*Dankie Vader Dis Maandag
My liewe Henriette
Dankie vir jou antwoord wat nie net 'n herinneringestorting veroorsaak nie, maar ook 'n aanstigting is tot geheuesteunrekonstruksie van die verlede waarmee ek, onder andere, bedoel dat ek nie uit eie beweging sou onthou dat jy óók, saam met Ingrid Burnett, kunsgeskiedenis gedoen het nie en dat ek heel moontlik destyds gedink het: "Watter nuttelose vak..." vergeleke met "regte" geskiedenis en kyk hoe het die wiel inmiddels sodanig gedraai dat kuns en kunsgeskiedenis vandag waarskynlik die enigste betroubare bron van geskiedskrywing verteenwoordig, aangesien kuns en skepping byna ál sinvolle menslike gedraginge is wat daar in 'n verwarde wêreld oorgebly het.
Ek soek die ou geskiedenisboek as geheuesteunrekonstruksiehulpmiddel met die verwerking en boekstaaf van ons "onlangse" besoek aan Suider-Afrika, wat moeiliker is as tevore en ons het nog nie eers Pierre-se-Pole betree nie...
...toe die halwe maan
en sy jukstaposisionele ster
gist'raand oënskynlik
'n perfekte parallelogram
op my kantoorvloer vorm
dwaal my gedagtes t'rug
op vér paaie
en diep 'n klasbriefie op
wat kosbaar soos 'n herfsblaar
uit vervloë dae dwarrel...
Ek sit elke dag 35 min lank
vasgetangens in my bank.
Voor in die klas staan 'n boer
wat my wiskunde probeer voer
Ek kwadreer my vreugdes
en vind die logaritme van
my verdriet
(...en ek wonder of Thea se ma vir André toe kommunikatief opgespoor het...)
Na lank se wik en weeg het ek toe maar op die pyltjie van jou DVD geklik......
ReplyDeleteDaai pers skirtjie het vir my maar alte lossies gesit en was ek benoud dit sou met een van die tokkels los raak en af val ! Jy het dit seker met 'n speldjie aan die binnekant ook vas gemaak vir veiligheid ?
Eintlik het ek meer gewonder waarom die naam van hierdie blog ? Ek reken daar is maar min mense wat weet wat is 'n mierleeu en seker nog minder wat weet dat dit die voorloper van die volwasse vorm is van iets wat soos 'n naaldekoker lyk, (maar nie is nie)aangesien sy naam mierleeu bly- seker net mnr of mev om sy volwassenheid aan te dui..... Blog jy oor wat jy skryf eersdaags gaan verander - soos die geskiedenis in die matriek boek, of omdat jy skryf met gevleuelde woorde soos oom Oubaas dit destyds genoem het ? Ek sien egter jy hou nie daarvan om punte(dis nou fullstop) in jou sinne te gebruik nie, en wonder ek of jy ook so praat- sonder om asem te haal.....?
Ek hoop darem dat julle die besoek aan Suid Afrika geniet het, maar dit hang seker af van hoe lank gelede julle vorige besoek was ? Geniet in elk geval die aand waar jy ook al nou is - groetnis uit die Baai