Het jy sewe minute se voetskoene?
Jan parkeer sy motor, gooi vyf sent in die meter en
gaan koop 'n onderbroek. Toe hy terugkom by die meter, merk by tot sy verbasing
op dat daar net tien minute verstreke is. Hy het dertig minute met sy vyf sent
gekoop en Jan is nie 'n man wat tyd verspil of geld mors nie.
Wat maak 'n man met twintig
minute?
Jan besluit om dit nuttig
te gebruik. Hy stap in die straat af.
Die
eerste man wat by teëkom, is 'n Vrystaatse boer. "Môre, Oom!" groet
Jan. "Môre," groet die oom. "Ken ek jou?" vra die oom.
"Nee," sê Jan.
"Nou hoekom groet jy
my dan?" Jan dink 'n bietjie. "My naam is Jan."
"Môre, oom
Herklaas."
"Môre,
Jan."
"Ek wou oom Herklaas iets gevra het: hoe lank duur dit om 'n
onderbroek te koop?"
"Nee,
jy het my! Hoe lank?"
"Net tien minute. Weet oom Herklaas dan hoe
lank dit duur om skoene te koop? Want, sien, ek het nog sewentien minute op my
parkeermeter oor, en ek wil dit nuttig gebruik. Toe besluit ek ek gaan vir my
skoene koop."
"Jou skoene lyk vir my
nog redelik. Dra jy baie skoene?" "Nee, net twee."
Daarop
het oom Herklaas nie 'n antwoord nie.
Jan loop verder. . Op die hoek van die straat staan
'n tante met 'n kollektebussie. Sy druk die blikkie onder Jan se neus en vra:
"Wil u nie iets vir die Huis vir Bejaardes gee nie?" Jan
dink 'n bietjie. "Ek het twee tantes en 'n ouma; vir hoeveel het julle
plek?" Dit kan die vrou nie mooi verstaan nie. Sy skud haar kop. Jan stap
voort.
By die volgende hoek keer 'n Engelsman hom voor:
"Weet u hoe laat dit is?" vra die Engelsman aan Jan. Jan dink 'n
bietjie. "Ja, ek weet," se Jan en stap by 'n skoenwinkel in.
"Ek wil 'n paar skoene
koop," kondig Jan aan.
"
Watter soort?" vra die verkoopman.
"Voetskoene," sê
Jan.
Die man lag ongemaklik en kyk weg: "Maar alle
skoene is voetskoene," sê hy. "0, nee," stry Jan, "jy kry
ook handskoene."
Daarop het die man nie 'n antwoord nie. Jan kyk op
sy oorlosie. "Maar ek het net sewe minute tyd. Het jy sewe minute se
skoene?" Daarop het die man nie 'n antwoord nie, maar hy moet geluide
maak, en hy vra: "Hoekom het u net sewe minute tyd?"
"Dan verstryk die parkeermetertyd."
"0," se die man, en hy wys Jan 'n paar skoene. Jan tel
die skoene op en vra: "Is hulle vars?" Die man verstaan nie mooi nie.
"My ma het my so geleer: voordat jy iets koop, moet jy eers vra of dit
vars is. Maar noudat ek daaraan dink, sy het net altyd groente gekoop, my
ma."
"Sy het nooit skoene gekoop nie?" vra die
man.
"Wat?" vra Jan. "In 'n groentewinkel!?"
En verontwaardig storm hy daar uit en vertel vir almal hulle moenie hul
skoene dáár koop nie, want die man is laf.
(Tant San, dis nie waar nie, ek het alles versin .
.)
----------------------------------------------------------------------------------------
Jan blaas sy eie trompet
Ek weet nie altyd van daai groot woorde nie, soos Liewe Heksie sê; maar
miskien is dit 'n FABEL of 'n LEGENDE, miskien is dit sommer
stories, van Jan.
Jan stap in die straat.
Jan sien 'n winkel. In die winkel is daar 'n venster, en op
die venster staan: SWOP SHOP — RUILWINKEL: ONS RUIL ENIGIETS VIR ENIGIETS.
