Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, March 22, 2021

VIR KAREN NORTHSHIELD

 

presies ’n ewigheid en sewe dae

ná die aanvang van die dolksteekpyn

verseker dié infanterie-instrukteur jou:

die beserings waaronder jy vandag nog ly

klassifiseer wel deeglik onder oorlogswonde.

 

ongevraag en ongesien dra jy die littekens van die lewe

sonder oorkonde of lint as medaljes op jou lyf

en uiteindelik is dit net jy wat weet

dis nie goud of silwer of brons wat meet

hoe mateloos heldhaftig mens is nie,

maar uitsluitlik jou wíl om te oorwin.

 

wanneer jy in die eensame, klein ure van die nag

nie genoeg sye het om op te lê nie

is jou worsteling in die bedding van die Jabbok

nie teen mense nie, maar teen bose geeste in die lug

 

en uiteindelik is al wat bly

jou deursettingsvermoë en jou wilskrag

waarmee jy eksponensieel

die krag van andere laat groei

 

en jy geen deel vorm

van ’n bende lamlendige meelopers

die ewige slagoffergespuis,

maar ’n lid word van die korps van

 

ONOORWINLIKES

 

Sunday, January 10, 2021

DIE TOTALE AANSLAG

Wanneer 'n mens die volgende, duidelike bydrae van die Suid-Afrikaanse natuurwetenskaplike, dr. CMvG, lees:

IS DIE HUIDIGE DRASTIESE TOENAME IN ELEKTRO-MAGNETIESE RADIASIE GEVAARLIK?

Deur dr.CMvG
Ek meet die energie vanaf die selfoontorings self met 'n Trifield TF2 meter. Dit is nie gerugte nie. Dit is die energieveld wat jou tref en nie soseer die frekwensie op hierdie stadium nie. Naby torings in Nylstroom en Pretoria tel ek 650 - >20 000 mW/m2 op! Dit sal nie net vog op die longe kan veroorsaak nie maar selfs direkte somatiese kankers, soos breinkanker. Die riglyn is dat dit < 200 en liefs < 50 mW/m2 moet meet. Hierdie is 'n gevaarlike wapen en die zombie-regering het nie 'n idee waaraan hul ons uitverkoop het met die WHO-Gates virus-klug nie. Ek is self omgewingswetenskaplike en mikrobioloog /viroloog en glo om te weet moet jy maar meet. Maar diegene wat graag vreemde mRNA agenda inenetings wil ontvang vir 'n tot hedentoe ongeisoleerde virus gaan voort en kom oor wat jy wil maar bly net weg van my en my geliefdes!!! I am so tired of trying to save stupid people from political, religio-theological, medical and economic fraud and there is always only that tiny 2.5% thinkers who came to the same conclusion. History has shown how gullible sheople are and how dangerous they can become once they are being paid to oppose truth..."

...dan klink die stellings wat in die "SAID A SPIDER TO THE FLY"-video gemaak word nie meer so vergesog nie:


...en as jy in nog méér belangstel, gaan lees die boek of kyk die fliek en sien hoe het fantasie realisme geword:





Tuesday, September 15, 2020

"A PICTURE IS WORTH A THOUSAND WORDS"...

 ...maar 'n gedig is 'n duisend prentjies werd...en hier volg drie 

(grafiese) illustrasies (-:


Mensenkermis

 

Een loopgravin roert tederlicht

de snaren van haar bikkelharp.

De graaf doet braaf zijn medeplicht

terwijl een stokpaardje wat notenbalkt.

Een steenkapper knipt korterhand

een kinderkopje knikkerkaal;

een molenaar en zijn gemaal

gaan wentelwiekend door het land.

Een boreale eco-gnoom

gespt boos haar groene gordel om

en konkelfoetert zonder schroom

het tijdsgewricht los uit de kom.

Hapgrage hebgieren cijferen nijver

doen met hun dividenden enkel divideren -

aldus althans de pakkenzittenblijver,

de jansaliegeest uit op clicheren.

Een dichter geeft een boekanier

die de versregels heeft overtreden

gestreng van zijn tongriemkarwats.

In lamlendiglijk bedaagde serviceflats

herkauwen ex-levensatleten hun verleden

en verwezen tot pantoffeldieren.

Voorts: een sherpa en zijn schobbejak,

een luchteling die langzaam overdrijft

en zijn nest bouwt in een sleutelbos.

