Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, November 6, 2015

HERINNERINGE

DIE SLAG VAN BOET ERASMUS...
Dana Snyman..
Dis ’n verdrietige gesig: die hoofpawiljoen se dak is af. Die rooi plastiekstoele is afgebreek. Oral lê glasstukke en groei onkruid en ruik dit na verval. Iewers kap iemand, kap, kap, kap.
Die vier spreiligte is darem nog hier op hul hoë pale – die ligte wat die aand afgegaan het toe die Springbokke hier teen Kanada in ’95 se Wêreldbeker-toernooi gespeel het.
Daardie wedstryd word ook om ander redes onthou: Die skeidsregter het drie spelers ná ’n bakleiery van die veld gestuur, een Springbok en twee Kanadese. James Dalton. Gareth Rees. Rod Snow. Die hoofopskrif in die volgende dag se koerante was heel voorspelbaar: The Battle of Boet Erasmus. Die Slag van Boet Erasmus.
Nou wei hier beeste in die oopte langs die veld.
“Hulle kom uit die township uit,” sê Michael.
Ons staan voor die hoofpawiljoen en kyk na die oorkant van die veld. Eens op ’n tyd het die pawiljoen daar oorkant twee aparte gedeeltes gehad: een vir witmense en een vir swartmense. Dit is ook waar die heel eerste Slag van Boet Erasmus plaasgevind het. In 1963. Die Bokke het daardie dag hier teen die Wallabies verloor en tydens die wedstryd het party mense bottels na die spelers op die veld begin gooi. Later het wit en swart mekaar ook met goed gegooi.
Nou staan hier ’n man in verslete klere hoog bo in die hoofpawiljoen en kap en breek vir hom een van die losies se vensterraam uit. Die Boet, wat meer as 100 jaar oud is, het ’n aasplek geword vir mense met desperate bouplanne.
Die pale is ook weggedra.
’n Mens is skrikkerig om by die tonnel onder die pawiljoen in te stap. Dit voel asof alles op jou kan intuimel. Michael stap voor, die skemer in. Dan is ons in ’n vertrek wat die plaaslike span se kleedkamer moes gewees het. Dit is geverf in die ou OP-kleure: swart en maroen-rooi.
Die wasbakke is uitgebreek. Die banke teen die muur waarop die spelers gesit het, is weg.
Gawie Carelse, Hannes Marais, Danie Gerber, Frans Erasmus, Pote Human, Garth Wright… Dis almal manne wat hul truie hier aangetrek en hul toks hier vasgeknoop het.
Hier het die hitsige OP-flank Tobie Oosthuizen ook sy befaamde motiveringsdinge voor ’n wedstryd gedoen. Oosthuizen sou glo sommer 'n spanmaat met die kop slaan om hom aan te moedig. Eenkeer het hy glo voor ’n wedstryd die OP-wapen op sy trui so passievol vasgegryp en die trui gepluk – en die trui heeltemal geskeur.
’n Klompie jare gelede, toe geld en politieke ambisie tradisie uit rugby begin verdryf het, is Die Boet se naam na Telkompark verander. Dit was in die selfde tyd toe Telkom, die OP-rugbyunie se hoofborg, die OP-span verneder het met die naam: Die Callmore Olifante. Later, nadat Telkom sy borgskap onttrek het, het Telkompark die OP-Rugbyunie-stadion geword. Maar nou praat almal weer van Die Boet, asof al die ander name net skuilname was.
Ons stap weer na buite, af in die tonnel waar die gepruttel van toks se studs op sement nooit weer sal weerklink nie.
Daar was ook ’n derde Slag van Boet Erasmus. 1974. Willie John McBride se Britse Leeus speel die Saterdag hier teen die Bokke. Klippies Kritzinger, JPR Williams, Moaner van Heerden, arms, voete, vuiste, spoeg, bloed. Gordon Brown tref onder meer vir Johan de Bruyn so hard met die vuis dat De Bruyn se glasoog uit sy oogkas spring. Die spelers gaan op hul knieë en kruip op die grond rond op soek na De Bruyn se oog…
