Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Saturday, January 22, 2011

OM TE ONTHOU

DAG TONIE

Jy het miskien opgemerk - of dalk nie - dat die subteks onder die Skoollied en -wapen op die tuisblad van die groep is: Om ons te herinner dat ons nie uit die niet verskyn het nie

Om te onthou is vir my dus allesbehalwe 'n kruis en soveel meer as 'n plesier. 
Ek gaan  só ver as om te sê dat dit verkeerd is om te beweer: Ek dink, daarom ís ek, maar eerder: Ek onthou, daarom ís ek...vra maar net vir Ria wat ons deurlopend aanspoor om memories te maak.

Selfs die herinnering dat jy en jou Pa stroomop met mekaar was, maak van jou die mens wat jy vandag is.
Wat (natuurlik) hiermee gelykstaan, is dat dit ook verkeerd is om te beweer: Ek ís wat ek eet 
Dít moet lui: Ek ís wat ek (ge)lees (het)

Met onthou, herinneringe en herdenking word (die) lewe nie net geskep en gevorm nie, maar in stand gehou, herskep en selfs uit die (oënkynlike) dode opgewek, of waarom dink jy is die Day of Remembrance só belangrik vir die Engelse (selfs die ou kween lyk effens humble wanneer sy die krans by die senotaaf lê!) - met ons ondervinding daarvan in Pearson se quad, moes ons dit eintlik heeltemal by hulle oorgeneem het.

Groete

Petrus

No comments:

Post a Comment