...en lees veral die kommentaar...
Weer tyd vir quo vadis?
2013-06-15 23:14
Ton Vosloo
NP van Wyk Louw herinner ons dat ’n oop gemeenskap jaloers verdedig moet word, skryf Ton Vosloo.
Vanjaar is nie net die 175ste herdenking van die begin van die Groot Trek nie, maar ook die eerste van ’n rits ander herdenkings.
Die Vrouemonument in Bloemfontein is vanjaar 100 jaar oud; volgende jaar herdenk ons die Rebellie van 1914 en nader aan eie huis vier Naspers en Die Burger in 2015 hul 100ste bestaansjaar. In 2016 is die Helpmekaar-studiefonds ’n eeu oud en in 2017-’18 bereik Santam en Sanlam dié mylpaal.
In daardie tydperk van ’n halfdosyn jaar – sê nou maar van 1912 tot 1918 – het aardskuddende dinge gebeur. Ná die Anglo-Boereoorlog, in 1902, was die Afrikaners ’n verslane volk, maar ’n dekade later beur hulle boontoe op ’n ongekende skaal.
Ons sou nie vandag kon praat oor Afrikaner-sake as dit nie was vir die erfenis van daardie gerf goue jare nie.

Ek was ’n Oos-Kaapse seun van 12 toe gasvrye Transvalers by wie ek gedurende die skoolvakansie gekuier het my saamgeneem het na die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949. Ek onthou hoe ek in die bloedige son in die amfiteater my verkyk het aan die skare (en nie veel van die baie toesprake ingeneem het nie).
Onder die sprekers was ’n hoogs bejaarde, ronde man met ’n dik bril en ’n diep, sonore stem. Van sy toespraak onthou die meeste van ons net die woorde: Quo vadis, Afrikaner, waar gaan jy heen?
Met die 175ste herdenking van die Groot Trek is dit gepas om weer die lig te laat val op die vraag wat dr. Daniël Malan, ’n volksorator as daar ooit een was, daardie dag gevra het – en sy toespraak ook te stel teenoor die digter-skrywer-filosoof, NP van Wyk Louw, in wie se eer die FAK hierdie lesingsreeks ingestel het. Louw stel ek aan u voor as die Afrikanervolk se gewete, ’n man met diepe insig wat die ligte gesel van die pen gebruik het om ongemaklike vrae aan die Afrikaner en sy leiers te stel, soos die kwessie van voortbestaan in geregtigheid.
Die afgelope 20 jaar het die Afrikaner-gemeenskap die grootste omwenteling sedert die begin van die Anglo-Boereoorlog in 1899 ondergaan. Ons sekuriteit en solidariteit is onder ons uitgeruk deur die afstanddoening van apartheid in 1994.
Vandag is dit maklik om Malan en die Afrikaner-leiers te kritiseer. Maar ’n mens moet altyd onthou om mense in die tydsraamwerk waarin hulle geleef het te beoordeel.
Luister net na die gewig en impak van Malan se boodskap destyds. Dis diep godsdienstig, gegrond op die verhaal van Petrus wat, vlugtend van vervolging, sy Heer ontmoet en ’n tweede keer verloën. As Petrus vir Jesus vra waarheen hy gaan, antwoord Hy: “Terwyl jy my die tweede keer verloën, gaan ek Rome toe om die tweede keer gekruisig te word.” Petrus het toe omgedraai en sy Heer gewillig laat kruisig.
Dr. Malan maak dié Bybelverhaal met die volgende hamerslae van woorde op die Afrikaner-volk van toepassing: “Hierdie monument staan hier vir die Voortrekkers se nagedagtenis en huldiging. Maar dit staan langs die Pad van Suid-Afrika ook vir u en vir u nageslag. Dis u quo vadis-heiligdom, Afrikaner, nou en deur al die toekomstige geslagte heen! As u wegdwaal van die Voortrekker-gees en -gedagte, as u die Voortrekkers wat u vandag huldig met die daad verloën en opnuut kruisig?.?.?. as daardie sielsdeursoekende vraag hom dan aan u opdring: Afrikaner, quo vadis, waar gaan jy heen?
“Staan dan stil, en draai terug! Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale; terug na die pad wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; terug na die volksaltaar waarop u offers moet lê, en as dit geëis word, ook uself as ’n offerande...”
Ná daardie lofwaardige woorde moet ’n mens ook die konteks onthou waarteen die eerste minister leiding gegee het. Sy woorde net vóór dié roerende slot was: “Wat dreigend voor u staan, is niks minder nie as moderne en uiterlik beskaafde heidendom sowel as versinking in semi-barbarisme deur bloedvermenging en die disintegrasie van die blanke ras.”