“One of the most violent games ever played,” het ’n Britse joernalis dit genoem.
Die laaste wedstryd is in 2010 hier gespeel. Die groot rugby in Port Elizabeth word nou in die nuwe Nelson Mandelabaai-stadion gespeel.
Hoog op die pawiljoen sukkel die man steeds om die vensterraam uitgebreek te kry. Die beeste wei vredig en lekker. Die pale het waarskynlik by ’n skroothandelaar beland.
Die laaste Slag van Boet Erasmus het met baie meer as net rugby te doen.
(Ek sal graag van mense wil hoor wat hul eie Boet-herinneringe het. Asseblief. Ek sal elkeen erkenning daarvoor in my boek gee.)
68 people like this.
Comments
Louis Mulder Amper soos van die militere basisse...
LikeReply221 hrs
Johan Jacobs Nee kan nie waar wers nie!
LikeReply21 hrs
Danie Coetzee Dit is so jammer
LikeReply21 hrs
Leon van Rooyen Ou Boet Erasmus, het in 1984 die toets tussen di Springbokke en Engeland daar gaan kyk, langs n ou omie gesit wat my dik gevoer het met nartjies en biltong, Carel du Plessis se drie......teksboek!
LikeReply21 hrs
At Lategan Alles verval......wat nog!
LikeReply121 hrs
Marriet Brisley Hoe hartseer is dit nie ? Alles is afgebreek en geplunder ! Niks is meer belangrik !
LikeReply321 hrs
JJ Fourie Hartseer!
LikeReply121 hrs
Pieter Erasmus Tragies
LikeReply21 hrs
Liesel Bekker Verby hartseer
LikeReply21 hrs
Ariejan Van Der Laarse Soos meeste van die BEE plase, daar is ten minste iemand wat nog aan n venster raam werk.
LikeReply121 hrs
Arnold Niemand Anything they touch turns to shit
LikeReply521 hrs
Kobus Botha 'n Toekomsblik op die res van SA....
LikeReply321 hrs
Arnold Strydom Hartseer. Ry baie daar verby. Alles wat weggedra kon word is gone. Lyk of die mure nou stuk-stuk afgebreek word om die bakstene ook weg te dra. Wonder aan wie die grond nou behoort, want dis prime property daai.
LikeReply220 hrs
Roxy Du Toit Pragtig vertel maar so hartseer dat al ons trots en geskiedenis so afgetakel word.
LikeReply120 hrs
Gideon Fourie Springkane - waar hulle land en opstyg is daar fopsoluut alkohol oor. Numbah Whan kla oor Van Riebeeck. Toe hy hier aangeland het, was die wiel nog nie eers hier ontdek nie.
LikeReply120 hrs
Floris Byleveld Dit is waarheen ons rugby op pad is
LikeReply120 hrs
Gert Swart Hartseer so gaan alles tot niet
LikeReply19 hrs
Tinus Sandra Van Reenen Ons het hier in 1988 goed op ons moer gekry teen n klomp sout pielle van Framesby
LikeReply19 hrs
Francois Kleyn Het as ondr 10 seun my eerste wedstryd daar gespeel! Later jare baie wedstryde daar gespeel vir Despatch en Swifts ds baie hartseer dat ons geskiedenis so vetrap word, dar is soveel heriineringe wat op daai veld le!!
LikeReply19 hrs
John Wahl Nou waar is die rugby unie. Dis mos hulle werk om na die plek te kyk.
LikeReply119 hrs
Johannes Le Grange Cheeky Watson en sy seun Kots Watson..
LikeReply519 hrs
Sandra Bruyns Johannes hoe laat jy my nou lag. Di Watson's se bek was groot oor rugby di seun ht selfs gedreig om op trui t kots se bekke is nou stil hieroor. Dt maak my naar om t sien wat is ons land se toekoms. Dan verstaan ek meer hkm my kinders di land verlaat. Baie hartseer
LikeReply219 hrs
Sandra Bruyns Johannes hoe laat jy my nou lag. Di Watson's se bek was groot oor rugby di seun ht selfs gedreig om op trui t kots se bekke is nou stil hieroor. Dt maak my naar om t sien wat is ons land se toekoms. Dan verstaan ek meer hkm my kinders di land verlaat. Baie hartseer
LikeReply19 hrs
