Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, April 2, 2014

VERDOEM III

My Maat
Aangesien tyd eintlik maar net ’n kunsgreep is om die werklikheid mentaal meer verwerkbaar te maak, gryp ek weer terug na my anale geskiedenis!
(As daar nie so-iets soos tyd was nie, sou jy ook al geweet het van die volgende briefwisseling van ’n ruk terug.)
---------- Forwarded message ----------
From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2013-08-25 19:34 GMT+02:00
Subject: Re: Jahwe JHWH
To: Schalk
Cc: Hennie …
Beste Schalk

Watter verkwiklike, reguit brief skryf jy hieronder - sonder tierlantyntjies en allerhande aansitterigheid, net die gewone feite. Ek is séker jy moet 'n "ingenieurstipe" wees, maar ek is bevrees van kennis en feite alleen kan 'n mens nie lewe nie...

Jy skryf byvoorbeeld...  is dit vir my duidelik dat die debat oor ons godsdiens vanuit verskillende perspektiewe benader word afhangende van waar jou vertrekpunt is.  Deon, soos die Christendom, gebruik die Bybel. Hennie en andere gaan verder terug d.w.s die ontstaan van geloof.
Ek het vanoggend die volgende e-pos aan Hennie gestuur, maar sien jy is nie op daardie adreslys nie:

---------- Forwarded message ----------
From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2013/8/25
Subject: Re: Vanoggend se poging
To: Hennie  
                                                                                                                               Cc:
Dag Hennie

Ek het met die eerste oogopslag gedink jou "Vanoggend se poging"-opskrif klink nie besonder lowend nie, maar noudat ek dit gelees het, moet ek sê dat jy baie mild en verdraagsaam is in jou oordeel.

Ek wil oor die JHWH-gesprek net sê dat dit 'n dowemansdiskussie bly - wetenskaplikes en godsdienstiges funksioneer op twee fundamenteel verskillende vlakke wat so 'n diskoers tydmors maak en dis nou presies iets wat ons geslag Afrikaner nie meer het nie: TYD

Ons moet besef dat ons al male-sonder-tal deur die godsdiens teleurgestel is en niks minder nie deur die wetenskap (in al sy geledinge: natuur- en geesteswetenskap).

Die enkelinge wat die paradigmaverandering gemaak het, moet aanbeweeg en die weg baan soos ons Voortrekkervoorvaders van ouds - hulle het die vreemde aangedurf met geloof in hul persoonlike God, geloof in die mede-trekkers saam met hulle en elkeen se geloof in homself.

Gaan kyk gerus hier waarin ons kameraad weer beland het!

Groete

Petrus Potgieter
__________________________

Ek is van mening dat die geelgeglimde dele nogal analoog is aan mekaar.
In hierdie gesprek is dit noodsaaklik om by die begin te begin en dit is nie noodwendig die "ontstaan van geloof" nie, maar jou definisies van woorde of begripsbepaling.
Só is "geloof" nié gelyk aan "godsdiens" nié gelyk aan "kerk" nie. Ek kan gevolglik geloof in my volk en in my self hê sónder geloof in ('n) God of godsdiens; alternatiewelik kan ek 'n bepaalde godsdiens onderskryf sonder om 'n besondere geloof daarin te hê - in my eie geval glo ek steeds in dit wat ek ons stamgodsdiens noem waarmee ek grootgeword het, maar dit het nie meer "universele" aspirasies nie, inteendeel, dit het baie min te doene met enige ander godsdiens wat deur ander mense in die wêreld bedryf word en ek weier om my volk te offer op die altaar van multikultiralisme om sodoende lid te word van 'n sogenaamde universele volk van God

Ek verbreek dus my bande met die Joods-Christelik-Islamitiese drie-eenheidsgodsdiens eensydig en in die mate wat daar nog sprake is van "Christelikheid" in ons stamgodsdiens, is dit vergelykbaar met die feit dat ons taal van Indo-Germaanse oorsprong is.

Verder dink ek dat Marcel se video treurige animasie is, maar 'n onverbeterlike boodskap oordra en is baie bly dat ek toe afgekom het op die volgende video wat vir my en my vrou verduidelik waarom rolprente en televisiereekse byna uitsluitlik oor misdaad handel.

Groete

Petrus Potgieter


2013/8/25 Schalk :
Ek het ń epos van Acharya (DM Murdock) gekry.  Sy is in die finale stadium van haar navorsing oor Moses.  Haar boek sal waarskynlik nog die jaar in druk gaan.

Sy het reeds die hoofstukke daarvan aangestuur.  Hierdie behoort ń baie interessante boek te wees.

Terwyl ek ń leek is in vergelyking met Deon, Hennie en andere, is dit vir my duidelik dat die debat oor ons godsdiens vanuit verskillende perspektiewe benader word afhangende van waar jou vertrekpunt is.  Deon, soos die Christendom, gebruik die Bybel.  Hennie en andere gaan verder terug d.w.s die ontstaan van geloof.

