Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, September 15, 2020

"A PICTURE IS WORTH A THOUSAND WORDS"...

 ...maar 'n gedig is 'n duisend prentjies werd...en hier volg drie 

(grafiese) illustrasies (-:


Mensenkermis

 

Een loopgravin roert tederlicht

de snaren van haar bikkelharp.

De graaf doet braaf zijn medeplicht

terwijl een stokpaardje wat notenbalkt.

Een steenkapper knipt korterhand

een kinderkopje knikkerkaal;

een molenaar en zijn gemaal

gaan wentelwiekend door het land.

Een boreale eco-gnoom

gespt boos haar groene gordel om

en konkelfoetert zonder schroom

het tijdsgewricht los uit de kom.

Hapgrage hebgieren cijferen nijver

doen met hun dividenden enkel divideren -

aldus althans de pakkenzittenblijver,

de jansaliegeest uit op clicheren.

Een dichter geeft een boekanier

die de versregels heeft overtreden

gestreng van zijn tongriemkarwats.

In lamlendiglijk bedaagde serviceflats

herkauwen ex-levensatleten hun verleden

en verwezen tot pantoffeldieren.

Voorts: een sherpa en zijn schobbejak,

een luchteling die langzaam overdrijft

en zijn nest bouwt in een sleutelbos.

Een transgendarm zonder matrak,

smoellichamen die niet beklijven -

een goeie vondst maar total loss.

een lanterfant, een waterlander,

een bommenwerpster, een radicale salamist,

een depressiefje en een vooruitgangsfetisjist,

een kattenbakker, een wierookbrander

een kuitschieter, gebenedijd ---

een waterkanshebber die desondanks

deelneemt aan een poëziewedstrijd.

(Freek)


Verspil.

Jy swaai daai ou garaatsdeur oop en loop
jou in gedempte lig olfaktories vas in tyd
met die hand uitgekap en tot stof geloop
ons erfenis om te bou en te boer. Grawe,
rieme, jukke, pype, ou handploeg, ysters,
slypsteen, meulsteen, bankskroef, troffels,
emmers, lees, gesoute vel van ‘n bees, pitte
sonder perke, mielies om nog af te maak,
sakke koring voorwaar voorberei teen droogte,
afval klonte cadbury tjoklits virrie varke
en skroewe, sinke, sement, baie soorte planke,
bokhaarlokke en wolvagte, ou bentwoodstoele,
voermeel, droëperskes, windpompparte,
vurke, vyle, kettings, draadtrekkers, ghries,
lampe verskillende groottes vir die donker nag,
paramfien, wynvat en talle mates en gewigte.
Maar o Gots, geen teenwigte nie! Niks teen
die breekpolitiek nie. Niks teen die winde
van verandering nie. Jy swaai daai garaatsdeur
oop en loop jou olfaktories vas. Ruik die bloed.
Metaal en soet. Gespil. Die beskawing verspil.
(MCP)


Gie vi my ’n baby

Jy vra my eendag wat poetry is
’n Attempt ommie wêreld te contain
in so min woore as moontlik
Toe ek sien jy verstaanie
Het ek ’n quote met jou gedeel
Nie die woore van Alexander Pope
of Walt Whitman ie
Maa die van my vriend Pangatollie,
"My broe ek wil noggie kondom ansit
Daa wys hai goose my, 'Gie vi my ’n baby'
Toe gie ek ha ’n baby, sy willit han hê."
En nou êrens oppie Cape Flats
loep daa ’n klein laitie rond
wie die son, die wind ennie
rien virrie eeste ke gevoel et
Wie honge, fear, pyn, joy,
liefde en haat gan ken
Wie gan liewe en doodgan
Dais poetry, min of meer

(N Trantraal)