Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, December 4, 2011

MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE! 1

Dit het met hierdie e-pos begin:


From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2011/11/30
Subject: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: pearsonarium@googlegroups.com


http://mierleeu.blogspot.com/2011/11/gkiah.html

waarop, onder andere, die volgende reaksies ontvang is:


From: Hennie 
Date: 2011/11/30
Subject: Re: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>



Petrus,

Die oligargiese invloed in die VSA kom van ver. Dit het nou uitgebrei na Italië


OLIGARGIE
Oudgrieks: ολιγος (oligos) = weinig en αρχειν (archein) = heersers) die mag is in die hande van enkeles uit bevoorregte klasse (soos adel, regentedom, priesterkaste, superrykes, multinasionaliste). In ʼn oligargie is die outoriteit van die wette afgelei van die outoriteit van dié klein elite. Dit is een van die drie staatsvorme wat deur Aristoteles beskryf is, hy identifiseer oligargie as die 'slegste' variant van aristokrasie omdat dit uitsluitend die bevoordeling van die einste klasse voor oë het.
Voorbeelde
Die beroemdste oligargies stad was Massalia, wie se staatsinrigting destyds die bewondering van vele geniet het. Ook die stede Sparta en Athene is voorbeelde van oligargieë, ewe eens enkele Nederlandse stede in die 17de en 18de eeu. Ook die Fenisiese handelstad Carthago was ʼn oligargie.
Die term 'oligarg' is dikwels gebesig na die uiteenval van die Sowjet-Unie toe verskillende topmense uit die Russiese sakewêreld nou bande met die politiek onderhou het om so hul invloed te kon aanwend by politieke besluitneming. Maar ook in die Verenigde State van Amerika kan mens praat van ʼn oligargiese invloed van groot multinasionale maatskappye en banke op die politiek.
____________________________________


From: Die Potties 
Date: 2011/11/30
Subject: Re: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Ek verstaan nie die probleem waarteen ons gewaarsku word nie?  Waarom moet die luise, wat nie wil werk nie, deur arbeidswetgewing beskerm word om ons ekonomie terug te hou, ter wille wees?  Waarom moet die met 'n geldjie dit gebruik om die klakkelose aanteel van die massas te finansier onder die voorwendsel daarvan dat "dismantling of a half century of public enterprises" negatief sou wees - ten spyte daarvan dat dit oor en oor bewys is dit is groot, lomp, oneffektiewe instelling vol droë hout wat deur die belastingbetaler gedra word (ek het laas week ons telefoon al aangemeld wat nie werk nie...  dink jy dit werk nou al, amper 'n week later?).

Vertel my die probleem - die artikel is te lank om kommentaar op alles te lewer...

Groete,
___________________________________

From: Die Potties 
Date: 2011/11/30
Subject: Re: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Na vorige pos gestuur het, daaraan gedink:
Die outjies wat salaris "cuts" moet neem en op die strate betoog bv. in Griekeland, is dit die Onassisse en Niarch*** wat ookal wat vir hulle geld gewerk het, of die klomp kripvreters wat jaarliks om verhogings agiteer het al het hul produktiwiteit in die staatsdiens, wat nie inkomste skep nie, dieselfde was of agteruit gegaan het?

Die ou praat twak.  Dis 'n baie eenvoudige beginsel wat die hele wêreld moet toepas - my pa het ons dit kleintyd geleer deur ons sakgeld te gee en dan te verg ons van ons uitgawes boekhou...  Jy kry net weer sakgeld as jou boeke naastenby klop - en dit is dat jy binne jou vermoëns moet lewe.  En as jy dit nie doen nie, kan jy nie jouself met verdere skuld uit die penarie uit leen nie.  En dit is wat baie van die wêreld probeer doen, eerder as om hulle sosialistiese welsynstaat uitgawes te besnoei.  En dan is daar die gieriges wat onnosel (of te gierig) is om dit in te sien en steeds geld te leen aan sulke gedoemdes...


Groete,
_______________________________

From: Tonie
Date: 2011/11/30
Subject: Re: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: pearsonarium@googlegroups.com


Hallo Petrus
Jou “link” – ek het vir S gesê kom lees die want jy sal daarin belangstel- ek het net die eerste reël gelees- het
tot ‘n hewige- “swaar” gesprek gely aan die etenstafel- waarvan ek nie deel was nie- demokrasie(nonsies) en Plato se ander drie vorms van stupidity-
geld nog steeds en ja ons behoort almal gewaarsku te wees maar kan ons enige verskil maak aan die gekke “paradys”- nope. Dalk is ons nog by
Piet Retief- glo alles- totdat dit te laat is- vir wie- ons , ons kinders , die nageslag. Blykbaar was hoenders stil diere totdat hulle oor die Drakensberge
is in fuike onder die ossewaens- waarna die geluide van fok fok fok(sê dit ritmies) ontstaan het- ek behoort stil te word.

