Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, January 1, 2015

NUWEJAARSBRIEF 2015

Op 28 Januarie 2005 het Lize Davel die volgende briefie-met-aanhangsel op die óú Praaglys geplaas, waarop ek met 'n-brief-in-'n-brief gereageer het:

--- In praag@yahoogroups.com, "Liza Davel" <davels@m...> wrote:

Praagers,

Onderstaande stuk van Gerhard Bothma mag van julle dalk interesseer.

Groete
Liza


> Ons leef lankal nie meer in 'n tyd van verligting nie. Saam met politieke
> korrektheid het wetenskaplike korrektheid die lig uitgedoof. Ons dwaal
rond
> in 'n skemerwereld waar die vals profete van materialisme 'n skrikbewind
van
> konsensus voer en waar onafhanklike denke, bevraagtekening van die status
> quo, uitdaging van gevestigde filosofiee nie geduld word nie.
>
> Meeste van ons kan die gevolge van politieke korrektheid sien. Dit is nie
> moeilik nie want ons ervaar die gevolge daarvan feitlik elke dag. Minder
> opvallend is die ewe negatiewe gevolge van die heersende paradigma van die
> moderne wetenskap, naamlik materialisme, en dan veral die materialistiese
> evolusieteorie van Darwin wat vandag nog die fondament is waarop die
> natuurwetenskappe staan. Myns insiens moet ons die negatiewe invloed wat
die
> materialistiese paradigma op die Weste gehad het oor die afgelope eeu en
'n
> half ook deeglik begryp.
>
> Materialisme is in sy implikasies nie net beperk tot die natuurwetenskappe
> nie. Materialisme is 'n manier waarop die alledaagse bestaan verstaan en
op
> gereageer word. Materialisme het regdeur die twintigste eeu openbare
> standaarde en beleid oor moraliteit, die reg, opvoeding, geneeskunde,
> sielkunde, rasseverhoudings, omgewingsake en nog baie meer beinvloed. Daar
> kan geargumenteer word dat materialisme 'n belangrike oorsaak van die
> demoralisering van die Weste oor die afgelope eeu was. Materialisme se
> eksplisiete ontkenning van Intelligente ontwerp en ook die verwerping van
> die moontlikheid dat sodanige ontwerp op wetenskaplike wyse ondersoek kan
> word, het onmeetlike skade aangerig aan die normatiewe invloed van die
> Christelike etiek. 'n Wereld sonder ontwerp is 'n wereld sonder inherente
> betekenis wat elke mens se lewe ook betekenisloos en dus van min waarde
> maak.
>
> Maar in hierdie donker wereld van die materialistiese paradigma brand daar
> tog 'n liggie van hoop. Veral in Amerika, maar ook elders, het
> wetenskaplikes oor die afgelope dekade die standpunte en status van veral
> die materialistiese evolusieteorie begin bevraagteken. Die liggie is
> aangesteek deur Michael Behe wat in sy 1996 boek, Darwin's Black Box,
gewys
> het dat die evolusieteorie nie in staat is om die verbysterende
> kompleksiteit van biochemiese sisteme te verklaar nie. Daarna het 'n
> stortvloed van publikasies van wetenskaplikes in velde soos biologie,
> fisika, sterrekunde, wiskunde, antropologie en filosofie gevolg wat almal
> belangrike kritiek teen Darwinisme en Neo-Darwinisme ingebring het. 'n
Nuwe
> wetenskaplike paradigma is stadig besig om tot vrug te kom. Dit is die
idee
> van Intelligente ontwerp en dit is besig om die wetenskaplike begronding
van
> 'n sinvolle bestaan, 'n doel met die skepping en die mens, te vestig.
>
> Die Afrikaner verkeer in 'n toestand van intellektuele, morele, geestelike
> en politieke bankrotskap, net soos die res van die Weste. Die
> materialistiese paradigma het geen geringe rol in hierdie stand van sake
> gespeel nie. Die Afrikaner, en die Weste oor die algemeen, sal baie daarby
> baat om die gees van wetenskaplike korrektheid te verruil vir
wetenskaplike
> eerlikheid. Die hoop wat inherent aan Intelligente ontwerp is, kan die lig
> word waarmee die Weste 'n tweede Renaissance kan betree, 'n Renaissance
wat
> lei tot 'n geestelike, morele, intellektuele en politieke ontwaking. Maar
> eers sal ons ons eie en ons mense se denke, wat deur Darwinistiese
> materialsime gesluit is, moet oopmaak vir nuwe idees. Die Darwiniste en
> Neo-Darwiniste is vandag hard aan die baklei om hul filosofie in die
> dominante en bevoorregte posisie te hou. Maar die wetenskaplike bewyse wat
> reeds teen Darwinisme ingebring is en amper daagliks aangroei, gaan
> uiteindelik die hele Babelse toring in duie laat stort. Reeds is die
> Amerikaanse onderwysstelsel onder druk om nie meer Darwin se
evolusieteorie
> as enigste interpretasie van die feite aan leerders voor te hou nie. Ons
> behoort ons van hierdie ontwikkelinge te vergewis want materialisme het
ons
> kultuur groot skade berokken.