Dr. Malan het destyds namens seker 90% van wit mense in Suid-Afrika gepraat. Hy het ’n beleid onderskryf wat gebou was op naakte blanke baasskap en wit oorheersing. So kort ná die uitwissing van die Nazi’s se rasse-orde, het die Afrikaner jou waarlik ’n nuwe orde van wit oorheersing ingevoer in die naam van apartheid, later verbloem met eie-selfstandigheid en ander eufemismes vir skeiding.
Tog was daar lank vóór 1949 profete wat getwyfel het aan ’n beleid gebou op oorheersing van die minderheid oor die stemlose meerderheid.
NP van Wyk Louw was sekerlik die prominentste Afrikaner-denker van sy tyd. Hy het betoog: ’n Krisis vir die Afrikaner-volk sou wees as ’n groot deel van ons mense daaraan sou begin twyfel of ons as volk moet voortbestaan. ’n Tweede fout sou wees as ’n groot deel van ons volk sou meen ons hoef nie in geregtigheid met ons mede-volke in Suid-Afrika saam te leef nie. Hierdie voortbestaan in geregtigheid was die leitmotiv van Louw se denke oor die voortbestaan van die Afrikaner.
Oor onderlinge omgang skryf hy: “Ons sal eenvoudig moet leer – of geleer word – wat die stel reëls is waarbinne ons mag praat oor ander volke wat ons landgenote is, en die reëls van wat die uiterste grense is waarbinne ons mag optree wat hulle betref.”
Oor die geregtigheidskwessie is ons deur die wêreldmening skuldig bevind. Dis waarom ons in 1994 self deelgenote was aan ’n nuwe bestel. Dié besluit het ons geleidelik ons tradisionele wydsheid van ruimte ontneem. Ons is ons selfbeskikking in ongeregtigheid kwyt deur een van die groot strominge van die moderne wêreld: anti-rassisme.
U weet wat is ons rol in die huidige Suid-Afrika. Ons is ’n minderheidsvolk in ’n oorweldigende meerderheid wat ons eintlik net duld. Ons het nie meer ’n kitaar om te slaan nie.
Hoe hanteer ons die situasie?
Duisende het al die land verlaat en dis ’n groot tragedie. Vir ons wat nie wil trek nie, vir ons wat die grondwetlike waardes van die Grondwet deel, is daar twee opsies: Aanvaar as wetsgehoorsame burgers die verkragting van die Grondwet, die reg en ons vryheid. Of staan wakker en mobiliseer teen alle vergrype van ons burgerregte.
Ek skat nie almal hier het mooi dinge te sê oor oudpres. FW de Klerk se besluit tydens sy ampstyd nie, maar die beste ding wat hy in my oë sedert daardie tyd gedoen het, is die stigting van die Sentrum vir Grondwetlike Regte. Dit word professioneel bedryf en werk ten behoewe van alle burgers van die land.
Daar is ook ander instansies soos Solidariteit en liggame wat veg vir die reg op Afrikaans in die onderwys. Ons probeer in die media Afrikaans uitbrei, soos met kykNET, Afrikaanse koerante en tydskrifte, Afrikaanse boeke en Afrikaanse feeste met ligter en swaarder dinge.
Ek sien in die FAK se besluit om die Voortrekkers van 175 jaar gelede te herdenk ’n embrio van ’n nuwe samehorigheid onder Afrikaners van alle kleure en herkomste. Die gerf herdenkings wat voorlê om skeppings van 100 jaar gelede te herdenk, sal daardie samehorigheid stukrag gee.
My wenk, sou u vra wat óns dan kan doen, is eenvoudig: Ons kan en wil nie onderhoriges in ons eie land wees nie. Kom ons dra by. Sluit aan by of steun net een item van belang vir ons gesamentlike voortbestaan. Ons deel hierdie strewe vrywillig met ander.
Laat ons ’n konstruktiewe bydraer wees tot ’n beter en onkreukbare samelewing. Versterk dít wat ons toekoms op vaster voet plaas.
Ons het ’n oop gemeenskap en moet daarom Van Wyk Louw se woorde onthou: “Die oop gemeenskap, die ware demokrasie, moet jaloers waak oor sy oopheid.”* Ton Vosloo is lid van die direksies van Naspers en Media24. Hierdie is ’n geredigeerde weergawe van die NP van Wyk Louw-gedenklesing wat hy Donderdag by die Voortrekkermonument gelewer het.

Maka Drama - Junie 16, 2013 om 00:17
Die skrywer besing die feit dat "Ons probeer in die media Afrikaans uitbrei" maar as 'n mens Naspers en Media24 (van wie die skrywer 'n direkteur is) bel word jy in Engels begroet, en verskeie kere is 'n vraag van my in Afrikaans in Engels beantwoord.
Kan ek dan ook die vraag van die skrywer vra "Quo Vadis Naspers en Media24 ten opsigte van Afrikaans in julle werkplek ?
