Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, April 14, 2014

JAN ABSOLUUT

Het jy sewe minute se voetskoene?


Jan parkeer sy motor, gooi vyf sent in die meter en gaan koop 'n onderbroek. Toe hy terugkom by die meter, merk by tot sy verbasing op dat daar net tien minute verstreke is. Hy het dertig minute met sy vyf sent gekoop en Jan is nie 'n man wat tyd verspil of geld mors nie.
Wat maak 'n man met twintig minute?
Jan besluit om dit nuttig te gebruik. Hy stap in die straat af.
Die eerste man wat by teëkom, is 'n Vrystaatse boer. "Môre, Oom!" groet Jan. "Môre," groet die oom. "Ken ek jou?" vra die oom.
"Nee," sê Jan.
"Nou hoekom groet jy my dan?" Jan dink 'n bietjie. "My naam is Jan."
"My naam is Herklaas."
"Môre, oom Herklaas."
"Môre, Jan."
"Ek wou oom Herklaas iets gevra het: hoe lank duur dit om 'n onderbroek te koop?"
"Nee, jy het my! Hoe lank?"
"Net tien minute. Weet oom Herklaas dan hoe lank dit duur om skoene te koop? Want, sien, ek het nog sewentien minute op my parkeermeter oor, en ek wil dit nuttig gebruik. Toe besluit ek ek gaan vir my skoene koop."
"Jou skoene lyk vir my nog redelik. Dra jy baie skoene?" "Nee, net twee."
Daarop het oom Herklaas nie 'n antwoord nie.
Jan loop verder. . Op die hoek van die straat staan 'n tante met 'n kollektebussie. Sy druk die blikkie onder Jan se neus en vra: "Wil u nie iets vir die Huis vir Bejaardes gee nie?" Jan dink 'n bietjie. "Ek het twee tantes en 'n ouma; vir hoeveel het julle plek?" Dit kan die vrou nie mooi verstaan nie. Sy skud haar kop. Jan stap voort.
By die volgende hoek keer 'n Engelsman hom voor: "Weet u hoe laat dit is?" vra die Engelsman aan Jan. Jan dink 'n bietjie. "Ja, ek weet," se Jan en stap by 'n skoenwinkel in.
"Ek wil 'n paar skoene koop," kondig Jan aan.
" Watter soort?" vra die verkoopman.
"Voetskoene," sê Jan.
Die man lag ongemaklik en kyk weg: "Maar alle skoene is voetskoene," sê hy. "0, nee," stry Jan, "jy kry ook handskoene."
Daarop het die man nie 'n antwoord nie. Jan kyk op sy oorlosie. "Maar ek het net sewe minute tyd. Het jy sewe minute se skoene?" Daarop het die man nie 'n antwoord nie, maar hy moet geluide maak, en hy vra: "Hoekom het u net sewe minute tyd?"
"Dan verstryk die parkeermetertyd." "0," se die man, en hy wys Jan 'n paar skoene. Jan tel die skoene op en vra: "Is hulle vars?" Die man verstaan nie mooi nie. "My ma het my so geleer: voordat jy iets koop, moet jy eers vra of dit vars is. Maar noudat ek daaraan dink, sy het net altyd groente gekoop, my ma."
"Sy het nooit skoene gekoop nie?" vra die man.
"Wat?" vra Jan. "In 'n groentewinkel!?" En verontwaardig storm hy daar uit en vertel vir almal hulle moenie hul skoene dáár koop nie, want die man is laf.

(Tant San, dis nie waar nie, ek het alles versin . .)


----------------------------------------------------------------------------------------