 "DAG LIZA

Ek het Gerhard se stuk by herhaling en behoorlik gelees – nogmaals 
dankie dat jy dit hier geplaas het. 

In ons huis het 'n Vrydagaand al 'n vaste patroon (groef?) 
ontwikkel. Ons het vroeër op 'n Vrydag vis geëet – nié volgens 
Rooms-Katolieke voorskrif nie, maar gewoon vir afwisseling. Intussen 
eet ons liewer varktjops op 'n Vrydag – nie om simboliese redes nie, 
maar, ja: afwisseling…
Ná ete kyk ek en Ingrid eers na die argetipe sepie, te wete die sewe-
uur nuus en dan ry ons die dertig kilometer Gent toe om ons oudste 
seun na sy sportoefening te gaan haal.

Eintlik ry ek net saam, want Ingrid bestuur. Soos die meeste dinge 
doen sy dít ook beter as ek. Ek gee egter nie om nie, want dan kan 
ek praat sonder om my aan die bestuur te steur. Dis vir my moeilik 
om te bestuur én te gesels; dis seker maar soos "hulle" sê: vrouens 
is beter om meer as een ding op 'n slag te doen. Terwyl sy bestuur, 
het ek dus vir 'n volle halfuur `n "captive audience".
Op pad terug is dit natuurlik 'n ander saak, want dan luister Martin 
en sy ma na Rammelkas waarvan "Ohne Dich" en, hoe kan dit ook nou 
anders, "Mutter" haar gunstelinge is.

Afgelope Vrydagaand op pad Gent toe, merk Ingrid op dat ek 
buitengewoon stil is. Ek het dit eers, teen my beterwete in, ontken –
watter kans staan ek tog teen vroulike oplettendheid?
Later het ek toegegee dat ek stil was, maar dat dit daaraan te wyte 
was dat my kop só besig was om te probeer begryp waaroor die 
verskynsel wat ons "die lewe" noem nou eintlik gaan.
Ek kon gevolglik nie nog práát ook nie…mans kan net een ding op 'n 
keer doen…

Uit Gerhard se stuk is dit vir my duidelik dat daar 
verskillende "verskyningsvorme" van materialisme bestaan. Só is daar 
bv. die "common or garden variety" (gewone of geykte soort) waarvan 
Veldslag Aardvark Vannermerwe en Rooi Daantjie uitnemende voorbeelde 
is, veral soos laasgenoemde dit so frappant ten toon stel in sy 
brief oor Malegapuru Makgoba in die Sunday Times.

Hy besondig hom aan dieselfde wanopvatting as die oppervlakkige, 
materialistiese, deursnee Europeër dat `n-gebrek-aan-besittings = 
armoede.

Dit is nié "…the multi-story (!?) buildings, trains, cars, etc. 
[which] have been created by the Western science, mathematics and 
law introduced by Van Riebeeck in 1652" wat van Kaap die Goeie Hoop 
die Mooiste Kaap in die wêreld maak nie, netsoos die indrukwekkende 
Voortrekkermonument nie regtig met die Drakensberg vergelyk kan word 
nie.

