Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, March 14, 2011

NIE NET HANOI HET DOPDIER

Vreemde ongelukstoneel laat oë rek

2011-03-14 08:53
Maar dit is nie ál wat ongewoon is nie.
’n Vrou het na bewering op die bestuurder se skoot gesit toe die ongeluk Saterdag gebeur het. Sy is glo dié man se “skelmpie”.
Niemand en niks, nie eens die skilpad, is glo ernstig in die ongeluk beseer nie.
Agterin die bakkie, met ’n Vrystaat-registrasienommer wat langs die pad op sy dak gelê het, was ’n groot skilpad.
Dié het die ongeluk oorleef, maar het sekerlik weens skok in sy dop weggekruip.
Die pofadder was glo dood nog voordat die ongeluk gebeur het.
Omstanders, polisielede en noodpersoneel het kopgekrap oor waarheen die bakkie met die slang en skilpad op pad was.
Volksblad het op die ongelukstoneel verneem die bestuurder se suster is ’n sangoma en die skilpad en slang sou gebruik word om moetie te maak.
’n Bewering het in ’n stadium die ronde gedoen dat lewende slange agterin die bakkie was en uitgeseil het.
Almal was toe versigtig om naby die bakkie te kom.
Geen ander slang, behalwe die dooie pofadder, is egter op die toneel gewaar nie.
Die drie insittendes, ’n man en twee vroue, het volgens paramedici slegs geringe beserings in dié ongeluk opgedoen. Hulle is per ambulans na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein vervoer.
Waar die bakkie vandaan gekom het en hoekom die vrou op die bestuurder se skoot gesit het, is onseker.
Van die omstanders vermoed dié vrou was die bestuurder se “skelmpie”, want hy is glo met iemand anders getroud.
Polisiewoordvoerders kon Sondag geen inligting oor dié ongeluk verskaf nie.
Volgens die owerheid is dit lewensgevaarlik om te bestuur terwyl iemand op jou skoot sit 
- Volksblad
Kommentaar
B line 19 minute gelede


"Volgens die owerheid is dit lewensgevaarlik om te bestuur terwyl iemand op jou skoot sit"Nou weet ons ook, dankie aan Beeld en die owerheid!
Stella 16 minute gelede
Hoe giggel ek nou, kan net die prentjie in my geestesoog voorstel. Het niemand n foto geneem nie?
ghloep 13 minute gelede
Ek hoop net die arme skilpad het nou 'n beter heenkome as die sangoma se pot!
Hendrik 6 minute gelede


Die pofadder het hom seker dood geskrik toe hy sy klein boetie voor in die bakkie gesien het. Die ongeluk het gebeur toe die 'skelmpie' die "ratte" wou ruil.
Francois 6 minute gelede


Klink vir my of die bestuurder se slang toe in die vrou se skilpad weggekruip het.....lol

No comments:

Post a Comment