Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Saturday, January 2, 2016

OOR "SNOESHANE & ENGELEFABRIEKE"


SPESIAAL VIR MATT HEYNS


In twee verskeur ... 
Het nie genoeg rakspasie vir my -alreeds uitgedunde- boekery nie.
Het hierdie tydens my fakulteitsjare verslind. Heyns, König, Jonker en Durand-hulle was my teologiese helde.
Bêre ek húlle of Dana Snyman, Nataniël en ander se meer resente boeke in n kartonhouer?
8 people like this.
Comments
Loreen Nel Baie aftreeoorde het Biblioteke
Bertus Osbloed van Niekerk König het baie sleg verouder. Verpulp of gebruik slegs in satiriese konteks.
Gerhard Bothma König is seker die beste Afrikaanse eksponent van modernistiese teologie-beoefening
Bertus Osbloed van Niekerk Jy stel dit asof dit (nog) meriete het?
Gerhard Bothma König is myns insiens n belangike lees.
Met alle respek teenoor hom -want hy was die Sakkie Izak Spangenbergvan sý dag- lees ek hom om te sien waar n modernistiese en teïsties-christelike lees en hermeneuse ons sou uitbring. Sy ensiklopediese blik op stof stel my soms aan outeurs van wie ek nie bewus was bekend.
Hy help my besef hoe n groot groep binne die afrikaner-christendom dink
Bertus Osbloed van Niekerk König was hoogmode (en voorgeskryf) in die 80's toe PW president was en te liberaal vir die Afrikanerhuis waarin ek grootgeword het. Baie van my dosente was sélf banger vir magsdeling as Glasnost in daardie jare. Nie dat ons aangemoedig is om Gorbachov te lees nie, dit was verbode. Ek het wel 'n kopie besit en soms regstellende opmerkings rakende Perestroika in die klas gemaak, wat my in retrospek enigermate verder geöstraeer het.

Ek het toe (dit was nie mode nie) eerder by Moltmann en Teilhard de Chardin aanklank gevind. Ek dink die beste boek wat ek in BD gelees het, was Kirche in die Kraft des Geistes.
Gerhard Bothma Ja. Ons is ook uitgehaal omdak ons Bultmann gelees het.
Moltmann se "Der Gekreuzichte Gott" en Max Weber se kommentaar op Karl Marx het my weer sterk beïnvloed.
Jean Oosthuizen König beïndruk my geensins nie.
Gerhard Bothma Die rak was toe breed genoeg om dit agter die voorste ry te pak smile emoticon
Jean Oosthuizen Ek het ook so paar König boekies. Wie dit hê? Pasella. Ek kan dit nie meer verteer nie.
Gerhard Bothma Ek dink ek het al sy boeke.
Maar moenie weggooi nie.
Dalk is daar iets wat ek nié het nie
Jean Oosthuizen Ek dag jy het nie plek vir die goed nie nou wil jy nóg hê 
Gerhard Bothma Vir verwysing.
Altyd nóg n plekkie
Ralph Barnard Bly jy't plek gekry daarvoor. Ek sal daardie boeke nooit weggooi nie, al is die teologie daarin verouderd.
Gerhard Bothma Ek onthou die strekking van amper alles wat ek gelees het. Daarom soek ek soms net die boek om die regte woorde en die volgorde daarvan te kry.
Veneto Keyter Ek moes al my boeke weggooi, het nie plek in my klein huisie nie... so hartseer.
Barend Nel Moenie sleg voel nie, ek het al my boeke, op 'n klein dosie na, weggegooi om dieselfde rede as jy weggegooi. Die eerste gelykvol bakkievrag het ek na 'n plek gevat waar mens geld vir papier kry. Maar omdat ek nie die karton buiteblaaie afgehaal het nie, kon ek dit nie vir "wit papier verkoop nie", maar net vir "deurmekaar papier". Ek kry toe darem genoeg geld om vir die drie van ons in die huis "vis en tjips" én Calamari te koop... Mét sous op! Die res het ek toe sommer by die munisipale "dump" 2km van ons huis afgegooi, want dit was baie vinniger.

