Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, May 21, 2019

DIE KOKONPAPIES


Beste Hans van Ginkel

Ek skryf dié ope brief aan jou na aanleiding van hierdie plasing van jou wat my goeie kameraad ( jou Facebookvriend) enkele dae gelede onder my aandag gebring het.

Dit bevestig nie net my geregverdigde wrewel en eksistensiële weersin in die barbare nie, maar het my ook tot ’n ontstellende nuwe insig gebring, veral nadat ek dit onder die titel OM DIE KOKONPAPIES BIETJIE WAKKER TE SKUD aan ’n hoër/laerskoolposlys van ongeveer sestien lede aangestuur het en net mooi geen reaksie daarop ontvang het nie.

Ek het as regsgeleerde besef dat ’n mens hier nie net te doene het met medepligtigheid nie, maar inderdaad met mededaderskap en indien ’n mens onthou dat méér as tweederdes van die blankes “ja” gestem het, dan besef jy hoe weinig mense eintlik “nee” gestem het.

Die “ja-broers” wil ten alle koste probeer vergeet wat tweemiljoen van hulle ’n miljoen van hulle landgenote (om nie te sê “volksgenote” nie) aangedoen het – nie omdat hulle enige empatie voel of hulle gewete hulle kwel nie, want laasgenoemde hét hulle nie – maar gewoon omdat hulle ongemaklik voel wanneer hulle telkens daaraan herinner word dat húlle hande die bebloede mes van die moordenaar na die weerlose keel van hul slagoffer begelei het; die ketel kookwater grotesk oor die hoof van ’n onskuldige vrou gekantel het; met sy eie bebloede hand die moordende hand van die misdaadprimaat ondersteun het wat die boormasjien deur vel en been en senuwee tot in die oog en lewende brein van sy prooi laat beur en skeur het.

Eendag, eendag moet die mot sy afsydige kokon verlaat en sy onontkombare, natuurlike rol van voortplanting vervul – en indien dit alreeds gebeur het – moet hulle hul nakomelinge waarsku teen die verdere voortsetting daarvan, want die misdade van die vaders en moeders sal besoek word aan al hul geslagte daarna, tot in ewigheid…

Amen

Petrus Potgieter

Tuesday, April 2, 2019

NOG EEN UIT DIE OUDE DOOS


DIE UILE VAN MINERVA

Lank, lank gelede, toe die uile van Minerva nog gepraat het,
speel 'n kind in die blonde sand van 'n Somerstrand
maak met tipies kinds outisme, strukture in die sand
bou verbete aan sy grootse, vaste burg
'n veilig fort vir naaste, vriende en familie
met gragte, poorte en kantele
'n borswering met 'n magdom parate troepe
bestendig en beskut teen kwaad van vele.
Met Francescaanse oog vir alles
word ieder korrel sand geleding van die lewe
selfs 'n kosmos in sy eie reg
wat beskik oor konings, keisers hoog verhewe
verbind in bondgenootskap en verdrae
vir ewig trou te bly en sy-aan-sy te veg
en wanneer bullebakke af-en-toe sy bousels
op die hooggety se soom vertrap
begin hy weer van vooraf aan en stap vir stap
herrys sy grootse bouwerk weer, maar nou net beter
teen die hang van die donker duin geleë
aan die rand van die eindelose see
wat ongemerk, maar ook onkeerbaar
sig losmaak van die aardse ankers
wat dit bind aan vaste gronde van die avondland
aan die skadukant van dié planeet
en son en maan en alle sterre saam
die eindelose monnikswerk van mensekind
aan die wilde beuk van sy branding onderwerp
tot hy eind'lik sonder seremonie
op die puinhoop van sy sandkasteel weer vind
sy eíe en die toekoms van sy vaste land!

Hillegem
1 Mei 2004

DIE BRITSE JAAP MARAIS

Monday, January 7, 2019

VAN 'N STAL GEPRAAT

Over en ‘t weer (18.12.2018)
Het kouter trekt voor na voor
achter zich door de klei.
Het hobbelt en klieft, nu over, dan door
de kluiten in zijn dichterij.
De beitel schrijft, de ploegschaar splijt
haar vers waarin korrel ontkiemt,
achter het span dat gedwee verder schrijdt,
’t gewoel geduldig dient.
Het slingert alom door deze landen
van ’t godsgeschenk tsjernozjom*,
langs verstenlange akkerranden,
dit beeldige boustrofedon:
aan weerszij van ’t veld de ossen die,
‘vooruit’ als enige drang,
volharden in perfecte puntsymmetrie,
van ’t hek tot de zonsondergang.
Verzekensboer (repliek)
Hoor de gelijkenis!
't Veld wordt “beschreven”, het
vers is een ploegvoor en
humusgrond klei.
Je vleit jezelf, man, wat
jij doet is niets meer dan
kwantificerende
verskeuterij.