Die Bybel is lank nie meer vir my die Woord van God nie.  Die teenstrydighede daarin is net te opsigtelik.  So ook die ooreenkomste van die verhale daarin met die mitiese verhale wat duisende jare ouer is.  Daarmee verskil ek nie met Deon oor die goeie werk wat sendelinge gedoen het en nog steeds doen nie.  So ook is daar honderde ander organisasies wat hulle lewe wy om die lyding van mense oor die wêreld heen te verlig wat geen geloof verkondig nie.  In teendeel, hulle doen dit ten spyte van die gevestigde vooroordeel van gelowiges!

En natuurlik stem ek saam met Deon dat daar "ń kern van opregte gelowiges was".  Die vraag is net watter geloof, wat sy oorsprong waar het?  Soos Deon sal weet kan ek ń lang lys navorsers hier weergee wat die Christelike geloof opreg en eerlik ondersoek het.  Hulle verifieerbare gevolgtrekking van hoe vals dit is, is skokkend wanneer ń mens dit lees.  Dit is om vir die eerste keer iets te konfronteer wat jy nooit wou doen uit vrees dat diep verskuilde twyfels daaroor waar is.  En natuurlik die gevolge daarvan wat allermins tot eer strek van die Christelike geloof!

In elkgeval dink ek dat dit absurd is om as mens ń "wese" te beskryf, definieer wat sekerlik die mens se verstand te bowe gaan of hoe?  Die Bybel is ń tasbare bewys van die absurde resultaat daarvan.  Soos Mark Twain dit stel "Faith is believing something you know ain't true."

Wat Christus aanbetref die volgende: "The gospel story is an artificial, non-historical work. It has been fabricated from source materials that can be identified and traced to their incorporation in the gospels. There is not a particle of hard evidence that 'Jesus of Nazareth' ever existed."

Ek lees graag julle briewe.  Hoe meer kennis jy opdoen, hoe meer leer jy jouself ken en hoe nader kom jy aan die waarheid.

Groete,
Schalk


Sent from my iPad

Jou paragraaf:  Dit val my op en vind aanklank by my seker net omdat ek eers so 5 of dalk 10 jaar gelede gesnap het hoe werk Kant se teorie dat niks is soos mens dit waarneem nie, en dat als wat mens waarneem eintlik mens se eie gedagte konstruksie is. Soveel so a g v sekere ander ondervindings ook dat ek nooit seker is of enigiets wat ek waarneem en waarop ek reageer werklikheid is en of dit nie dalk net in my verbeelding gebeur nie. Ek dink ek is net so een tree kort van psigose. Aan die ander kant, as mens Kant se teorie toepas, is een tree kort van psigose presies hoe mens teenoor die werklikheid moet reageer nie waar nie? Of anders gestel, die bewus wees van die psigose is juis  presies hoe mens teenoor die “werklikheid” moet reageer….laat my dink aan die groengeglimde sin hierbo en die belang van definisies en begripsbepaling – indien “psigose” = “’n verlies van kontak met die werklikheid”, dan is ek van mening dat net soos ’n enkeling kontak met die werklikheid kan verloor, só kan ’n groep van mense en selfs ’n hele samelewing kontak met die werklikheid verloor en in ’n samelewing wat kontak met die werklikheid verloor het, is dit moontlik dat daar enkelinge is wat kontak met die werklikheid behou en dit laat my hieraan dink:

Sisyphus and the Hundredth Monkey
by Julius Sequerra

Last evening, in an exchange with a dear friend (a former Silicon Valley bulb, now a dedicated schoolteacher by choice), I lamented the seeming futility of what I do in my spare time: sending out these ‘informational’ emails. When he commented on the incorrigibility of the Sheeple mindset, and the reluctance/inability of these people — many, highly educated — to see through the fog of disinformation, I responded thus:
Such is the state of our world, alas. When I hear from folk who’ve thrown in the towel and feel sympathy for me for banging my head against a brick wall with my missives, I simply respond that, to me, giving up is not an option. I’m a firm believer in the ‘hundredth monkey’ theory; we’re a smidgeon away from reaching critical mass. If we all simply gave up, that 100th monkey shall never awaken — and ‘they’ would surely have won.
He offered the following observation, and encouragement:
Mate, my hope lives through the opportunity of turning-on the courage in the younger ones to question what they see happening around them. Just the simple idea of inquiry below the surface of what you see, hear, and read every day is a monumental task akin to Sisyphus pushing that boulder up the hill.
The culture within which one enters life has profound consequences on personal development across the board. The educational process shapes the personality of kids to ‘play-by-the-rules;’ it is pretty much still a ‘reward and punishment’ system. The end result firmly establishes a herd mentality that the majority live with for the rest of their life.
You, too, are a Sisyphus. Hence, your readers see you as ‘banging your head against a brick wall.’ Many of those who criticize what you do as a ‘waste of time’ deceive themselves thinking they are just ‘playing the game’ and therefore smarter for it. You know the types; they have bumper stickers with the mindless sayings such as, ‘He who dies with the most toys wins,’ or ‘My dog is bigger than yours.’
You see, I too, work the ‘hundredth monkey’ theory and I too am Sisyphus. When they are pushing back, you are waking them up. Resistance is a good thing.
Hou aan om die “send button” te druk!

Groete
 p



No comments:

Post a Comment