My 5 sent vir die naweek. Soms murmereer ons oor hoe jonk ons was, maar kyk die gesigte, hul was net so jonk. Die groot verskil was hulle het teen hul broers, ooms, neefs skoolmaats en eie stamlede baklei, VIR ONS. Hul naweek en 7 dae paste was nie in n veilige dorp in die states geneem, nee, hulle het na hul kraal/ huis gegaan waar daar baie gevoellens was, en tog het hulle volhard. Baie blanke seuns kon by die huis bly omdat hierdie manne in die voorste lyn diens gedoen het nie vir n drie maande bos trippie nie, maar vir n minimum 2 jaar kontrak. Na my mening het hulle nog nooit genoeg erkenning of dank ontvang, Dit was n Eer en n Voorreg om met die soldate te dien.
1980 kpl Serafien sjef by Miershoop gewees. Generaal Karel Njoba was seksieleier in peleton waar ek peletonsersant was. Lt Oostuizen was peletonbev. Goeie dae. Mahanene was vroeër n proefplaas. Ringkrale water in put gekry. Die wat in Mahanene was sal van Ringkraal weet. Bajonet was naam van spoorsnyer. Ossewa "kwyta" Ovambo ...... Groetnis Harold Morey
ReplyDelete