ecce
homo
aanskou
die mens met sy moeë voorkop
vasgedruk
teen die drie-dubbele koue ruit
staar
hy deur die termiese versperring van argon, kripton of xenon uit
want
sy wêreld is so verskriklik warm, ‘n perfekte fokop
bring
vir hom ‘n ou hubble
want
hy soek in hierdie benoude uur
in
die diep kobalt blou tinktuur
na
‘n nuwe koel ligblou bubble
hy soek ver, baie ver, 63 ligjare ver
na ‘n
nuwe gelukkiger ster
maar
al wat hy vind
is
eksoplaneet hd189733b
maar
dis sonder water of ‘n see
en
het net ‘n 7000 km/h hipersoniese wind
omvou
in ‘n ongasvrye 1000˚C gasagtige newel
die
enigste wat daar blink reën, is die kurkdroë kieselsteen
o my
God, ons het U én die aarde vermoor
dis
al gebed nou oor, om te prewel
(12-07-2013)
[Chris Potgieter]
No comments:
Post a Comment