Jan is leergierig, nuuskierig van aard. Jan eet nie alles vir
soetkoek op nie. Jan is 'n Christenmens, en hy ondersoekalle dinge
en soms behou hy die goeie.
Jan lees weer mooi wat daar staan: SWOP SHOP — RUILWINKEL; ONS
RUIL ENIGIETS VIR ENIGIETS. Jan stap binne. Jan vroetel in sy binnesak
en haal sy pen uit.
Jan vra: "Is u die eienaar van hierdie winkel?"
"Ek
is. Wie is jy?"
"Ek is
Jan."
"Kan ek help Jan?"
"Ja,ek dink so. Ek wil hierdie rolpuntpen ruil vir 'n
trompet. Ek wou nog altyd 'n trompet gehad het. Ek weet 'n trompet kan nie
eintlik skryf nie, maar 'n pen kan ook nie trompetter nie. Ek wil hierdie pen
seblief ruil vir 'n trompet."
Die man kan sy ore nie glo nie. Hy dink aan duisende woorde
om te sê, vroetel vinnig deur sy woordeskat, maar kry net een woord
uit: "Hu?"
"Ek wil hierdie pen
ruil vir 'n trompet seblief."
"Jy kan nie die pen ruil vir die trompet nie. Die pen
kos tien sent, hierdie trompet kos honderd rand."
"Dis daarom dat ek dit
wil ruil," se Jan. "Dit is 'n goeie ruil." Jan is 'n
meester in die absolute logika.
"Maar, jy verstaan nie: die pen is nie naastenby soveel
werd as die trompet nie!"
"Presies," sê Jan. "Dis waatom ek dit wil ruil." En
Jan dink daaraan dat dit dalk 'n nuwe spreekwoord kan word:
"Diepen is nie soveel werd soos die trompet nie."
Die man se bene word lam. Hy soek 'n stoel. Hy
kyk en bly kyk en bly kyk na Jan. Jan kyk terug. "Kom ons begin
voor," sê die man. "Jy wil daardie pen vir 'n trompet
ruil?"
"Ja,
maar ek wil eers die trompet sien.""Dit sal nie help nie;
ek sal dit nie ruil nie!"
"Dit
staan op die venster: SWOP SHOP - RUILWINKEL, ONS RUIL ENIGIETS VIR
ENIGIETS. Ek wil die pen vir 'n trompet ruil. En jy moet nou gou maak; ek
het nie baie tyd nie, ek wil nog 'n klavier ook hê, in ruil vir my das.
Maar eers wil ek op die trompet blaas."
Jan vat die trompet en hy blaas. Suiwer
klanke word uitgetoor. Jan blaas en blaas, en die mense kom kyk. Later staan
die hele winkel vol mense. Toe hou Jan op. En Jan hou die pen uit: "Wil jy
ruil of wil jy nie ruil nie? Sê net ja of nee."
"Nee," sê die man. Toe sit Jan die trompet terug op sy plek,
en terwyl hy uitstap, sê hy: "Dan blaas ek nie meer nie, want ek
blaas net my eie trompet."
------------------------------------------------------------------------------------------
Die mag van die gewoonte
Jan loop in die straat.
Skielik is daar 'n muur en in die muur is 'n hek en op
die hek staan daar geskryf: Geen toegang vir ONGEMAGTIGDEpersone
nie.
Jan is leergierig, nuuskierig van aard. Jan eet nie alles
vir soetkoek op nie. Jan is 'n Christenmens en hy ondersoek alle
dinge, en soms behou by die goeie.
Die hek waarop staan: Geen toegang vir ONGEMAGTIGDE persone
nie, staan oop. Op die sypaadjie, in 'n hokkie, op 'nstoel
sit 'n oom.
Jan stap na die
oom toe en vra: "Mag ek hier instap?"
Die oom bekyk hom
van kop tot tone.
"Wie
is jy?"
"Ek
is Jan."
"Jy is Jan."