Nick Roos Vra vir die swart Watsons hoekom hulle dit toelaat in hulle koninkryk.
LikeReply119 hrs
Arnold Strydom Hier in PE ken almal seker die joke:
Wat is die ooreenkoms tussen Luke Watson se baard en ń springbok se stert?
ń Springbok se stert maak die hele poeph#l toe...
LikeReply519 hrs
Manna Pieters Dis hartseer. hulle noem dit vooruitgang.
LikeReply18 hrs
Namrehsis Selpud Wonder ori Watsons se lojaliteit
LikeReply17 hrs
Rooies van Greunen baie hartseer, hulle verbreek alles
LikeReply17 hrs
Rooies van Greunen miskien het kots watson op die dak gekots, hy is so vol suur toe brand die dak weg
LikeReply17 hrs
Paul J Murphy Ek was in 1999 laas daar toe ek by die OP Skeidsregtersunie was - toe was dit nog 'n mooi stadion.
LikeReply17 hrs
Willie De Kock Die laaste keer wat ek by Boet Erasmus,was reeds die '74 wedstryd waar Johan de Bruin sy glasoog verloor het. Ek en my pa het van De Aar af daarheen gery die oggend vroeg en daarna weer terug.
LikeReply116 hrs
Piet du Preez So word die hele Suid Afrika geplunder. Nou-net van 'n leë huis af gekom wat hulle begin plunder het!!!!
LikeReply116 hrs
Tharina Erasmus Ja tipies, mens kan niks los en dink more is dit nog daar nie.
LikeReply15 hrs
Douw Hurter Dis mos die ideale plek waar rugby klinieke gehou kan word. Waar is die transformeerders nou, Watsons ingesluit. Hoekom vurk hulle nie die nodige fondse uit vir die verwagte ontwikkeling nie.
LikeReply15 hrs
Nico Bredenhann Net een ding wat hul nie kan breek nie!!!....en dit is hul "pa" se hart ,want hul weet nie wie hul pa is nie.
LikeReply115 hrs
Albie Geldenhuys Tragies, hierdie mense wat alles wil hê, wat geen waarde aan niks heg nie, maar net wil hê,...ek is so gatvol vir hulle en hul bleeksiel meelopers! daar waar hulle was, sal daar niks meer wees nie!
LikeReply115 hrs
Arthur James Cullen Goed gese Nico goed geseAi tog eers raak mens woedend en dan wil mens net huil.Word dit aspris gedoen net om 'n punt te bewys dat hulle alles wat die ou regeering op gebou het sal afbreek net omdat hulle nou kan?Die stadion was sekerlik deur die OP rug...See More
LikeReply115 hrs
Arthur James Cullen Manne vra bietjie vir Peet fourie(Petrus Johannes Fourie op FB) hy het 'n reeks DVD's wat vir jou mooi vertel wat nou aan die gang is.Ek noem dit die Storie van die Bose Magte.Die naam kan ek nie onthou nie maar dit is 'n eye opener as jy daai DVD's kyk.
LikeReply15 hrs
Johan Du Preez fokken snotneus monstertjies. HUlle sal altyd langs pad sit met sulke wit gekalkte snot strepe wat loop tot onder die ken. Dan sien een of ande fkn aap hulle raak op die tv en smeek die UN on nor paar miljoen meel in te vlieg om die siel te help. maar ...See More
LikeReply214 hrs
Joy Frankenberg Alles is verganglik
LikeReply14 hrs
Riaan Kruger Ek kan nie glo wat ek sien nie. Het gedink dit is n plaas dorpie se velde. Wel geskok is ek beslis. Ek het in 1988 Craven week gespeel vir SWD op die veld. Was vir my n ondervinding van my lewe.
LikeReply114 hrs
Louis van Niekerk Bitter.......
LikeReply12 hrs
Evelyn Ferreira Wat sou van die trein geword het? As daar punte aangeteken was het hy getoet
LikeReply111 hrs
Marthinus Nel Die Drie-Enige God - Mammon, Sonneskyn & Heilige Sport - kan nie eers die tempel van die Joods-Christelik-Islamitiese drie-eenheidsgodsdiens beskerm & bewaar nie...

https://www.youtube.com/watch?v=ElF0XdP6jbE
The Boet Erasmus Stadium was the home of many fine rugby memories and…
YOUTUBE.COM

No comments:

Post a Comment