Een transgendarm zonder matrak,

smoellichamen die niet beklijven -

een goeie vondst maar total loss.

een lanterfant, een waterlander,

een bommenwerpster, een radicale salamist,

een depressiefje en een vooruitgangsfetisjist,

een kattenbakker, een wierookbrander

een kuitschieter, gebenedijd ---

een waterkanshebber die desondanks

deelneemt aan een poëziewedstrijd.

(Freek)


Verspil.

Jy swaai daai ou garaatsdeur oop en loop
jou in gedempte lig olfaktories vas in tyd
met die hand uitgekap en tot stof geloop
ons erfenis om te bou en te boer. Grawe,
rieme, jukke, pype, ou handploeg, ysters,
slypsteen, meulsteen, bankskroef, troffels,
emmers, lees, gesoute vel van ‘n bees, pitte
sonder perke, mielies om nog af te maak,
sakke koring voorwaar voorberei teen droogte,
afval klonte cadbury tjoklits virrie varke
en skroewe, sinke, sement, baie soorte planke,
bokhaarlokke en wolvagte, ou bentwoodstoele,
voermeel, droëperskes, windpompparte,
vurke, vyle, kettings, draadtrekkers, ghries,
lampe verskillende groottes vir die donker nag,
paramfien, wynvat en talle mates en gewigte.
Maar o Gots, geen teenwigte nie! Niks teen
die breekpolitiek nie. Niks teen die winde
van verandering nie. Jy swaai daai garaatsdeur
oop en loop jou olfaktories vas. Ruik die bloed.
Metaal en soet. Gespil. Die beskawing verspil.
(MCP)


Gie vi my ’n baby

Jy vra my eendag wat poetry is
’n Attempt ommie wêreld te contain
in so min woore as moontlik
Toe ek sien jy verstaanie
Het ek ’n quote met jou gedeel
Nie die woore van Alexander Pope
of Walt Whitman ie
Maa die van my vriend Pangatollie,
"My broe ek wil noggie kondom ansit
Daa wys hai goose my, 'Gie vi my ’n baby'
Toe gie ek ha ’n baby, sy willit han hê."
En nou êrens oppie Cape Flats
loep daa ’n klein laitie rond
wie die son, die wind ennie
rien virrie eeste ke gevoel et
Wie honge, fear, pyn, joy,
liefde en haat gan ken
Wie gan liewe en doodgan
Dais poetry, min of meer

(N Trantraal) 

Sunday, September 1, 2019

MEES ONLANGSE E-POSWISSELING

"Van: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: Ma. 26 Aug. 2019 om 14:57
Subject: SWART IS DIE NUWE ORANJE
To: <pearsonarium@googlegroups.com>, <1973uperegte1@yahoogroups.com>


Ek sou wou beweer dat dit hier ’n kleurryke tradisie is dat mense in die Lente en Somer malvas in blombakke op hul vensterbanke plaas.

Om een-of-ander rede is kappertjies en varkore, wat in Suid-Afrika so welig op ashope groei, twee van my gunstelingblomme en het Ingrid verlede jaar van beide geplant en van die kappertjiesade vanjaar ook in ’n vensterbankbak geplant.

In die blombak, onder die vensterbank, het die kappertjies vanself weer opgekom. Die vensterbankkappertjies het nie op hulle laat wag nie en ek het hulle vordering byna van uur-tot-uur gevolg aangesien hulle op die vensterbank by die skottelgoedwasbak staan waar ek daagliks heelwat produktiewe dinktyd deurbring.

Ek het dus vroeg-vroeg opgemerk  toe enkele swart (blad)luise hulle op die kappertjies tuismaak en die nodige remediëringstappe geneem.
Alles inaggenome het die kappertjies daarna goed gevorder tot hulle begin blom het toe daar weer van die swart luise verskyn, maar nou was daar soveel bye (hommel en ander) wat die kappertjieblomme besoek dat ek dit nie wou waag om weer gif te gebruik nie en ek het die natuur maar sy gang laat.

