Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, June 27, 2019

EWIG & ONMEETLIK

getitel

ek wil jou hê
jy, summa
van die mensdiere
tweebenige
tweespenige koeidier
voed my
jou melk
uit liefde
laat my
jou ledemate
een van die ander
beur
jou vlees
gulsig geniet
onder jou vel kruip
en kreun
in oorgawe
nuwe 
heelalle
lanseer

Tuesday, May 21, 2019

DIE KOKONPAPIES


Beste Hans van Ginkel

Ek skryf dié ope brief aan jou na aanleiding van hierdie plasing van jou wat my goeie kameraad ( jou Facebookvriend) enkele dae gelede onder my aandag gebring het.

Dit bevestig nie net my geregverdigde wrewel en eksistensiële weersin in die barbare nie, maar het my ook tot ’n ontstellende nuwe insig gebring, veral nadat ek dit onder die titel OM DIE KOKONPAPIES BIETJIE WAKKER TE SKUD aan ’n hoër/laerskoolposlys van ongeveer sestien lede aangestuur het en net mooi geen reaksie daarop ontvang het nie.

Ek het as regsgeleerde besef dat ’n mens hier nie net te doene het met medepligtigheid nie, maar inderdaad met mededaderskap en indien ’n mens onthou dat méér as tweederdes van die blankes “ja” gestem het, dan besef jy hoe weinig mense eintlik “nee” gestem het.

Die “ja-broers” wil ten alle koste probeer vergeet wat tweemiljoen van hulle ’n miljoen van hulle landgenote (om nie te sê “volksgenote” nie) aangedoen het – nie omdat hulle enige empatie voel of hulle gewete hulle kwel nie, want laasgenoemde hét hulle nie – maar gewoon omdat hulle ongemaklik voel wanneer hulle telkens daaraan herinner word dat húlle hande die bebloede mes van die moordenaar na die weerlose keel van hul slagoffer begelei het; die ketel kookwater grotesk oor die hoof van ’n onskuldige vrou gekantel het; met sy eie bebloede hand die moordende hand van die misdaadprimaat ondersteun het wat die boormasjien deur vel en been en senuwee tot in die oog en lewende brein van sy prooi laat beur en skeur het.

Eendag, eendag moet die mot sy afsydige kokon verlaat en sy onontkombare, natuurlike rol van voortplanting vervul – en indien dit alreeds gebeur het – moet hulle hul nakomelinge waarsku teen die verdere voortsetting daarvan, want die misdade van die vaders en moeders sal besoek word aan al hul geslagte daarna, tot in ewigheid…

Amen

Petrus Potgieter

Tuesday, April 2, 2019

NOG EEN UIT DIE OUDE DOOS


DIE UILE VAN MINERVA

Lank, lank gelede, toe die uile van Minerva nog gepraat het,
speel 'n kind in die blonde sand van 'n Somerstrand
maak met tipies kinds outisme, strukture in die sand
bou verbete aan sy grootse, vaste burg
'n veilig fort vir naaste, vriende en familie
met gragte, poorte en kantele
'n borswering met 'n magdom parate troepe
bestendig en beskut teen kwaad van vele.
Met Francescaanse oog vir alles
word ieder korrel sand geleding van die lewe
selfs 'n kosmos in sy eie reg
wat beskik oor konings, keisers hoog verhewe
verbind in bondgenootskap en verdrae
vir ewig trou te bly en sy-aan-sy te veg
en wanneer bullebakke af-en-toe sy bousels
op die hooggety se soom vertrap
begin hy weer van vooraf aan en stap vir stap
herrys sy grootse bouwerk weer, maar nou net beter
teen die hang van die donker duin geleë
aan die rand van die eindelose see
wat ongemerk, maar ook onkeerbaar
sig losmaak van die aardse ankers
wat dit bind aan vaste gronde van die avondland
aan die skadukant van dié planeet
en son en maan en alle sterre saam
die eindelose monnikswerk van mensekind
aan die wilde beuk van sy branding onderwerp
tot hy eind'lik sonder seremonie
op die puinhoop van sy sandkasteel weer vind
sy eíe en die toekoms van sy vaste land!

Hillegem
1 Mei 2004

DIE BRITSE JAAP MARAIS

Monday, January 7, 2019

VAN 'N STAL GEPRAAT

Over en ‘t weer (18.12.2018)
Het kouter trekt voor na voor
achter zich door de klei.
Het hobbelt en klieft, nu over, dan door
de kluiten in zijn dichterij.
De beitel schrijft, de ploegschaar splijt
haar vers waarin korrel ontkiemt,
achter het span dat gedwee verder schrijdt,
’t gewoel geduldig dient.
Het slingert alom door deze landen
van ’t godsgeschenk tsjernozjom*,
langs verstenlange akkerranden,
dit beeldige boustrofedon:
aan weerszij van ’t veld de ossen die,
‘vooruit’ als enige drang,
volharden in perfecte puntsymmetrie,
van ’t hek tot de zonsondergang.
Verzekensboer (repliek)
Hoor de gelijkenis!
't Veld wordt “beschreven”, het
vers is een ploegvoor en
humusgrond klei.
Je vleit jezelf, man, wat
jij doet is niets meer dan
kwantificerende
verskeuterij.

*Chernozem

[MCP]

NOG 'N HINGS UIT DIESELFDE STAL

[Raoul De Keyser Séjour, 2001 Oil on canvas, 71x50 cm Collection Jin SATO © Family Raoul De Keyser | SABAM Belgium 2018]

Prosper/Stil geboren

Het stille stof van versteende eeuwen
waait tussen de kieren van mijn bewustzijn door.
In de bovenkamer stapelen zich tot de nok 
vreemde ontheemde dieren
die ik allengs uit het oog verloor
en in mijn hart huist zingend het zoete verdriet
van bange, blanke aap.

Besneeuwde woorden vermogen
niets tegen de rode regen.

Maar zolang jij niet bent
klopt de lust onverminderd in mijn slapen
en pompt met de verzamelde drift van een heel continent
het vuur naar de wintergroene boom in mijn schoot.