Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, May 17, 2012

JUDASOOR



Die Judasboom breek uit in bloed
(‘n boom kan, soos ‘n mens, bly boet):
Die selfmoord van ‘n Judas
Is deur ‘n kus ontsteek
Versoening is verduister
Die Judasboom moes breek
Dat bloeisels kan verkondig
So vleeslik soos ‘n wond
Die liefde van ‘n Judas
Is bitter aan die mond
Die liefde van ‘n Judas
Is bitter aan die mond
Die Judasboom breek uit in bloed
(‘n boom kan, soos ‘n mens, bly boet).
Woorde en Musiek: Hennie Aucamp / Laurika Rauch
Uitgewer: MS / SAMRO / Chris Torr Music

No comments:

Post a Comment