Die eerste vrag was 'n emosionele gebeurtenis, maar daarna was dit maklik. Uiteindelik was dit op 'n manier 'n bevrydende daad. Dit, meer as enigiets anders, het my laat besef dat 'n fase van my lewe verby is en ek kon aan beweeg.
Veneto Keyter Ek moet erken dat daar 'n mate van bevrediging by was met die besef van aanbeweeg . En ek het darem ook 'n paar boeke gehou, maar letterlik net 'n paar. En net 1 van die 10 aaklige Liedboeke wat ons gehad het. Lg was bevredigend...
Gerrie Smith Dis voormaar n probleem! Vertrou dat jy n oplossing sal vind. Sterkte. Hugs
Jaco Steyn Gerhard. Ek stel voor dat jy begin om prof. König se boeke weg te gooi. Ek het onlangs sy boek, “Wie is God?”, gelees en dis beslis een van die eerste boeke wat ek sal oorweeg om weg te gooi... wink emoticon
Johan Pienaar Gerhard, stem saam met jou oor Konig. My raad: moenie bere nie, maar gee weg. Ek het n rukkie gelede begin uithaal en van die jongeres genooi om te kom vat. Dit gee veel meer vreugde as bokse of R2:50 by boekwinkel.
Gerhard Bothma Dankie, Johan.
Ek het met die vorige trek baíe vir n biblioteek gegee. Maar dis n goeie idee.
Annatjie Henegan Gerhard maak vir jou so een
Gerhard Bothma Skitterende idee!
Dankie, Annatjie
Annatjie Henegan Ek dink nie jy moet in box stoor neeeeee
Barend Nel Glad nie so maklik om weg te gee. Ons geslag predikante het meestal self daai boeke. Die jonges stel nie daarin belang nie, of het dit reeds by 'n ou dominee gekry... Onthou die klasse wat nou klaarmaak is minder as 'n tiende van die wat in my tyd en die 5-7 jaar na my klaargemaak het. Vir elke aspirant dominee is daar dus meer as 10 ou dominees wat aan die trek of aan die dood is. Ek het probeer weggee, maar min stel eintlik meer belang in die boeke wat ons destyds gekoop het.

Universiteit biblioteke het reeds eksemplare van almal en blêddie min nie-predikante stel in sulke goed belang.
Gerhard Bothma Ja. Of naslaanwerke of sentimentele waarde.
Dis al
Jaco van Zyl König se boeke kan warm kaggel-vuur maak. Hou hulle tot die winter...
Nico van Rensburg Hi julle moet net onthou dat Konig ook 'n hart het.
Gerhard Bothma Jip.
En hy was sy tyd se ikoon
Willem Semmelink Konig het nie veel van n hart gewys in sy boek dat die evangelie op die spel is nie. Daar het hy die man gespeel, nie die bal nie. Van toe af niks waarde aan sy boeke geheg nie.
Jaco van Zyl Van wanneer af moet mens rond-trippel met kritiek? Ek is seker daar is baie kreasioniste ook met harte, maar yô, kritiek word soms verdien, hoor. König is nou nie veel anders as fundamentalistiese Hovindiste nie. Vandaar die kritiek.
Tjaart Meyer Ek sukkel om enige boeke weg te pak, al herinner baie my aan hoe ek nie meer glo nie.
Louis Kritzinger Louw Anderdag op die internet gesien dat prof Heyns se Nuwe mens onderweg nou 'n hele paar honderd rand werd is.
Gerhard Bothma Dankie, Louis. 
Ek hou hom vas
Gerhard Bothma Ek het n getekende kopie van sy "Inleiding tot die Dogmatiek",Louis Kritzinger Louw.

6 comments:

  1. Ek het nooit enige van hierdie mense se boeke gelees nie. Dis seker hoekom my kop op 80 nog so helder is.

    ReplyDelete
  2. ...en die helde só geval het, Thys...

    ReplyDelete
  3. Die volk word deur die "kerk" en polici vir eie gewin om die bos gelei deur te lieg of dit gedruk staan. Quaere verum.

    ReplyDelete
  4. Die sogenaamde Jesus van die nuwe testament is 'n mitiese ontwikkeling van Joshua in die Exodus allegorie. Kyk gerus Exodus 17. Die "kerk" lei die Volk doelbewus vir eie gewin om die bos. Daarom het duisende 'gelowiges' al kluite gekam om hierdie bedrogspul die loef af te steek. Die Christelike geloof bevat immers geen ewige waarhede nie. Almal dans soos die Boesmans om 'n vuur en verbeel. Quaere verum.

    ReplyDelete
  5. Dr Isak Burger beweer: Dit gaan oor geloof in Jesus H. Christus. Ek seg: Wanneer die jakkals die passie preek moet die boer sy ganse oppas. Die 'kerk' aanbid die drie in een Griekse son god (Jesus H. Christus) wat deur Konstantijn by Nicea bewerkstellig is. Hy het die naam van die drie in een Babiloniese son god (Tammuz) na Jesus H. Christus verander en dit die drie in een universele son god van die Romeinse Rijk gemaak. Volgelinge van die mislukte mashaich vir die Jode (Jehoshua) wat nie hierdie mitiese god wou aanbid nie is deur die Inkwisisie gedurende die Donker eeue om die lewe gebring. Jesus H. Christus, die drie in een Griekse son god word vandag nog in tempels met obelisks op son god dae (sondae) aanbid terwyl aflate ingevorder word. Dis nie 'n wonder die “kerk” is magteloos wanneer 'n ramp soos 'n droogte ramp tans ons tref nie. Die Christelike geloof bevat immwers geen ewige waarheid nie. Quaere verum.

    ReplyDelete
  6. Die Christendom is so by so 'n bedrogspul deur 'n kriminele sindikaat bedryf. My passie: Om elke predikant (blatante leuenaar) met die derms van 'n politikus te verwurg.

    ReplyDelete