Jan blaas sy eie trompet


Ek weet nie altyd van daai groot woorde nie, soos Liewe Heksie sê; maar miskien is dit 'n FABEL of 'n LEGENDE, miskien is dit sommer stories, van Jan.
Jan stap in die straat.
Jan sien 'n winkel. In die winkel is daar 'n venster, en op die venster staan: SWOP SHOP — RUILWINKEL: ONS RUIL ENIGIETS VIR ENIGIETS.
Jan is leergierig, nuuskierig van aard. Jan eet nie alles vir soetkoek op nie. Jan is 'n Christenmens, en hy ondersoekalle dinge en soms behou hy die goeie.
Jan lees weer mooi wat daar staan: SWOP SHOP — RUILWINKEL; ONS RUIL ENIGIETS VIR ENIGIETS. Jan stap binne. Jan vroetel in sy binnesak en haal sy pen uit.
Jan vra: "Is u die eienaar van hierdie winkel?"
"Ek is. Wie is jy?"
"Ek is Jan."
"Kan ek help Jan?"
"Ja,ek dink so. Ek wil hierdie rolpuntpen ruil vir 'n trompet. Ek wou nog altyd 'n trompet gehad het. Ek weet 'n trompet kan nie eintlik skryf nie, maar 'n pen kan ook nie trompetter nie. Ek wil hierdie pen seblief ruil vir 'n trompet."
Die man kan sy ore nie glo nie. Hy dink aan duisende woorde om te sê, vroetel vinnig deur sy woordeskat, maar kry net een woord uit: "Hu?"
"Ek wil hierdie pen ruil vir 'n trompet seblief."
"Jy kan nie die pen ruil vir die trompet nie. Die pen kos tien sent, hierdie trompet kos honderd rand."
"Dis daarom dat ek dit wil ruil," se Jan. "Dit is 'n goeie ruil." Jan is 'n meester in die absolute logika.
"Maar, jy verstaan nie: die pen is nie naastenby soveel werd as die trompet nie!"
"Presies," sê Jan. "Dis waatom ek dit wil ruil." En Jan dink daaraan dat dit dalk 'n nuwe spreekwoord kan word: "Diepen is nie soveel werd soos die trompet nie."
Die man se bene word lam. Hy soek 'n stoel. Hy kyk en bly kyk en bly kyk na Jan. Jan kyk terug. "Kom ons begin voor," sê die man. "Jy wil daardie pen vir 'n trompet ruil?"
"Ja, maar ek wil eers die trompet sien.""Dit sal nie help nie; ek sal dit nie ruil nie!"
"Dit staan op die venster: SWOP SHOP - RUILWINKEL, ONS RUIL ENIGIETS VIR ENIGIETS. Ek wil die pen vir 'n trompet ruil. En jy moet nou gou maak; ek het nie baie tyd nie, ek wil nog 'n klavier ook hê, in ruil vir my das. Maar eers wil ek op die trompet blaas."
Jan vat die trompet en hy blaas. Suiwer klanke word uitgetoor. Jan blaas en blaas, en die mense kom kyk. Later staan die hele winkel vol mense. Toe hou Jan op. En Jan hou die pen uit: "Wil jy ruil of wil jy nie ruil nie? Sê net ja of nee."
"Nee," sê die man. Toe sit Jan die trompet terug op sy plek, en terwyl hy uitstap, sê hy: "Dan blaas ek nie meer nie, want ek blaas net my eie trompet."

------------------------------------------------------------------------------------------

Die mag van die gewoonte


Jan loop in die straat.
Skielik is daar 'n muur en in die muur is 'n hek en op die hek staan daar geskryf: Geen toegang vir ONGEMAGTIGDEpersone nie.
Jan is leergierig, nuuskierig van aard. Jan eet nie alles vir soetkoek op nie. Jan is 'n Christenmens en hy ondersoek alle dinge, en soms behou by die goeie.
Die hek waarop staan: Geen toegang vir ONGEMAGTIGDE persone nie, staan oop. Op die sypaadjie, in 'n hokkie, op 'nstoel sit 'n oom.
Jan stap na die oom toe en vra: "Mag ek hier instap?"
Die oom bekyk hom van kop tot tone.
"Wie is jy?"
"Ek is Jan."
"Jy is Jan."
"Ek is Jan. En ek wil hier instap."
"Hoekom?"
"Nee, ek wil sommer."
"Hoekom?"
"Omdat die hek daar is.
Die hek is oop."
"Werk jy hier?"
"Nee."
"Dan mag jy nie daar instap nie."
Jan wys na 'n arbeider, 'n Swartarbeider, wat vee.
"Werk hy hier?"
"Ja."
"Mag hy hier instap?"
"Nee."
"Hoekom nie?"
"Ek weet nie, maar hy mag nie."
"Hy is nie gemagtig nie?"
"Nee, by is nie gemagtig nie."
"Ek is ook nie gemagtig nie?"
"Nee, jy is ook nie gemagtig nie."
"Net GEMAGTIGDE persone mag hier instap?" vra Jan.
"Dis reg," se die oom
" Wie kan my magtig?"
"Ekskuus?"
"Wie kan my toestemming gee om binne te gaan?"
"Een van die base . . ."
"Waar is hulle . . . die base?"
"Hulle is binne."
"Nou verstaan ek nie mooi nie. Die enigste ouens wat my
toestemming kan gee om binne te gaan, is juis binne. Hoe kom
ek nou by hulle om my magtiging te gee as ek nie magtiging het
om binne te gaan nie?"
Die oom bekyk hom van kop tot tone: "Wie is jy, het jy
gesê?"
"Ek is Jan.""Nou ja, Jan, gaan sk... 
"Ek dag jy gaan my nooit vra nie!!" En Jan stap binne, uit die MAG VAN DIE GEWOONTE.

