Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, March 2, 2011

NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 4

MY LIEWE NEEF, NIGGIE

Dis asof daardie droë Rossouwspoortrivier my op 'n raaiselagtige manier mesmeriseer - ek wil vóórt na die volgende fase, die huistoepad vat Vogelfontein toe, maar die mymeringe hou my vás, arresteer my skrede, doen en late: van die klein vyf  (alternatief) van Straatdrift
1. die obskure kokkewiet wat die toon langs jou kleintoontjie só heimlik met sy messie sny dat jy dit eers saans in die bad agterkom;
2. die baldadige balbyters wat hardegat rondhol met hul opgehewe, fluweelsagte gasters;
3. die rooimoer róman spinnekoppe wat 'n mens soos 'n hittegeleide missiel kan agtervolg;
4. die skrikaanjaende koringkriek wat jou telkens onkant betrap met sy voorkoms en
5. natuurlik die misterieuse mierleeu in sy geïnverteerde, koniese vulkaankuil, tot by Oom Piet Stradrif, wat nou saam met soveel legendes soos wafferse omgekeerde mierleeu onder sy hopie grond rustig op die wal van die rivier vertoef met die geklank van die hemelse, onsigbare sonbesie beurtsang:


DIE  LAAISEL VAN DIE SONBESIE 
              
 George Weideman 

O gomgomgai ! loep die voël wat die bont eiels lê
Sonbesie, wat het jy vil my te sê? 
Sonop leeds het jy jou vlymfluit
in ‘n vaalgloen melkbos opgehang
Jou klank het klag, man - my ole tuit
Na wie is dit wat jy velang? 
O ek sien, jy’s  die son se stlaal
soms in bos of boompie vasgevang 
Sonbesie, wat stolie jy vil my?
Êtse man, hou op met sklee! 
Ek hensop maal, laat staan nog stly,
 -  God het  jou ‘n sekelstem gegee! 

Van heelal tot heelal

Petrus

No comments:

Post a Comment