Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, May 21, 2019

DIE KOKONPAPIES


Beste Hans van Ginkel

Ek skryf dié ope brief aan jou na aanleiding van hierdie plasing van jou wat my goeie kameraad ( jou Facebookvriend) enkele dae gelede onder my aandag gebring het.

Dit bevestig nie net my geregverdigde wrewel en eksistensiële weersin in die barbare nie, maar het my ook tot ’n ontstellende nuwe insig gebring, veral nadat ek dit onder die titel OM DIE KOKONPAPIES BIETJIE WAKKER TE SKUD aan ’n hoër/laerskoolposlys van ongeveer sestien lede aangestuur het en net mooi geen reaksie daarop ontvang het nie.

Ek het as regsgeleerde besef dat ’n mens hier nie net te doene het met medepligtigheid nie, maar inderdaad met mededaderskap en indien ’n mens onthou dat méér as tweederdes van die blankes “ja” gestem het, dan besef jy hoe weinig mense eintlik “nee” gestem het.

Die “ja-broers” wil ten alle koste probeer vergeet wat tweemiljoen van hulle ’n miljoen van hulle landgenote (om nie te sê “volksgenote” nie) aangedoen het – nie omdat hulle enige empatie voel of hulle gewete hulle kwel nie, want laasgenoemde hét hulle nie – maar gewoon omdat hulle ongemaklik voel wanneer hulle telkens daaraan herinner word dat húlle hande die bebloede mes van die moordenaar na die weerlose keel van hul slagoffer begelei het; die ketel kookwater grotesk oor die hoof van ’n onskuldige vrou gekantel het; met sy eie bebloede hand die moordende hand van die misdaadprimaat ondersteun het wat die boormasjien deur vel en been en senuwee tot in die oog en lewende brein van sy prooi laat beur en skeur het.

Eendag, eendag moet die mot sy afsydige kokon verlaat en sy onontkombare, natuurlike rol van voortplanting vervul – en indien dit alreeds gebeur het – moet hulle hul nakomelinge waarsku teen die verdere voortsetting daarvan, want die misdade van die vaders en moeders sal besoek word aan al hul geslagte daarna, tot in ewigheid…

Amen

Petrus Potgieter