Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, December 7, 2014

BYDRAE MET KOMMENTAAR OP 'N gewone TE KOOP/TE RUIL BLAD MET 87,665 LEDE

Nuwe gogga wat kop uitsteek. Taxis ry voor jou. Briek en ry die heletyd. Dan ry een stadiger en jy vat die kans en gaan die taxi verby. Die taxi voor jou gooi jou met n ou met n bierbottel of iets. Dat voorruit skade kry. Sodra jy wil aftrek trek hulle saam jou af om jou te high jack. Wees asb versigtig. As jy kan aan ry ry aan en jaag weg tot tussen mense. Wees versigtig die kerstyd. Pas julle en jul families op.
Like ·  · 

Saturday, November 29, 2014

OPE BRIEF

Beste Steve Hofmeyr

Jy sal dit waarskynlik nie sommer gló nie, maar ek en my gesin ken jou nouliks.
Aangesien ek oorwegend Afrikaner-patriotiese webblaaie besoek, het ek toenemend kennis geneem van jou bestaan, wel & weë en jou Steve-Stem-Innibosvideo


was die finale impuls om my meer oor jou te laat uitvind: ek wou weet wat jou agtergrond is en waar jy vandaan kom.

Só het ek onder andere gewonder of jy miskien familie is van 'n vriendin van my ma in die sestiger/sewentigerjare in Port Elizabeth - sy was tannie Rosemary Hofmeyr en haar man was oom Vella - maar ek kan geen sodanige inligting op die internet opspoor nie.
Hoe meer ek van jou te hore & te siene kry, hoe meer kom ek onder die indruk van jou besonder eerlike lewens- en wêreldbeskouing: dit lyk nie vir my asof jy voorgee om enigiets anders te wees as wat jy ís nie.

Uit die inligting wat ek wél op die internet gekry het, is dit vir my nogal verklaarbaar waarom ons so weinig van jou weet.

Op die stadium wat jou loopbaan begin het, het ons (uit keuse) nie 'n TV by die huis gehad nie en ons moes, byvoorbeeld vir FW de Klerk se kapitulasietoespraak in 1990

'n draagbare TV by 'n destydse kollega leen.
Dié toespraak was nie vir ons die skrif aan die muur nie, maar 'n bevestiging van dít wat ons al sedert 1986 onweerlegbaar vermoed het en waarvan jy híér bevestiging sal kry.

My (Suid-Afrikaansgebore) Vlaamse vrou het ná bogenoemde volksverraadverklaring voorgestel dat ons met ons drie klein seuntjies liewer uitwyk na haar vaderland en ons het dit 'n jaar later gedoen en oorleef nou al byna vier-en-twintig jaar in Vlaanderen, vanwaar ons die "reilen & zeilen" in die Nuwe Suid-Afrika met toenemende kommer volg - indien enigiemand óóit getwyfel het aan die toepaslikheid van die  sogenaamde padda-in-die-potsindroom op die Afrikanervolk, dan moet hy nóú na die Afrikaners in hul kokende borrelbaddens gaan kyk...

My ma wat intussen oud geword het, het altyd gesê: "Koop liewer vir jou die slegste huis in 'n goeie woonbuurt as die beste huis in 'n slegte woonbuurt.
Toe ek destyds by Ibhayi aangestel is, was ek bereid om my solidariteit te bewys deur in die swart woongebied te gaan woon en beide ek & my vrou het Xhosalesse begin neem totdat hulle ons bakkie met klippe bestook het en ek vir my vrou gesê het dis te gevaarlik vir 'n (met ons eerste seun) swanger vrou.

Vandag oorleef ek eerder in 'n bouval in Vlaanderen as in 'n paleis in die lokasie wat die hele Suid-Afrika vandag is... nie alleen fisiek nie, maar veral wat al die ander aspekte betref.

Blý die goeie stryd stry!

Petrus Potgieter 

Saturday, October 11, 2014

KANTTEKENINGE

hospitaalsaal eerstelig

vreedsaam hang hy
helder en onverstoord
'n reddende engel
{ aan die haak geslaan }
terwyl ’t lichtet
overal*
onophoudelik en betroubaar
drup’lend ’n dosyn per minuut
sy likiediamant
in klein fontein
wat onverpoosd syfer
deur dunne nawelstring
in die lawastroom
van die lewe
langsaam ledigend
tot hy – verskrompeld
soos die ouderdom-
na stadig sterwe in die nag
 sy stryd gewonne gee:
die opdrag
is volbrag.


interniste

is dit uitsluitlik uit
professionele storm & drang
dat sy dié elektroniese slang
met spuit & skoop
so sonder heersgenade
deur die endel
van my derm druk
en dan verklaar dat alles
dik in orde is
wyl ek maar kerm & kreun
of is dit dalk
net my geluk
en haar suiwer wraak
naywer en/of argwaan & vermaak
wat haar breëbors, hamelstert
vir my laat boet & sweet
oor alles wat sy al eens
van mans moes sluk…

[SEZZ, 24/09/2014]

Tuesday, October 7, 2014

OM DEUR TE BREEK...


Om deur te breek deur dit wat mense
sien as perk van jou vermoë;
om vas te weet die gees se grense
word bepaal deur wat jy glo;

Om van die wêreld om en in jou
te bewaar vir dié wat kom;
om alles wat die lewe inhou
na te speur tot by die bron.