_____________________________

From: Tonie 
Date: 2011/11/30
Subject: Fw: THE MOSES PRINCIPLE
To: Pearsonarium <pearsonarium@googlegroups.com>


Hallo Petrus
Is die tydperk dalk te kort
Tonie
From: 
Sent: Wednesday, November 30, 2011 6:34 PM
To: 
Subject: THE MOSES PRINCIPLE
Somebody sent me this interesting theory:
THE MOSES PRINCIPLE
The Moses Principle is an irreverent theory based on the question of why Moses spent 40 years traversing the Sinai desert before leading the Israelites to the “promised land”.
God was powerful enough to send numerous plagues to devastate the Egyptian economy until Pharaoh allowed the Israelites to leave Egypt. Later God caused the Red Sea to part so that the Israelites crossed on a dry sea bed. When the pursuing Egyptian army and their chariots were in the sea bed, the waters crashed back and drowned them.
If God was powerful enough to do all of these things, why not allow the Israelites to go straight to the “promised land”? Why did Moses spend 40 years traversing the barren desert before leading the Israelites to the “promised land”? Here is the irreverent theory. Every Israelite over middle age when they left Egypt probably died during the ensuing 40 years. The younger people were born in the desert or spent their adult lives in the desert. After 40 years the life experience of the survivors consisted of living in the desert. When they finally got to the “promised land” it appeared to be “flowing with milk and honey” when compared to their prior desert existence.
A total generational change had taken place so that the survivors had no knowledge of anything other than the desert. There was nobody who could remember what Egypt was like. The Moses Principle recognizes the fact that over any 40 year period, a generational change takes place.

___________________________

From: Adriaan
Date: 2011/12/1
Subject: RE: MOENIE LATER SÊ JULLE HET NIE GEWEET NIE!
To: pearsonarium@googlegroups.com



Dankie Petrus vir 'n puik artikel. Ek het ook geniet wat Nigel Farage  laasweek in Strassbourg te sê  gehad het.
Ek wonder of die Occupy  beweging die mas gaan opkom ....
Dis dalk al later as wat sommige van ons dink .... meer rede om bid !!
Adriaan.


___________________________________

Dankie vir julle reaksies, wat beide interessant en insiggewend is, komende van daardie "verste uithoek" van die "Donker Kontinent". (Nou draai die arme NP van Wyk Louw seker om in sy graf...)

Tonie, dit wys jou net hoe 'n "puik" artikel dit is dat jy na die lees van net die eerste reël al só sinvol kon reageer.
Verder het jou ritmiese hoeners met die eerste lees daarvan die lag soos projektiele uit my lyf geloods en ook telkens daarna wat ek dit hardop herhaal het!
Jou Mosesbeginsel is 'n eksistensieel waardevolle stukkie inligting, dankie.

Adriaan, wat Nigel Farage betref, is ek bevrees om jou mee te deel dat hy op die vasteland as 'n tipiese, eienaardige, Engelse eilandbewoner beskou word, ofskoon ek self baie graag na sy erg realistiese bydraes luister.

Die probleem is dat die deursnee Europeër met die tegnologie van die 21ste eeu leef, maar hom sosio-polities en mentaal nog in die donkerste Middeleeue bevind en daar is nie 'n manier waarop jy hom daarvan kan oortuig nie - 'n bietjie soos Stephen Fry gisteraand in QI gesê het dat 'n inkompetente mens nie van hom self weet dat hy inkompetent is nie.

Die Afrikaner het al in die eerste helfte van die vorige eeu só 'n verfynde beskawingspeil bereik dat dit waarskynlik nóóit deur enige ander volk in dié heelal geëwenaar sal kan word nie en met daardie kennis en ervaring moet ons nou ons lewens lei/ly...en ons is terug by Moses.

Die lewe is óf werd om voor te sterf,
óf dis nie die moeite werd nie  






1 comment:

  1. Die politici met hulle onbeholpendheid en onkunde aangaande die eenvoudige beginsel dat nuwe skuld nie ou skuld ongedaan kan maak nie maar net laat toeneem, die onproduktiwiteit van die meeste kripvreters en tenderpreneurs, ens.
    los geen probleme op nie maar skep net nuwes. En die nuwes is erger as die oues.

    ReplyDelete