Ton se idee om die huidige herdenking aan DF Malan se "quo vadis"-vraag te koppel het meriete en enkele waarheidsmomente indat van die dinge wat Malan gese het nou werklikheid geword het en die vraag soveel te meer dringend is.
Maar in sy betoog maak Ton minsten 3 feitefoute en ook 3 denkfoute wat sy boodskap ongelukkig laat skipbreuk ly.
Feitfout 1: Die NP van '48 se beleid was nie "baasskap" nie. Ton weet net so goed soos ek dat die konsep van apartheid sy beslag in die Sauer-kommissie gekry het en die kernwoord wat daar gebruik is, was "voogdyskap" wat in die kommissie se bevindinge self uitgestippel is na aparte vryhede vir die verskillende volkere - en "ontvoogding" van daardie voogdyskap. Die term "baasskap" was dalk in die agterkop van enkeles - as ek reg onthou het selfs Hans Strijdom dit gebruik - maar eintlik was dit die NP se vyande en veral die Engelse pers en trawante wat dit daardie skelnaam gegee het.
Feitfout 2: "daar is in 1994 van apartheid afstand gedoen". Dis doodgewoon nie waar nie - daar is reeds in 1983 amptelik en formeel van apartheid afstand gedoen met die aanvaarding van die nuwe bedeling se grondwet in 'n referendum. En eintlik is daar al in die laat sewentigs afstand daarvan gedoen toe PW Botha en die Kaapse kliek beheer van die NP oorgeneem het op bedrieglike en onderduimse wyse.
vervolg
Daar bestaan nie so iets soos "Afrikaners van alle kleure" nie. En het nooit bestaan nie. Bruines wil nie Afrikaners wees nie - selfs wit Afrikaanssprekendes - veral in die Kaap - ook nie!
Die feitefout spruit uit die denkfout dat almal wat Afrikaans praat Afrikaners is. Dit is 'n politieke EN 'n volkekundige denkfout. En daar is geen samehorigheid nie!
Denkfout 2: Van Wyk Louw het wel vrae gestel, maar dit was nie wat die Afrikaner laat vou het nie. Dit was die godsdienstige aanslag van Heyns en Bey Naude en kie tesame met die politieke sluhede van Pik en PW en toe gesteun deur die lamsakkigheid van 'n handvol akademici en 'n magsugtende Naspers wat die ondergang van die Afrikaner beklink het.
Denkfout 3 (en selfs 'n feitefout): "Laat ons ’n konstruktiewe bydraer wees tot ’n beter en onkreukbare samelewing....Ons het ’n oop gemeenskap en moet daarom Van Wyk Louw se woorde onthou: “Die oop gemeenskap, die ware demokrasie, moet jaloers waak oor sy oopheid.”
Ons het NIE 'n oop gemeenskap nie - ons het eerder een van die mees geslote en bekrompe gemeenskappe ooit.
En die bewindhebbers stel nie in die minste belang in ons "konstruktiewe" bydrae nie - jy aanvaar hulle en stem vir hulle of jy is uitgewerp in die buitenste duisternis.
Jammer, Ton, maar jou feite en denke skiet ernstig te kort!
Jy sal opmerk dat ek nog nie 'n antwoord op my bostaande navraag ontvang het nie - dit kan tog nie so moeilik wees as die toespraak só onlangs geskryf en voorgedra is nie...
En ek het haar 'n opduimpie gegee! **** [Billike kritiek teen haar gasheer op wie se blaaie sy rondkuier kan nog toegelaat word, maar nie persoonlike beledigings teenoor skrywers nie. Weer eens, verwys asseblief na Rapport se kommentaarbeleid - webred.]
Uit die kommentare in die algemeen sowel as die bogenoemde kommentare in die besonder, is dit vir my baie duidelik dat daar 'n loskoppeling (disconnect) tussen Rapport en (minstens) sy aanlynlesers is.
Dit herinner my 'n bietjie aan die verskynsel waar 'n rugby- en/of sokkerklub die ondersteuning van sy ondersteuners verloor - almal wéét waar dít gewoonlik eindig...
Dit is ook téén "webred" se beterwete in dat hy/sy te kenne gee dat "'n (aanlyn)leser 'n gas is wat goedgunstiglik in 'n webtuiste mag kuier" - die stelsel van trefslae, advertensies, diensverskaffing, en dies meer beteken dat daar weldeeglik betáál word, al is dit onregstreeks.
Ten slotte weerhou ek my daarvan om te verwys na fundametele menseregte soos vryheid van meningsuiting, demokrasie en doodgewone ferplie ;-)
Die artikel/toespraak van Ton het my daaraan laat dink. Hy gebruik die regte woorde, maar stel hy werklik belang in Quo vadis, Afrikaner? Ek twyfel. Daarom al die feite en denkfoute Thys. (Ter loops, ek het nie 'n probleem as party ouens nie christene is nie, of hulle losmaak van die Afrikanersaak nie. Ek het wel'n probleem met charades).