Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, May 2, 2014

NÓG 'N ONDERONSIE

Hi Julle. ek is 'n verslaggewer wat vir Beeld expats se stories oor vandag se stemmery bymekaar maak om 'n lekker storie daaroor te doen. AS iemand dalk met my sal praat en dalk foto's van julle op verskillende stempunte het, sal dit wonderlik wees.my epos adres is claudi.mailovich@rapport.co.za
Like · 
  • 2 people like this.
  • Theo Janse van Rensburg Mooi berig (en fotos) in vandag se Beeld. Darem maar lekker om Suid Afrikaner te wees. Ons mense het gees. Wil nou nie uitsonderings maak, maar Munchen se foto veral treffer. Daar is plakaat op: "Vote for: Boerewors, Melktert, Appletizer". Baie dankie vir almal wat soveel moeite buite SA doen om te stem! Ons waardeer en is trots op julle!
    23 hours ago · Like · 6
  • Sarie Swanepoel Lisl,ons sou ook bittergraag wou stem, maar in die hele grote Kanada was die enigste opsie by die ambassade in Ottawa, 3000 km ver.
    14 hours ago · Like · 1
  • Joan Lombard My seun se antwoord vanuit New York, ek haal net die stukkie uit waar hy sê vir wie hy gestem het!

    Nee, ek kon stem! Wie kon nie?
    ...See More
    11 hrs · Like · 1
  • Marthinus Nel Ai, Theo Janse van Rensburg , hoe mooi kan die voorsienigheid tóg soms wees: dat jý nou my pad kruis! Jy verteenwoordig die toppunt van daardie karikatuur van die mensheid: die Broederverneuker bankpokker/bankdiet as werktuig van die BMWS. Jy skryf met matelose hubris: "Ons waardeer en is trots op julle!", sonder om te besef dat elke stem in die buiteland getuienis is dat Suid-Afrika 'n mislukte staat is en dat elke lid van hierdie groep 'n duisend ander blankes in Suid-Afrika verteenwoordig wat daar wíl weg, maar nie kán nie. Dit is die grootste "vredestydse" volksverhuising - nié na die naaste buurstaat nie, maar oorwegend na 'n ander kontinent en in die onwaarskynlike geval dat Afrika nie ontvlug word nie, is selfs Nigerië 'n beter opsie as Suid-Afrika. Aangesien jou trawant waarskynlik weer sy mes gaan gebruik, vra ek MIERLEEU om dié onderonsie ook te boekstaaf.
  • 2 hours ago

  • Ek is jammer dat ek jou lidmaatskap van die groep moes beeindig, Marthinus. Die bydraes van jou wat ek gesien het was almal SLEGS negatief/afbrekend/sarkasties/pessimisties. Jy is duidelik heel intelligent, maar dit moet sleg wees om daagliks met jou saam te leef - en die een persoon wat elke sekonde met jou moet saamleef is... jy. Mag daar (ter wille van jouself) iets gebeur om jou negatiewe denkpatroon te verander,
  • ...en jy is die toppunt van die BMWS - dis waarom jy met jou self kan saamleef!

2 comments:

  1. Gekielie deur Mej. Mailovich se profielkiekie - "interviewing the sheeple" LOL

    ReplyDelete