Intussen is die vensterbankkappertjies daarmee heen; gelukkig het die omhooggevalle swart luise nie neergedaal na die kappertjies in die blombak op die grond nie, soos die foto aantoon:

kappertjies.jpg



…en aangesien ek aangetoon het dat ek nie teen oranje diskrimineer nie, boekstaaf ek graag die volgende:

 Al bly die "Oranje-Blanje-Blou" nog steeds vir my die mooiste van alle vlae, weet ek gelukkig vandag dat die "prinslike oranje" strydig is met die republikeinse vryheid- en onafhanklikheidstrewe van die Boere. Verder het ek nog steeds 'n hekel aan, renons in en afkeer van die walglik-etterende oop wond van die "rooi, wit en blou, Engelse gebrou" wat die vlag ontsier.
Hieronder 'n kommentaar wat ek onlangs op 'n Vlaamse blad geplaas het:

 "Dit is onder andere te danke aan die klein getalle mense wat destyds betrokke was dat die vroegste geskiedenis van die Europese nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop só helder en duidelik is:

Die landbouers/boere wou van meet af aan onafhanklik, selfstandig en vir eie rekening boer en het hulle in die mate van die moontlike (letterlik en figuurlik) gedistansieer van die maghebbers van die dag – die destydse (eerste) multinasionale korporasie met name die VOC .
Die boere was natuurlik in ’n goeie posisie om selfstandig en onafhanklik te wees aangesien hulle selfonderhoudend was.

Soos wat hulle dieper die binneland ingetrek het, was daar altyd die besef dat dit nie sonder ordening kon plaasvind nie en loop die stigting van nuwe republieke soos ’n goue draad deur hulle geskiedenis:

Hulle is egter telkens gefnuik in hul drang na onafhanklikheid, selfstandigheid en selfregering tot hulle dit uiteindelik, finaal op suiwer staatkundige  wyse in 1961 met die stigting van die Republiek van Suid-Afrika kon realiseer.
Daar was egter ’n paar vlieë in die salf, te wete ’n aantal Bantoevolkere.

Die regering het met The Natives Land Act (Wet nr 27 van 1913) as basis, besluit op ’n beleid van afsonderlike ontwikkeling waardeur daar aan die tien Bantoevolke elk sy eie, onvervreembare tuisland gegee sou word waar hulle elkeen onafhanklik en selfstandig selfregering sou hê.
Die fatale fout wat hulle gemaak het, was om nie ’n soortgelyke gebied vir die Boerevolk te reserveer nie en dit het van die res van Suid-Afrika ’n gemeenskaplike gebied gemaak.

Vóór die implementering van die kapitulasie-ooreenkoms tussen die (inklusiewe) Nasionale Party en die ANC moes daar eers nog ‘n (blanke) verkiesing plaasvind, maar dié het tussen neus en ore verdwyn omdat die NP geweet het dat hulle dit kan verloor aangesien die Konserwatiewe Party reeds die oorwinning behaal het in die ou Boererepublieke.
Ofskoon baie groot dele van die Suid-Afrikaanse grondgebied die privaat eiendom van blankes is, is daar nie ’n enkele vierkante meter wat staatkundig en staatsregtelik die eiendom van die Boerevolk is nie.

Ek het ’n hele aantal ampsdraers van die KP probeer oorreed om die Boererepublieke eensydig onafhanklik te verklaar, maar tevergeefs. Analoog hieraan het ek ’n aantal ampsdraers van die destydse Vlaams Blok probeer oortuig om af te sien van Brussel as hoofstad van Vlaanderen en Vlaanderen so spoedig moontlik eensydig onafhanklik te verklaar – my gedagtes is met hoongelag ontvang.

Ek is vandag van mening dat Vlaamse Volksnasionaliste (in en van alle partye) allermins op ‘n 2024-verkiesing moet pyltrek – dit kan ook tussen neus en ore verdwyn.
Die Vlaamse Volksnasionaliste moet daarop konsentreer om die Wes-Vlaminge met hul gesonde boereverstand vir hulle saak te wen en minstens Wes-Vlaanderen as ’n Vlaamse tuisland probeer bewaar voordat julle alles verloor soos die Boerevolk in Suid-Afrika.

Die skrif is aan die muur.”"
________________________________________

"Van: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: Vr. 30 Aug. 2019 om 11:03
Subject: Re: [1973uperegte1] SWART IS DIE NUWE ORANJE
To: <1973uperegte1@yahoogroups.com>, <pearsonarium@googlegroups.com>


Die weinige weerwerk van die “poslyste” is natuurlik ’n onteenseglike stelling op sigself

image.png

Dis nou behoudens die poging van die advokaat wat lid is van die  alphabet-soup diagnoses that includes ADDADHD, and AC/DCAll of these may be subsidiaries of the generic class of Spoiled Child Syndrome, wat my daarop wys dat:

“" Vóór die implementering van die kapitulasie-ooreenkoms tussen die (inklusiewe) Nasionale Party en die ANC moes daar eers nog ‘n (blanke) verkiesing plaasvind, maar dié het tussen neus en ore verdwyn omdat die NP geweet het dat hulle dit kan verloor aangesien die Konserwatiewe Party reeds die oorwinning behaal het in die ou Boererepublieke."