Om te verfyn wat onvolmaak is,
die gees se vlugte vas te pen;
om aan te gryp wie ongeraak is,
om skerp te kyk en diep te ken;

Om na te streef wat hoog en blink is
en in jou grootheid klein te bly;
om te bepeins wat nooit gedink is
en jou neerlae te bely.

Om voort te gaan as ander ophou,
selfs van vooraf te begin;
om uit die puin weer te kan opbou
en jou neerlae te oorwin.

[Koos du Plessis]


Sedert die aanvang van my ballingskap, is ek uit innerlike bewoënheid besig om die grondveste van my bestaan en lewens- en wêreldbeskouing deurtastend te ondersoek.
Dié disseksie en beskouing fokus onder andere
·  op die aard van my/die lewe;
·  op my synde as sodanig;
·  op my geloof;
·  op my toekomsverwagtinge;
·  op my eie en die identiteit van my volk.

Wanneer ek my afvra: “Wat is (die) lewe?”, en in die antwoord probeer onderskei tussen dinge wat léwe en dinge wat nié lewe nie, dan loop ek my vas, want op ’n kontinuum van “mees anorganiese” of “lewelose” aan die een kant, tot “mees organiese” of “lewendige” aan die ander kant, vind ek geen onderbreking – daar bestaan geen natuurlike (óf “kulturele”) gaping wat dui op ’n oorgang van die anorganiese na die organiese nie.

My synde is, in aardse terme, niks buitengewoons – die aarde, met alles daarop en daarin,LEWE: van die hardste, skitterende diamant tot die onopvallendste, vale mens LEWE!

Nóg is het einde niet: volgens die getuienis van die grootste natuurwetenskaplikes - oor minstens die laaste halfeeu - bestaan daar nêrens in die universum lewe soos wat ons dit ken nie en dit maak gevolglik die aarde uniek in minstens hierdie heelal en elke volk uniek op hierdie aarde en elke individu uniek in iedere volk!

{Soos wat oorlog die voortsetting van diplomasie op ’n ander wyse is, só is “dood”die voortsetting van die lewe in ’n ander (verskynings)vorm.}

[Dit is nié energie wat nie geskep of vernietig kan word nie, eerder lewe.]

Indien dit wáár is, wat word
· van die beweerde heiligheid van die lewe?
· van (byvoorbeeld) fundamentele menseregte?
· van teenkanting teen geweld?
· (wat ís geweld dan?)

Gerard Bodifeé skryf in sy boek, Ruimte voor Vrijheid, dat die groot verdienste van Johannes Kepler en Thomas Hobbes onder andere daarin geleë was dat hulle die werklikheid probeer verklaar het sonder om hul subjektiewe, persoonlike voorkeure daarop af te druk.

Sir Isaac Newton het by geleentheid geskryf (sonder erkenning, soos dit blyk): “If I have seen further it is by standing on the shoulders of giants.”
(Dit lyk vir my asof Newton veronderstel was om erkenning te gee aan Bernard van Chartres, wat gesê het: “We are like dwarfs on the shoulders of giants, so that we can see more than they, and things at a greater distance, not by virtue of any sharpness of sight on our part, or any physical distinction, but because we are carried high and raised up by their giant size.”)

My roeping is egter om vas te stel waarop die reuse staan en wanneer ek daardie basis ondersoek, vind ek ...dat waar ek ook al my voet sit, is water.”
Of soos Ou Oom “Maer” Willem, in die motto van N.P. van Wyk Louw se Swaarte- en Ligpunte, dit stel: “Weet jy jong, ek het nog altyd só ’n beskouing van klippe gehad: daar waar ons meen sit sy swaarheid: daar is dalk iets ligs.”

Wanneer ek my lewe en dié van die aarde met alles daarop en daarin en die getuienis van die (reuse) wetenskaplikes oor die kosmos beskou, dan is dit duidelik dat daar weinig, indien enige, sprake van ’n voltooide skepping bestaan, inteendeel: die "geskape" werklikheid is onophoudelik besig om te verander: om méér werklikheid te word en “orde” of “ordelikheid” steeds minder.

Ek besef dan dat die enigste moontlike sin of betekenis wat daar bestaan, dié is wat ek self aktief aan die werklikheid gee en dat dié onderworpe is aan die reuse skouers waarop ek noodwendig en ongevraagd tereg(ge)kom (het), met dien verstande dat ek ook besef dat die reuse ook maar ’n poging aangewend het om orde en begrip te stig in ’n “chaotiese” werklikheid, wat nog steeds onophoudelik en onstuitbaar verander.

Wanneer ek in al dié onsekerheid my lewe lei/ly, kan ek slegs ’n gekwalifiseerde peiling op die reuse neem ... ’n terugpeiling op my afkoms en geskiedenis… en ’n vooruitpeiling op my doel. Op dié wyse vind ek my posisie in ’n wanordelike universum.

... en in pragtige, perfekte Ptolmaïse konsentriese sirkels brei dié insig uit van mý na my gesin, na my volk en verder na dié wat wíl...

O Wye en Droewe Land

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;

eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om ’n ander diens
soos knegte jou verlaat.

Sal nooit ’n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ’n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;

’n grootsheid van so suiwer glans,
dat mense in ’n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
óp uit jou see se wit gevaar?

[N.P. van Wyk Louw]