--------------------------------------------------------------------------

Die deurklok wat nie wou lui nie


Jan kom van die tandarts af. Hy is baie bly, want hy het net vyf minute in die sadis se stoel gesit toe sê die dokter: "Baie geluk, jou tande is perfek. Nie een gaatjie nie. Jy mag maar loop."
Jan trap hoog as hy in Jeppestraat af stap. Jan is lus vir twak. Dan sien hy die kennisgewing op die deur. "Lui die klokkie. Ring the bell." Langsdie kennisgewing is daar 'n wit knoppie. Jan doen altyd alles wat hulle sê. Jan lui dieklokkie. Jan rings the bell.
Niks gebeur nie. Jan lui weer die klokkie. Niks gebeur nie. Jan sien daar is 'n telefoonnommer langs die klokkie geskryf. Hy soek 'n muntfoon. Die eerste een het nog net twee drade oor. Die tweede een wat hy kry, het 'n nare skreeugeluid soos 'n kat wat vrou soek. Nou stap hy tot by die poskantoor. Daar is.heelwat telefoons. Maar daar is ook heelwat mense.
Hy neem stelling in by een van hulle. Dit is nou by die een waar die mense bel. Dit is 'n meisie wat met Barend praat en vir Barend vra wanner by dan weer kom kuier, want sy verlang vreeslik.
Dit val Jan op dat die meisie nie munt in die muntbussie gooi nie, maar dat sy aanhou praat. Gebruik hulle dan nog lang tiekies? Toe sien Jan hoe hulle dit doen, want by die volgende telefoon bel 'n bekommerde moeder haar roekelose seun: " Boetie, my nommer is X0456 . . ." en sy plaas nie die buis neer nie, maar druk net die knoppie af. Twee oomblikke later trieng! die foon en sy loer oor haar skouer of Jan haar nie gesien het nie, maar by het.
So staan ses mense by ses telefoons en gesels ses uur aanmekaar en die oorspronklike doel van die muntfoon is kapoet. Jan wil die fenomeen by die posmeester rapporteer.
Hy soek 'n telefoon.
Toe by uiteindelik 'n foon kry wat nie beset is nie en wat nie stukkend is nie, haal hy sy sigaretdosie uit en skakel die nommervan die firma wie se klokkie nie wil lui nie.
"Jeppestraat-Beleggings!" sê 'n stem.
"Julie klokkie werk nie," sê Jan beskuldigend. "Ekskuus?" vra Jeppestraat-Beleggings.
"Op julle voordeur is 'n wit knoppie. Daarlanges staan: `Lui die klokkie. Ring the bell.' Ek het gelui en gelui, maar niks gebeur nie."
"Die battery is pap."
"Sal julle dit asseblief herstel?"
"Maar kan ons nie help nie, Meneer?"
"Ja, julle kan: kry 'n nuwe battery." Daarop het Jeppestraat-Beleggings nie 'n antwoord nie. "Ek gaan terug na dievoordeur toe, sal hy dan al reg wees?"
"Sekerlik, Meneer, dis net 'n battery wat ons moet vervang." "Mooi," se Jan, plaas die spreekbuis neer, draai op sy hak omen stap in die rigting van Jeppestraat-Beleggings.
-----------------------------------------------------------------