"Ek is Jan. En ek wil
hier instap."
"Hoekom?"
"Nee, ek wil
sommer."
"Hoekom?"
"Omdat die hek daar
is.
Die hek
is oop."
"Werk
jy hier?"
"Nee."
"Dan mag jy nie daar instap
nie."
Jan
wys na 'n arbeider, 'n Swartarbeider, wat vee.
"Werk hy hier?"
"Ja."
"Mag hy hier instap?"
"Nee."
"Hoekom
nie?"
"Ek weet nie, maar
hy mag nie."
"Hy is nie gemagtig
nie?"
"Nee, by is nie
gemagtig nie."
"Ek is ook nie
gemagtig nie?"
"Nee,
jy is ook nie gemagtig nie."
"Net GEMAGTIGDE persone
mag hier instap?" vra Jan.
"Dis reg," se die
oom
" Wie kan my
magtig?"
"Ekskuus?"
"Wie
kan my toestemming gee om binne te gaan?"
"Een van die base . .
."
"Waar is hulle . . . die base?"
"Hulle is binne."
"Nou
verstaan ek nie mooi nie. Die enigste ouens wat my
toestemming kan gee om
binne te gaan, is juis binne. Hoe kom
ek nou
by hulle om my magtiging te gee as ek nie magtiging het
om
binne te gaan nie?"
Die oom bekyk hom van kop
tot tone: "Wie is jy, het jy
gesê?"
"Ek
is Jan.""Nou ja, Jan, gaan
sk...
"Ek dag jy gaan my nooit vra nie!!" En Jan stap binne, uit die MAG
VAN DIE GEWOONTE.
--------------------------------------------------------------------------
Die deurklok wat nie wou lui nie
Jan kom van die tandarts af. Hy is baie bly, want hy het
net vyf minute in die sadis se stoel gesit toe sê die dokter:
"Baie geluk, jou tande is perfek. Nie een gaatjie nie. Jy mag maar
loop."
Jan trap hoog as hy in Jeppestraat af stap. Jan is
lus vir twak. Dan sien hy die kennisgewing op die deur. "Lui die klokkie.
Ring the bell." Langsdie kennisgewing is daar 'n wit knoppie. Jan
doen altyd alles wat hulle sê. Jan lui dieklokkie. Jan rings the bell.
Niks gebeur nie. Jan lui weer die klokkie. Niks gebeur
nie. Jan sien daar is 'n telefoonnommer langs die klokkie geskryf. Hy soek
'n muntfoon. Die eerste een het nog net twee drade oor. Die tweede een wat hy
kry, het 'n nare skreeugeluid soos 'n kat wat vrou soek. Nou stap hy tot by die
poskantoor. Daar is.heelwat telefoons. Maar daar is ook
heelwat mense.
Hy neem stelling in by een van hulle. Dit is nou
by die een waar die mense bel. Dit is 'n meisie wat met Barend praat
en vir Barend vra wanner by dan weer kom kuier, want sy verlang
vreeslik.
Dit val Jan op dat die meisie nie
munt in die muntbussie gooi nie, maar dat sy aanhou praat. Gebruik hulle
dan nog lang tiekies? Toe sien Jan hoe hulle dit doen, want by die volgende
telefoon bel 'n bekommerde moeder haar roekelose seun: " Boetie, my nommer
is X0456 . . ." en sy plaas nie die buis neer nie, maar druk net die
knoppie af. Twee oomblikke later trieng! die foon en sy loer oor
haar skouer of Jan haar nie gesien het nie, maar by het.
So staan ses mense by ses telefoons en
gesels ses uur aanmekaar en die oorspronklike doel van die
muntfoon is kapoet. Jan wil die
fenomeen by die posmeester rapporteer.
Hy soek 'n telefoon.
Toe by uiteindelik 'n foon kry wat nie beset is nie en wat
nie stukkend is nie, haal hy sy sigaretdosie uit en skakel die
nommervan die firma wie se klokkie nie wil lui nie.