*Chernozem

[MCP]

NOG 'N HINGS UIT DIESELFDE STAL

[Raoul De Keyser Séjour, 2001 Oil on canvas, 71x50 cm Collection Jin SATO © Family Raoul De Keyser | SABAM Belgium 2018]

Prosper/Stil geboren

Het stille stof van versteende eeuwen
waait tussen de kieren van mijn bewustzijn door.
In de bovenkamer stapelen zich tot de nok 
vreemde ontheemde dieren
die ik allengs uit het oog verloor
en in mijn hart huist zingend het zoete verdriet
van bange, blanke aap.

Besneeuwde woorden vermogen
niets tegen de rode regen.

Maar zolang jij niet bent
klopt de lust onverminderd in mijn slapen
en pompt met de verzamelde drift van een heel continent
het vuur naar de wintergroene boom in mijn schoot.

Monday, December 31, 2018

ÁL ONS KINDERS IS IN LIEFDE ONTVANG EN GEBORE

Fanus Rautenbach vertel destyds hoe hy 'n vriendin dophou terwyl sy in die kombuis besig is om 'n skaapboud vir die oond voor te berei. Hy merk op dat sy so 'n "flap" van die boud afsny, die boud in die bakskottel en dan in die oond sit en vra haar toe waarom sy die flap afsny en sy antwoord dat haar ma dit altyd gedoen het en dat sy 'n skaapboud voorberei nes haar ma en daarom sny sy die flap af, maar kan dit nie nader toelig of verduidelik nie.

'n Ruk hierna loop Fanus die vriendin se ma weer raak, onthou van die dogter se boud en vra die ma daarna. Sy antwoord dat daar geen eksotiese kombuisgeheim betrokke is nie, behalwe dat haar kastrol te klein was en sy nie die boud met flap-en-al daar in kon kry nie en daarom het sy die flap afgesny!

"Wys jou net!" - soos Fanus altyd gesê het...

In die omgewing/samelewing waar ek en Ingrid grootgeword het - weliswaar onderskeidelik aan die Afrikaanse kant en die Engels-uitlandse kant - was die tradisie of populêre wysheid dat wanneer jy 'n lang rit per motor gaan aflê,  jy die aand tevore vroeg gaan slaap sodat jy die volgende oggend so vroeg as moontlik kan opstaan om in die pad te val.

Vir mý het dit altyd beteken dat dit eers 'n ewigheid duur vóór ek aan die slaap raak en sou ek die slaap uiteindelik vat, 'n uur-of-wat van rustelose slaap en dan vervaard wakkerskrik want miskien gaan die wekker nie af nie en wat dán!
Só val jy dan absoluut onuitgerus met krapperige, rooi oë in die pad en word allengs vaker en vaker...

Martin, ons oudste seun, trou toe met 'n meisie van Letland en verhuis na Riga, waar ons hulle gaan besoek.
Aangesien ek en Ingrid nie daarvan hou om telkens deur Ryan Air soos vee behandel te word nie en die rit na 'n bestemming vir ons al deel uitmaak van 'n avontuurlike reis, besluit ons om die 4000 km na Riga en terug per motor aan te pak.
Getrou aan die gebruik van die omgewing waaruit ons kom, begin ons dou-voor-dag met skuurpapieroë, maar tóg vol moed.

Moed wat, soos die hoop, beskaam - só 'n lang reis per motor in Europa is nie dieselfde as in Suid-Afrika nie: die pad van België af, reg Oos deur Nederland en die hele Noordelike Duitsland tot by Warschau in Pole en dan skerp Noord na Riga, is baie bedrywiger as om van Port Elizabeth af Pretoria toe te ry en toe die moegte ons in die omgewing van Olsztyn in Pole oorval, het ons langs die pad stilgehou en 'n rooibruin volmaan sien opkom en ondergaan terwyl ek vir Ingrid haarfyn uitlê hoe klaarstaan in ons basis in Mahanene gewerk het en perfek kon illustreer hoe 'n mens se oë jou bedrieg met "eerstelig".