Jan lui die deurklok . . . volgens opdrag


Wat vooraf gebeur het: Jan kry 'n deur met 'n klokkie, en die kennisgewing sê: Lui die klokkie. Ring the bell. Maar dit wil nie lui nie.
Na baie gesukkel kry ons held 'n foon wat werk, en hy skakel die firma wat horn belowe dat hulle die battery sal vervang. Lees nou verder:
Jan staan in Jeppestraat by die groot deur van Jeppestraat-Beleggings. Sy lang, pesige voorvinger martel die klokkie. Jan kan in sy vingerpunt voel hoe lui die klokkie..
Nadat Jan tweetalig gelui het, gaan die deur oop.
"Ja?" vra die man in die wit jas wat die deur oopgemaak het. "Hoe bedoel jy, `ja'?" vra Jan.
"Wat wil u hê?"
"Ek wil niks hê nie . .
"Maar u het die klokkie gelui?"
"Ja, ek het die klokkie gelui," erken Jan.
"Waarom het u die klokkie gelui?"
"Wel, dit staan hier: Lui die klokkie. Ring the bell."
"Wie is u?"
"Ek is die man wat die klokkie gelui het." Daarop het die
man wat die deur oopgemaak het toe die klokkie gelui is, nie 'n
antwoord nie.
"Wat nou?" vra Jan.
"Nee, dit moet ek vir u vra: wat nou?"
"Wel, ek het gemaak soos u gesê het, ek het die klokkie
gelui. Nou verwag ek 'n teenprestasie."
"Ek het die teenprestasie reeds gelewer: ek het die deur
oopgemaak." Daarop het Jan nie 'n antwoord nie. "Dan loop ek
maar weer," sê Jan.
"Nee, maar reg," sê die man.
"Maar voor ek loop," sê Jan, "sê my eers: wat is u werk
eintlik?"
"0, ek is die man wat die deur oopmaak as iemand die
klokkie lui.' '
"Maar die klokkie was die hele oggend buite werking," sê
Jan.
"Natuurlik, ek het die battery verwyder, die dag nadat ek
hier kom werk het."
"Maar waarom het u so 'n gekke ding gedoen?"
"Ek het agtergekom as ek die battery verwyder, lui die
klokkie nie."
Jan glimlag breed en kyk nie weg nie. Jan is absoluut en hier
het by 'n sielsgenoot. "Is jy Absoluut?" vra Jan. "Nee, ek is
Harmse," sê die man. "Jy is!" juig Jan en pomp die man se
hand. "Wie is jy?" vra die man, nou baie verstom.
"Maar ek is die man wat die klokkie gelui het. Het jy dan al
weer vergeet?" vra Jan.
Daarop het die man nie 'n antwoord nie. "Dan groet ek eers,"
sê Jan, "draai kort-om en dink dat dit 'n mooi dag is.


[Uit: of so iets van fanus]


Wednesday, April 2, 2014

VERDOEM III

My Maat
Aangesien tyd eintlik maar net ’n kunsgreep is om die werklikheid mentaal meer verwerkbaar te maak, gryp ek weer terug na my anale geskiedenis!
(As daar nie so-iets soos tyd was nie, sou jy ook al geweet het van die volgende briefwisseling van ’n ruk terug.)
---------- Forwarded message ----------
From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2013-08-25 19:34 GMT+02:00
Subject: Re: Jahwe JHWH
To: Schalk
Cc: Hennie …
Beste Schalk

Watter verkwiklike, reguit brief skryf jy hieronder - sonder tierlantyntjies en allerhande aansitterigheid, net die gewone feite. Ek is séker jy moet 'n "ingenieurstipe" wees, maar ek is bevrees van kennis en feite alleen kan 'n mens nie lewe nie...

Jy skryf byvoorbeeld...  is dit vir my duidelik dat die debat oor ons godsdiens vanuit verskillende perspektiewe benader word afhangende van waar jou vertrekpunt is.  Deon, soos die Christendom, gebruik die Bybel. Hennie en andere gaan verder terug d.w.s die ontstaan van geloof.
Ek het vanoggend die volgende e-pos aan Hennie gestuur, maar sien jy is nie op daardie adreslys nie:

---------- Forwarded message ----------
From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2013/8/25
Subject: Re: Vanoggend se poging
To: Hennie  
                                                                                                                               Cc:
Dag Hennie

Ek het met die eerste oogopslag gedink jou "Vanoggend se poging"-opskrif klink nie besonder lowend nie, maar noudat ek dit gelees het, moet ek sê dat jy baie mild en verdraagsaam is in jou oordeel.

