Hoe dit ook al sy, ons is heel eerste na Oud-Riga om by 'n gewilde selfbedienrestaurant te gaan eet waar ek 'n paar hoenderboude (à la Ibhayi-raadslede) met twee bekers goeie Letse tapvatkvass afgesluk het. Daarna het ons die antieke keisteenstrate van die ou stad aangedurf en die gesellige drukte van Riga se fees as kulturele hoofstad van Europa vir 2014 geniet.
By een so 'n tenttaverne was daar 'n uitstalling van die mees indrukwekkende, kreatiewe "klip-en-ysterkuns":
...wat teen 'n gemiddelde prys van ongeveer €3 000 per kunswerk te koop was - as neefs Totie & Pieta moet weet hoeveel miljarde euro's daar op hulle plase rondlê, sal hulle terstond 'n dop gaan maak om nooit weer op te hou nie!
Ingrid het ook die volgende hemelse verskynsel (telefonies) digitaal vasgelê en sy was nie besig om Brugse kant te maak nie, maar om bowe-aards mooie klanke uit haar kokle te tower:
Hierna het ons almal weer The Beast bestyg en nadat ons Maija by haar en Martin se woonstel afgelaai het, het ons die pad gevat na Maija se ouers se dacha aan die monding van die Gaujarivier, waar ek en Ingrid in die slaapkamer by die banya geslaap het en die kinders in die dacha self.
Ek en Ingrid in die banya by 'n vorige geleentheid:
No comments:
Post a Comment