As 'n mens opsluit 'n materialistiese maatstaf wil gebruik en 
vergelykings wil tref, dan moet 'n mens die Blanke prestasie in Suid-
Afrika vergelyk met Blanke prestasies elders in die wêreld en dan 
sien 'n mens dat die handjievol Blankes in Suid-Afrika – materieel 
gesproke – fenomenaal gepresteer het, maar dat dít nie ons aanspraak 
op besondersheid regverdig nie.

Terwyl die volk besig is om die goue kalf te aanbid, is Gerhard, 
soos 'n Moses van ouds, besig om die wette waarvolgens die 
werklikheid werk, op te diep en aan te toon dat die ideologiese 
materialisme selfs 'n baie groter gevaar kan wees as die gewone of 
geykte model.
Voor ons nie besef dat hierdie nie "die weg na sukses" is nie, sal 
een of ander Ingelse idealis nie (weer) 'n brief soos die volgende 
oor óns skryf nie en sal daar nie 'n heropstanding van die volk 
plaasvind nie: 

"My Dear,

There is something I have to say to you as we get deeper into this, 
so see this as my Ur-letter at the cross-roads, offering you a last 
chance to turn back.

It happens to be the Afrikaners and I needn't tell you that I 
incline to people who have no voice left in the world, and not a 
prayer about how to operate in the media market place…The 
Afrikaners' right to survive is my right and your right and the 
right of any good, free soul not to conform with the vile forces of 
uniformisation: whether imposed by Coms, Market Pigs or the emetic 
Partyspeak of Political Correctitude.

It happens to be the Afrikaners because I love their love of 
freedom, because they never had a feudal system or an aristocracy, 
no serfs, no social superiors or inferiors; because they love the 
veld and climb mountains and do a lot of things with their lives 
that the rest of us should do in preference to studying Global 
Security and listening to Bush and Blair talk platitudes.

It happens to be the Afrikaners because the sins committed against 
the Afrikaners are so incontestably awful that there's no earthly 
point in casting round for a bigger injustice committed against 
someone else. That would just be another way of turning your back on 
the little bugger bleeding on the floor…

It happens to be the Afrikaners (and not the Marsh Arabs or the 
Common Whale, as Tim kindly suggested) because I've seen them, in 
their little towns on dusty plains and on their mountain farms, and 
like Negley Farson I saw a kind of Paradise and must take it in my 
care. In life, as we both know, it's the luck of the draw, who you 
meet and when and how much you have left to give, and the point at 
which you say, to hell with everything, this is where I go the 
distance, this is where I stick. You know those those photos of old 
fellows in their threadbare khaki jackets, their "baadjies" and 
beards? Well in an uneven fight they were just like a North Caucasus 
warrior surrounded by enemies, he will throw his bourka to the 
ground and stand on it to show he will not retreat one step from the 
surface covered by his bourka – they went on until the bitter end 
and were called "Bittereinders".
Me, I throw down my baadjie somewhere on the road to Hanover, on a 
perfect Winter's day, when the whole of creation is sitting up ahead 
of you, inviting you to come in, whatever the risk and whatever the 
cost.

It happens to be the Afrikaners because they exemplify everything 
most shabby about our post-Cold War world. All through the Cold War 
it was our Western boast that we defended the underdog against the 
bully. The boast was a bloody lie. Again and again during the Cold 
War and after it the West made common cause with the bully in favour 
of what we call stability, to the despair of the very people we 
claimed to be protecting.

That's what we're up to now.

The Afrikaners refuse to be rationalised out of existence, they 
refuse to be ignored, devalued or dismissed. And what they are 
fighting against, whether they know it or not, is a whorehouse 
alliance between a rotten Zionist Empire marching to its old tunes 
and a Western leadership that in its dealings with the rest of the 
world has proclaimed moral indifference to be its decent Christian 
right.

That's what I'll be fighting, too."

Groetnis 

Petrus Potgieter"

...en nóg 'n groete

Petrus Potgieter

No comments:

Post a Comment