"Jeppestraat-Beleggings!"
sê 'n stem.
"Julie klokkie werk nie," sê Jan beskuldigend.
"Ekskuus?" vra Jeppestraat-Beleggings.
"Op julle voordeur is 'n wit knoppie. Daarlanges staan: `Lui
die klokkie. Ring the bell.' Ek het gelui en gelui, maar niks gebeur
nie."
"Die
battery is pap."
"Sal
julle dit asseblief herstel?"
"Maar
kan ons nie help nie, Meneer?"
"Ja, julle kan: kry 'n nuwe
battery." Daarop het Jeppestraat-Beleggings nie 'n antwoord
nie. "Ek gaan terug na dievoordeur toe, sal hy dan al reg
wees?"
"Sekerlik, Meneer, dis
net 'n battery wat ons moet vervang." "Mooi," se Jan, plaas
die spreekbuis neer, draai op sy hak omen stap in die rigting van
Jeppestraat-Beleggings.
-----------------------------------------------------------------
Jan lui die deurklok . . . volgens opdrag
Wat vooraf gebeur het: Jan kry 'n deur met 'n
klokkie, en die kennisgewing sê: Lui die klokkie. Ring the bell. Maar
dit wil nie lui nie.
Na baie gesukkel kry ons held 'n foon wat werk, en hy skakel
die firma wat horn belowe dat hulle die battery sal
vervang. Lees nou verder:
Jan staan in Jeppestraat by die groot deur van
Jeppestraat-Beleggings. Sy lang, pesige voorvinger martel die klokkie.
Jan kan in sy vingerpunt voel hoe lui die klokkie..
Nadat
Jan tweetalig gelui het, gaan die deur oop.
"Ja?" vra die man
in die wit jas wat die deur oopgemaak het. "Hoe bedoel jy, `ja'?" vra Jan.
"Wat
wil u hê?"
"Ek
wil niks hê nie . .
"Maar
u het die klokkie gelui?"
"Ja, ek het die klokkie gelui," erken Jan.
"Waarom
het u die klokkie gelui?"
"Wel, dit staan hier: Lui die klokkie.
Ring the bell."
"Wie is u?"
"Ek is die man wat die klokkie gelui
het." Daarop het die
man wat die deur
oopgemaak het toe die klokkie gelui is, nie 'n
antwoord
nie.
"Wat nou?" vra Jan.
"Nee, dit moet ek vir u vra: wat
nou?"
"Wel, ek het gemaak soos u
gesê het, ek het die klokkie
gelui.
Nou verwag ek 'n teenprestasie."
"Ek het die teenprestasie reeds gelewer: ek het
die deur
oopgemaak." Daarop het Jan nie 'n antwoord nie. "Dan
loop ek
maar
weer," sê Jan.
"Nee, maar reg," sê die man.
"Maar voor ek loop," sê Jan,
"sê my eers: wat is u werk
eintlik?"
"0,
ek is die man wat die deur oopmaak as iemand die
klokkie lui.' '
"Maar
die klokkie was die hele oggend buite werking," sê
Jan.
"Natuurlik, ek het die battery verwyder,
die dag nadat ek
hier kom
werk het."
"Maar waarom het u so 'n gekke ding
gedoen?"
"Ek
het agtergekom as ek die battery verwyder, lui die
klokkie nie."
Jan glimlag breed en kyk nie weg nie.
Jan is absoluut en hier
het by
'n sielsgenoot. "Is jy Absoluut?" vra Jan. "Nee, ek is
Harmse," sê die man. "Jy is!"
juig Jan en pomp die man se
hand.
"Wie is jy?" vra die man, nou baie verstom.
"Maar ek is die man wat die klokkie gelui
het. Het jy dan al
weer
vergeet?" vra Jan.
Daarop het die man nie 'n antwoord nie. "Dan
groet ek eers,"
sê Jan,
"draai kort-om en dink dat dit 'n mooi dag is.
[Uit: of so iets van fanus]
No comments:
Post a Comment