Wat was die referendum anders as juis dit?

…,maar dit is om nie rekening te hou met die “BCC-korrespondente” nie!

Dankie vir die “voice note” van en navraag oor Wynand du Toit (en die Suidlanders).

Ek en Frederick is in April 2007 na Suid-Afrika vir my oorlede ma se 80ste verjaarsdag. My en Ingrid se ou UPE-klasmaat het ons op die Baaise lughawe kom haal met sy Mazda-bakkie en goedgunstiglik Jeffreysbaai toe gevat –waarvoor nogmaals dankie.

Hy het ’n tyd lank op Patensie grootgeword en het die wêreld daar goed geken,  so-ook nog mense…en voorgestel dat hy my en Frederick op ’n uitstappie neem na mense wat in die distrik woon. Ek sou beweer die pad is ’n aks erger as die een van Moederzoonskraal af Vogelfontein toe, maar dit was nie ’n probleem vir my nie, aangesien dit relatief kort na die moord op Johan Heyns was. “Kaalvoet” Thysie de Villiers was ’n verdagte in die saak en die hele land was na hom op soek en daar was bewerings dat hy in daardie onherbergsame wêreld geskuil het… en moontlik loop ek hom daar raak. Hy was een van die verdagtes in die saak van Johan Heyns:


(Johan Adam Heyns (performance video) from Johan Stegmann on Vimeo.)
 

Ek skat ons het net verby Noorshoek regs van die R313 afgedraai…

image.png

…en die grondpad gevolg in die rigting van die Mt Ingwe Farm Stay, maar seker op so ‘n 15 km links afgedraai op ’n beduidend kleiner veldpaadjie.

Ná ’n ietwat apokaliptiese tog bereik ons ons bestemming op die oewer van die Grootrivier…

image.png

Ek het die gevoel gehad dat die boere ons met ’n mate van agterdog bejeën, maar dié het gou genoeg verdwyn toe hulle agterkom dat ons Boereharte bó verdenking staan. Ons is uitgenooi om die aand saam met hulle na ’n DVD te kyk wat hulle pas ontvang het en dit was my eerste kennismaking met Gustav Müller en die Suidlanders.
Aangesien ek sedert dié virtuele ontmoeting in 2007 nie werklik weer met hulle te doene gehad het nie, kan ek my nie regtig oor hulle doen en late uitspreek nie. Ek dink wél dat Kaalvoet Thysie nié in die omgewing was nie anders sou hy die DVD-vertoning bygewoon het.

(Voordat ek my kommentaar voortsit, moet ek bely dat die naam (Kaalvoet) Thysie my onwillekeurig daaraan herinner dat ek skaars agtien maande later op dieselfde plek sou staan, maar nie voordat ek saam met Thys Visser – van Johann Rupert se Stellenbosch-mafiafaam – in sy “private executive jet” van die Kaap af Baai toe en terug gevlieg het nie. Dit is ook nie asof Gavin Watson se skielike dood in ’n motorongeluk my nie aan Thys se dood enkele jare later gaan laat dink nie…)

Hoe dit ook al sy, ’n paar jaar later ontmoet ek Wynand du Toit virtueel op die web met die bekendstelling van sy Judasbokboek, waarvan uittreksels en aanhalings op die web verskyn het. Hy was destyds geredelik beskikbaar vir ’n virtuele gesprek, maar toe ek hom enkele minder protokolêre vrae begin vra, was die beskikbaarheid skielik soek.
Ek het byvoorbeeld gesê dat ek begrip het dat hy net na sy vrylating aan hierdie seremonie deelgeneem het…

image.png

…, maar ek het weinig begrip daarvoor dat hy dit hier herhaal het…

image.png

Ek het ongelukkig tot die gevolgtrekking gekom dat mense soos hy, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr en andere baie suksesvol is daarmee om hul fortuin te maak op die dood en verdriet van die Boerevolk."