Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, December 12, 2011

MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE! 2

From: Petrus V E
Date: 2011/12/5
Subject: RE: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Goede dag Petrus,

Ek het gelees, maar weet nie beter nie. Ek het al soveel doemverhale gelees en ek dink die meeste doemprofete het ’n punt beet. Wat vasstaan is dat die Weste verval. As jy in Engeland kom en jy bekyk die mense daar kan jy nie glo hulle voorouers het die wêreld ’n eeu gelede nog regeer nie. Die Germaanse rasse het hulle hoogtepunt al bereik en is oor die hoogste punt van hul beskawingspeil heen. Alleen ek weet nou nie of daar ’n skielike val kom gevolg deur oorlog nie en of ons maar net langsamerhand die moeras in gaan gly nie. Dit lyk my dan nou die euro word alweer gered. Die beurse skiet omhoog terwyl ek al my geld in Junie van die beurs gehaal het. Miskien moes ek dit maar daar gelos het.

Ek sien wel dat sommige mense alle probleme uit die wêreld wil wegbid! Arme drommels. Dis die tragedie wat die Christelike godsdiens ons gebring het. Jy los nie meer jou eie probleme op nie (soos wat die geval was voordat die Germane die Christendom oorgeneem het nie), maar jy vra die Christelike God(e) om alle probleme namens jou op te los. Dis nou op dieselfde manier as wat Piet Retief gebid het toe die donker monsters op hom toegesak het en sy Christelike God(e) hom en sy geselskap “ter hulp gesnel het”. Daardie selfde “hulp” kan die bidders van vandag ook verwag van die ewig-slapende Christelike God(e). Ek skryf maar Gode, want daar was meer as een, onder andere: El (God), Adonai (Heer), Jahweh (HEER), El Shaddaj, Jesus, Maria, Heilige gees, ens.
Hartelijke groeten,

Petrus
__________________________

Dag Petrus

Dankie vir jou bostaande kommentaar.

Noudat ons weer besig is om reddeloos in die dieptes van die ses donker weke af te stort na die sikliese swart gat van ons eksistensie - iets waarvan jy meer weet as die meeste Afrikaners, met verwysing na jou Heiligdom - is dit miskien 'n goeie tyd om te vertoef by die Afrikaner se "geloofsvoorwerpe", soos jy dit inderdaad doen in jou bostaande skrywe, verwysende na " onder andere: El (God), Adonai (Heer), Jahweh (HEER), El Shaddaj, Jesus, Maria, Heilige gees, ens."

In 'n vroeëre reaksie het ek geskryf: "Die Afrikaner het al in die eerste helfte van die vorige eeu só 'n verfynde beskawingspeil bereik dat dit waarskynlik nóóit deur enige ander volk in dié heelal geëwenaar sal kan word nie ..."
Myns insiens het ons daardie verfynde beskawingspeil bereik ondanks ons verkeerde geloofsvoorwerpe en nié danksy hulle nie, maar wél deur ons eendragtigheid van doel.

Dié eendragtigheid van doel het nog geredelik voortgeduur tot in ons geslag se volwasse lewe, maar tóé begin verander, soos die Afrikaner toenemend die effektiewe mag agter die troon van sy god/e begin aanbid het.

Dit is met verwysing na Stephen Fry se QI vir my verstaanbaar dat, ondanks jou eie getuienis as aanbidder van dié god ( Die beurse skiet omhoog terwyl ek al my geld in Junie van die beurs gehaal het. Miskien moes ek dit maar daar gelos het.), jy sy naam uit jou lysie uitlaat, te wete :
Mammon

No comments:

Post a Comment