Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, March 13, 2012

OPE BRIEF

(Byna sê ek:) My beste Frik

Dit lyk half of jou ...maar indien ek jou begin irriteer ...ens., eintlik op mý van toepassing is.
Natuurlik sou ek, nés jy, ...so ‘n regte braaivleis gesprek storie [...] wou aanknoop…, maar ek is bevrees dat daar  bepaalde, voorafgaande ritueeltjies is waaraan ons nie kan ontsnap nie.

Afrikanermitologies het ons gereeld by my oorlede Pa se neef, Oom Hannes Potgieter, op sy skaapplaas in die Groot Karoo, so 'n vyftien kilometer buite Hanover, gaan kuier.

Lamtyd het ook gepaard gegaan met daardie ander ritueel waarvolgens die ramlammertjies gesny/besny is: Oom Hannes hou die manlike lammetjie wat jy vir hom bring so vóór hom vas met die vier beentjies en kwesbare pensie vorentoe en die juweelsakkie effens boontoe en dan, met 'n enkel swiep, soos 'n geelslang wat pik, lem hy die bodempie van die skapie se twaksakkie weg met sy Josef Rotkjerf, peul die onskuldige twee peertjies tussen duim en voorvinger uit, wat deur die diensdoende handlanger tussen voortanne vasgeklem en uitgepluk word onder begeleiding van 'n laaste, wanhopige, manlike blêr, wat oor 'n stokstywe, rosige tongetjie uit die lam se keeltjie ontsnap.

Elke dag het ek iets meer te hore gekom van die klein prinsie se planeet, sy vertrek daarvandaan en sy reis hierheen. Dit het stadig gegaan, soos dit hom terloops te binne geskiet het.
So hoor ek toe op die derde dag van die drama van die kremetartbome.
Hierdie keer was dit weer aan die skaap te danke, want opeens, asof hy skielik begin twyfel het, vra die prinsie aan my: "Dis waar, né, dat skape bossies vreet?"
"Ja, dis waar."
"Dis goed, hoor!"
Ek het nie verstaan waarom dit so belangrik was dat skape bossies moet vreet nie. Maar die prinsie voeg by: "Dan sal hulle mos kremetartbome ook vreet?"
Hierop antwoord ek dat kremetartbome nie klein bossies is nie, maar bome wat so groot soos kerke is, dat al sou hy 'n trop olifante saam met hom terugneem, hulle nie eens een enkele kremetart sou baasraak nie.
Die gedagte aan 'n trop olifante laat die prinsie skaterlag: "Hulle sal op mekaar se rûe moet staan..."
Maar toe merk hy verstandig op: "Voordat die kremetarte groot word, moet hulle tog eers klein wees."
"Dis reg. Maar waarom wil jy hê dat jou skape die klein kremetartboompies moet opvreet?"
Hy antwoord:"Nou toe nou," asof ek dít darem behoort te weet. Ek moes baie hard dink om dit self uit te lê.
Inderdaad staan die saak so: Op die planeet van die klein prinsie, soos op alle planete, is daar goeie plante en slegte plante. En gevolglik goeie saad van goeie plante, en slegte saad van slegte plante. Maar die saadjies is onsigbaar. Hulle slaap diep onder in die aarde totdat een van hulle op 'n goeie dag dit in sy kop kry om wakker te word. Dan rek hy hom uit en stoot bedees 'n fraai, onskuldige takkie na die son toe.
As dit 'n takkie van 'n roosboom of radys is, kan 'n mens hom maar laat staan om te groei soos hy lus kry. Maar as dit 'n slegte plant is, moet jy hom uitruk sodra jy hom herken. Wel, op die planeet waar die klein prinsie gewoon het, was daar verskriklike sade - die sade van die kremetartboom. En 'n kremetartboom is 'n ding wat 'n mens betyds moet kortvat anders raak jy nooit weer van hom ontslae nie. Hy neem die hele planeet in. Hy deurboor dit met sy wortels. En as die planeet te klein is, en as daar te veel kremetartbome is, klowe hulle dit uitmekaar.
"Dit is net 'n saak van dissipline," het die klein prinsie later aan my gesê. "Nadat jy jouself soggens gewas en opgeknap het, moet jy ook jou planeet sorgvuldig aan kant maak. Jy moet 'n gewoonte daarvan maak om gereeld die klein kremetartboompies uit te trek, net sodra jy hulle kan onderskei van die roosboompies waarna hulle so baie lyk wanneer hulle nog jonk is. Dis 'n vervelige maar maklike werk.

...want dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel...

No comments:

Post a Comment