Ek wil oor die JHWH-gesprek net sê dat dit 'n dowemansdiskussie bly - wetenskaplikes en godsdienstiges funksioneer op twee fundamenteel verskillende vlakke wat so 'n diskoers tydmors maak en dis nou presies iets wat ons geslag Afrikaner nie meer het nie: TYD

Ons moet besef dat ons al male-sonder-tal deur die godsdiens teleurgestel is en niks minder nie deur die wetenskap (in al sy geledinge: natuur- en geesteswetenskap).

Die enkelinge wat die paradigmaverandering gemaak het, moet aanbeweeg en die weg baan soos ons Voortrekkervoorvaders van ouds - hulle het die vreemde aangedurf met geloof in hul persoonlike God, geloof in die mede-trekkers saam met hulle en elkeen se geloof in homself.

Gaan kyk gerus hier waarin ons kameraad weer beland het!

Groete

Petrus Potgieter
__________________________

Ek is van mening dat die geelgeglimde dele nogal analoog is aan mekaar.
In hierdie gesprek is dit noodsaaklik om by die begin te begin en dit is nie noodwendig die "ontstaan van geloof" nie, maar jou definisies van woorde of begripsbepaling.
Só is "geloof" nié gelyk aan "godsdiens" nié gelyk aan "kerk" nie. Ek kan gevolglik geloof in my volk en in my self hê sónder geloof in ('n) God of godsdiens; alternatiewelik kan ek 'n bepaalde godsdiens onderskryf sonder om 'n besondere geloof daarin te hê - in my eie geval glo ek steeds in dit wat ek ons stamgodsdiens noem waarmee ek grootgeword het, maar dit het nie meer "universele" aspirasies nie, inteendeel, dit het baie min te doene met enige ander godsdiens wat deur ander mense in die wêreld bedryf word en ek weier om my volk te offer op die altaar van multikultiralisme om sodoende lid te word van 'n sogenaamde universele volk van God

Ek verbreek dus my bande met die Joods-Christelik-Islamitiese drie-eenheidsgodsdiens eensydig en in die mate wat daar nog sprake is van "Christelikheid" in ons stamgodsdiens, is dit vergelykbaar met die feit dat ons taal van Indo-Germaanse oorsprong is.

Verder dink ek dat Marcel se video treurige animasie is, maar 'n onverbeterlike boodskap oordra en is baie bly dat ek toe afgekom het op die volgende video wat vir my en my vrou verduidelik waarom rolprente en televisiereekse byna uitsluitlik oor misdaad handel.

Groete

Petrus Potgieter


2013/8/25 Schalk :
Ek het ń epos van Acharya (DM Murdock) gekry.  Sy is in die finale stadium van haar navorsing oor Moses.  Haar boek sal waarskynlik nog die jaar in druk gaan.

Sy het reeds die hoofstukke daarvan aangestuur.  Hierdie behoort ń baie interessante boek te wees.

Terwyl ek ń leek is in vergelyking met Deon, Hennie en andere, is dit vir my duidelik dat die debat oor ons godsdiens vanuit verskillende perspektiewe benader word afhangende van waar jou vertrekpunt is.  Deon, soos die Christendom, gebruik die Bybel.  Hennie en andere gaan verder terug d.w.s die ontstaan van geloof.

Die Bybel is lank nie meer vir my die Woord van God nie.  Die teenstrydighede daarin is net te opsigtelik.  So ook die ooreenkomste van die verhale daarin met die mitiese verhale wat duisende jare ouer is.  Daarmee verskil ek nie met Deon oor die goeie werk wat sendelinge gedoen het en nog steeds doen nie.  So ook is daar honderde ander organisasies wat hulle lewe wy om die lyding van mense oor die wêreld heen te verlig wat geen geloof verkondig nie.  In teendeel, hulle doen dit ten spyte van die gevestigde vooroordeel van gelowiges!

En natuurlik stem ek saam met Deon dat daar "ń kern van opregte gelowiges was".  Die vraag is net watter geloof, wat sy oorsprong waar het?  Soos Deon sal weet kan ek ń lang lys navorsers hier weergee wat die Christelike geloof opreg en eerlik ondersoek het.  Hulle verifieerbare gevolgtrekking van hoe vals dit is, is skokkend wanneer ń mens dit lees.  Dit is om vir die eerste keer iets te konfronteer wat jy nooit wou doen uit vrees dat diep verskuilde twyfels daaroor waar is.  En natuurlik die gevolge daarvan wat allermins tot eer strek van die Christelike geloof!

