GRENSOORLOG / BORDER WAR 1966-1989-FB-Groep en ons was beide teleurgesteld dat
Willem Ratte sy dreigement om die bydrae te verwyder, inderdaad uitgevoer het,
aangesien dit nie veel gebeur dat twee (relatief) bekende senior offisiere gelyktydig aan
dieselfde gesprek deelneem nie en ons het dit as 'n gulde geleentheid beskou vir die twee om in 'n dominansiekragmeting te toon wat daar in hulle steek, maar tevergeefs.
Ons is beide van oordeel dat die oorgrote meerderheid van grensoorlogleiers skreinend en
skandelik skitter in hul afwesigheid op 'n tydstip dat die volk hunker en smag na taktiese en strategiese leierskap in 'n situasie wat nie net hagliker as óóit tevore in ons geskiedenis is
nie, maar letterlik gevaarliker as die grensoorlog sélf en dít nie vir soldate nie, maar vir die
burgerlikes (oumense, vrouens en kinders) vir wie se veiligheid ons beweer ons destyds gaan veg het...
Enigiemand wat die gesprek wil voortsit, is welkom om dit in die kommentaarafdeling hier
te doen, maar lees gerus die kommentaar wat rééds gelewer is om nie in onnodige herhaling
te verval nie:
"Willem Ratte
Veterans
Day, oftewel Anzac Day, in Perth, Australie, 2015. Hierdie foto is geneem deur
'n vriend. Let op die Rhodesiese vlae, trots onhoog gehou, respekvol bejeen
deur die Australiese toeskouers. Trouens, die mense juig hulle blykbaar toe as
hulle met hulle Groen-en-Wit verbybeweeg. Agter hulle, volgens hom, het 'n
klomp Suid-Afrikaners ook gemarsjeer as veterane. NIE EEN HET ONS VLAG VERTOON
NIE. Hulle het blykbaar een in hulle MOTHS, binne, maw weggesteek, maar nie een
tydens die optog nie. Wat se dit vir ons? Ek is jammer, maar vir my se dit ons
wittes wat daar in Australie marsjeer is lafhartig en/of dom, en, ja, vals.
Want as jy nie kans sien om die vlag waaronder jy geveg het omhoog te hou
tydens 'n veterane optog nie, - wat soek jy dan daar? As jy jouself skaam vir
ons vlag waaronder jy teen terrorisme baklei en gesweet en dalk gebloei het, -
en dit in 'n ander land, waar die Azaniese regime met sy Boere-haat geen gesag
het nie, en waar daar so baie van ons mense langs die pad staan, - dan het jy
mos geen REG om as veteraan daar te loop nie. As jy die k@k en stront glo van
'apartheid-vlag' en dat ons vir 'n slegte saak en teen goeie vryheidsvegters
geveg het, dan IS jy mos 'n krimineel en misdadiger en lelike onderdrukker, -
wat de donder soek jy dan by 'n eerbare veterane optog????????
No comments:
Post a Comment