Later die oggend moes ons noodgedwonge in Olsztyn aan die motor se koppelaar laat werk en het 'n paar dae daar deurgebring. Ek het toe die twyfelagtige voorreg gehad om Nikolaus Kopernikus persoonlik te ontmoet en aan hom te verduidelik dat hy met sy model van die universum die bal totaal misslaan - natuurlik was hy volkome uit die veld geslaan, maar hy het nie van my verskil nie...


Ná ons tweede rit Riga toe en terug, stel Ingrid voor dat ons die gebaande weë van die kondisionering verlaat en, in plaas van vroegoggend, vertrek ons vroegaand: só gesê, só gedaan.
Die volgende keer het ons terwyl dit nog lig was uit Hillegem vertrek vir die tweeduisend kilometer Riga toe en fris en vars en vrolik die toenemende donker Duitsland in getrotseer - 'n lang skof van 700 km van Wes na Oos oor die hele breedte van Duitsland.

...en dit was onlangs gedurende die tweede van hierdie eindelose nagskof deur 'n onrustig slapende Duitsland dat die insig soos die daeraad my gemoed verlig en ek wéét waarom die Duitsers twee agtereenvolgende wêreldoorloë verloor het: hulle het hulle bloedfamilie in die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrijstaat, in hulle uur van eksistensiële nood, versaak.
Indien hulle tot die Boerevolk se hulp gekom het, sou Brittanje dermate verswak gewees het dat die Eerste Wêreldoorlog nie eers sou uitgebreek het nie, vergeet van die Tweede.

Vergeet van alle ander kunsmatige, geskiedkundige verklarings - hierdie is die rede en dit bied aan die vermaledyde Duitse volk die geleentheid om hom self te verlos uit die as en skande van die geskiedenis deur sy bloedfamilie  in sy nuwe beproewing te hulp te snel in plaas daarvan om miljarde te bestee aan miljoene volksvreemdes wat die heimat besoedel.

In dieselfde omgewing waar ons grootgeword het, was die kerk en die godsdiens die hoeksteen van die samelewing ...en die hoeksteen van die kerk en die godsdiens was die geloof dat God 'n God van Liefde is - soos verklaar deur byna elke kanselkleed in iedere kerk.

Fanus Rautenbach se vertelling het dit duidelik gemaak hoe kondisionering 'n mens kan laat dwaal - 'n mens kan eintlik sê dat ons elkeen in 'n kompartement op 'n voortsnellende trein gebore word en volledig in daardie kompartement gekondisioneer en geprogrammeer word tot dit wat jy word.

Baie ingesetenes van die kompartement verlaat dit nooit nie, maar diegene wat in die gangetjie beland, kom agter dat elke rytuig uit baie kompartemente bestaan en 'n trein uit vele rytuie. Dan besef jy dat daar sprake is van 'n hele treinvrag aan verskillende gekompartementaliseerde kondisionerings en dat die toeval van jou geboorte absoluut verantwoordelik is vir die inhoud van jou kondisionering en programmering en dat God waarskynlik allesbehalwe liefde is.

'n Mens hoef maar net na die skeppingsverhaal te kyk:
hoe skep 'n liefdevolle God één, enkele planeet met lewe in 'n kerkhofuniversum van verwoeste en uitgebrande hemelliggame, maar alle lewe bestaan daaruit dat die één die ánder moet vreet - selfs plante leef spreekwoordelik in vrees en bewing daarvoor dat hulle deur mens en dier verorber gaan word; nie gepraat van prooidiere wat lewenslank in angs verkeer dat hulle deur roofdiere verslind gaan word nie. Één ding waarmee ou Charles Darwin darem nie 'n fout gemaak het nie toe hy die titel van sy boek geformuleer het nie:




...veral in die alternatiewe titel - waarom moet die lewe 'n stryd wees?
Kan die God van Liefde as Almagtige Skepper van Hemel en Aarde nie 'n ander beginsel bedink nie, of is dit 'n geval van ...

óf die God van Liefde is nie Almagtig nie, 
óf die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde 
is nie 'n Liefdevolle God nie