Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, August 20, 2012

GETUIENIS OP GETUIENIS



BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD


20 Augustus 2012

MEDIAVERKLARING: LONMIN — MOMBAKKIES AF

In bykans alle kommentare oor die Lonmin-gebeure word sterk gewag gemaak van die skade wat
Suid-Afrika se beeld in die buiteland ly, en wat dit aan die markte kan doen.
Vir meer as 18 jaar sedert die Boere-Afrikaner se land onregmatig aan die ANC oorhandig is,
trakteer die linkse media Suid-Afrika en die wêreld egter op 'n valse beeld van 'n vreedsame
"demokrasie" en 'n reënboognasie

Nou het die dood van 34 mynwerkers wêreldwyd 'n histerie in die media ontketen. Selfs
behoudende Afrikaanse kommentators stort krokodiltrane daaroor en 'n week van rou word deur
die ANC Regering afgekondig.

Dit is in skrille kontras met die reaksie op die dood van meer as 1 600 plaasboere en vele
duisende meer volksgenote in die stede, in 'n volgehoue moordtog teen die Blankes in Suid-Afrika.
Die effek daarvan op S.A. se beeld en die markte pla die hoofstroommedia skynbaar nie en
daarvoor is nog nooit een dag van rou uitgeroep nie. Klaarblyklik is die getal mense wat
doodgemaak word  nie sensasiewekkend genoeg nie, maar net die aantal wat op een slag omkom,
of as dit Swartes is.

Dit is goed dat die mombakkies van die "wonderwerk demokrasie" 'n slag afgeruk word.
Dit is ook goed dat dit hierdie keer nie blanke polisiebeamptes was wat met skerppuntammunisie
op hul aanvallers gevuur het nie, maar swartes, want dit kan nie as rassisme of apartheidspolitiek
bestempel word nie. Miskien sal dit tot diegene wat so graag die skietery toentertyd by Sharpeville
veroordeel, deurdring dat wanneer jou lewe deur 'n besete horde bedreig word, dan vuur jy uit
noodweer, nie om apartheid af te dwing nie.

Dit is nodig dat die wêreld kennis neem dat die kunsmatige "demokrasie" wat hulle met sanksies
en diplomatieke druk op Suid-Afrika afgedwing het sodat hulle die land se bodemrykdomme kon
plunder, 'n eens ordelike en voorspoedige land in 'n falende staat omskep het waarin daar nie 'n
dag omgaan dat daar nie êrens betogings en onluste plaasvind weens die ANC-regering se
onbevoegdheid nie. Die Lonmin-gebeure was maar die punt van 'n ysberg van oplaaiende haat en
geweld wat nog baie skade aan die land se beeld en die markte gaan berokken.

Hopelik sal gebeure soos hierdie meewerk om die wêreld se oë en ore oop te maak vir die Boere-
Afrikanervolk se eis om uit hierdie falende staat en mislukte reënboognasie uit te skei en onsself in
ons eie republiek te regeer.

Andries Breytenbach
Voorsitter

A.E. Breytenbach (Voorsitter), B.P. Geldenhuys, F. Jooste, E.J. le Roux, A.A. Malan, J.C. Theron,
H. van de Graaf, I. van der Merwe, G.S. van Ronge.
Posbus 1221 Rayton 1001 Tel: (012) 940-4215 faks: (086) 577 3041
kontak@volksraad.co.za www.volksraad.co.za

No comments:

Post a Comment