstad van Europa vir 2014 geniet.

By een so 'n tenttaverne was daar 'n uitstalling van die mees indrukwekkende, kreatiewe "klip-en-ysterkuns":









...wat teen 'n gemiddelde prys van ongeveer €3 000 per kunswerk te koop was - as neefs Totie & Pieta moet weet hoeveel miljarde euro's daar op hulle plase rondlê, sal hulle terstond 'n dop gaan maak om nooit weer op te hou nie!

Ingrid het ook die volgende hemelse verskynsel (telefonies) digitaal vasgelê en sy was nie besig om Brugse kant te maak nie, maar om bowe-aards mooie klanke uit haar kokle te tower:

 

Hierna het ons almal weer The Beast bestyg en nadat ons Maija by haar en Martin se woonstel afgelaai het, het ons die pad gevat na Maija se ouers se dacha aan die monding van die Gaujarivier, waar ek en Ingrid in die slaapkamer by die banya geslaap het en die kinders in die dacha self.

Ek en Ingrid in die banya by 'n vorige geleentheid:

[word vervolg]