In elkgeval dink ek dat dit absurd is om as mens ń "wese" te beskryf, definieer wat sekerlik die mens se verstand te bowe gaan of hoe?  Die Bybel is ń tasbare bewys van die absurde resultaat daarvan.  Soos Mark Twain dit stel "Faith is believing something you know ain't true."

Wat Christus aanbetref die volgende: "The gospel story is an artificial, non-historical work. It has been fabricated from source materials that can be identified and traced to their incorporation in the gospels. There is not a particle of hard evidence that 'Jesus of Nazareth' ever existed."

Ek lees graag julle briewe.  Hoe meer kennis jy opdoen, hoe meer leer jy jouself ken en hoe nader kom jy aan die waarheid.

Groete,
Schalk


Sent from my iPad

Jou paragraaf:  Dit val my op en vind aanklank by my seker net omdat ek eers so 5 of dalk 10 jaar gelede gesnap het hoe werk Kant se teorie dat niks is soos mens dit waarneem nie, en dat als wat mens waarneem eintlik mens se eie gedagte konstruksie is. Soveel so a g v sekere ander ondervindings ook dat ek nooit seker is of enigiets wat ek waarneem en waarop ek reageer werklikheid is en of dit nie dalk net in my verbeelding gebeur nie. Ek dink ek is net so een tree kort van psigose. Aan die ander kant, as mens Kant se teorie toepas, is een tree kort van psigose presies hoe mens teenoor die werklikheid moet reageer nie waar nie? Of anders gestel, die bewus wees van die psigose is juis  presies hoe mens teenoor die “werklikheid” moet reageer….laat my dink aan die groengeglimde sin hierbo en die belang van definisies en begripsbepaling – indien “psigose” = “’n verlies van kontak met die werklikheid”, dan is ek van mening dat net soos ’n enkeling kontak met die werklikheid kan verloor, só kan ’n groep van mense en selfs ’n hele samelewing kontak met die werklikheid verloor en in ’n samelewing wat kontak met die werklikheid verloor het, is dit moontlik dat daar enkelinge is wat kontak met die werklikheid behou en dit laat my hieraan dink:

Sisyphus and the Hundredth Monkey
by Julius Sequerra

Last evening, in an exchange with a dear friend (a former Silicon Valley bulb, now a dedicated schoolteacher by choice), I lamented the seeming futility of what I do in my spare time: sending out these ‘informational’ emails. When he commented on the incorrigibility of the Sheeple mindset, and the reluctance/inability of these people — many, highly educated — to see through the fog of disinformation, I responded thus:
Such is the state of our world, alas. When I hear from folk who’ve thrown in the towel and feel sympathy for me for banging my head against a brick wall with my missives, I simply respond that, to me, giving up is not an option. I’m a firm believer in the ‘hundredth monkey’ theory; we’re a smidgeon away from reaching critical mass. If we all simply gave up, that 100th monkey shall never awaken — and ‘they’ would surely have won.
He offered the following observation, and encouragement:
Mate, my hope lives through the opportunity of turning-on the courage in the younger ones to question what they see happening around them. Just the simple idea of inquiry below the surface of what you see, hear, and read every day is a monumental task akin to Sisyphus pushing that boulder up the hill.
The culture within which one enters life has profound consequences on personal development across the board. The educational process shapes the personality of kids to ‘play-by-the-rules;’ it is pretty much still a ‘reward and punishment’ system. The end result firmly establishes a herd mentality that the majority live with for the rest of their life.
You, too, are a Sisyphus. Hence, your readers see you as ‘banging your head against a brick wall.’ Many of those who criticize what you do as a ‘waste of time’ deceive themselves thinking they are just ‘playing the game’ and therefore smarter for it. You know the types; they have bumper stickers with the mindless sayings such as, ‘He who dies with the most toys wins,’ or ‘My dog is bigger than yours.’
You see, I too, work the ‘hundredth monkey’ theory and I too am Sisyphus. When they are pushing back, you are waking them up. Resistance is a good thing.
Hou aan om die “send button” te druk!

Groete
 p