‘Verlede is nie dood, dis nie eens verby’
2014-06-07 23:01
Die Amerikaanse skrywer Ta-Nehisi Coates haal onlangs ’n bejaarde gemeenskapsaktivis aan oor waarom swart Amerikaners se lewe so verskil van dié van hul wit landgenote: “The reason black people are so far behind now is not because of now. It’s because of then.”
Dit is in wese die punt wat Coates probeer maak in ’n lang en omstrede artikel wat onlangs in die tydskrif The Atlantic verskyn het onder die opskrif “The case for reparations”. Die insig is ’n verdere uitbreiding op William Faulkner se beroemde opmerking: “The past is never dead. It’s not even past.”
Faulkner word bygehaal deur Clyde Ross, ’n man wat in die 1960’s gehelp het om ’n hofsaak te bring teen Amerikaanse eiendomsagente en -ontwikkelaars wat swart huiseienaars uitgebuit het. Hulle het die ontwikkelaars en agente nie net gedagvaar vir die verliese wat die huiseienaars gely het nie, maar ook omdat die hele bedryf “opsetlik en kwaadwillig” teen hul kliënte opgetree het. Met ander woorde, hulle het gedagvaar vir reparasie weens sistemiese rassisme.
Coates se argument is: Vir die grootste deel – indien nie die hele nie – van die geskiedenis was die Amerikaanse samelewing ’n kleptokrasie waarin wit mense van swart mense gesteel het. Aanvanklik deur die vrugte van hul (onbetaalde) arbeid te steel, daarna deur heeltemal aparte politieke en regs-regimes vir die twee groepe te skep.
Só was dit baie moeiliker vir swart huiskopers om huislenings te kry omdat banke swart woonbuurte anders hanteer het as wit woonbuurte.
En as swart mense vanself na wit gebiede beweeg het, het rasse-onlus of redlining – waar banke weier om in ’n gebied te belê – dikwels gevolg. Die gevolg was dat swart huiskopers meer kwesbaar was vir uitbuiters. Dit het ook die verval van hul gemeenskappe in krotbuurte tot gevolg gehad. Dit beteken swart families het minder geleenthede gehad om huishoudelike rykdom te bou en hul kinders op te voed. Die gevolg was ’n wye en oor die algemeen groeiende gaping tussen swart en wit – een wat sommige mense nou dwing om ten gunste van reparasie te argumenteer.
Om Coates se artikel as ’n Suid-Afrikaner te lees maak ’n mens erg ongemaklik. Nie omdat reparasies vir apartheid ernstig en eksplisiet op ons agenda is nie, maar juis omdat dit nié is nie. Argumente vir die nodigheid daarvan borrel soms na die oppervlak van ons nasionale gesprek deur dinge soos die EFF se verkiesingsmanifes of – by geleentheid – deur die opmerkings van ministers en beleidmakers.
Coates se artikel suggereer dat dié kwessie nie gou gaan verdwyn terwyl swart en wit in verskillende sosio-ekonomiese wêrelde bly nie en vir solank as wat die verskille tussen ons nie verduidelik kan word deur wat nou gebeur nie, maar deur wat destyds gebeur het.
Dit suggereer dat die verlede dalk nooit “dood” kan wees nie.

Geld hierdie argument ook vir die vele slagoffers van oorloë regoor die wêreld? Waar sou Duitsland nou wees indien dit die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog steeds gebruik het as verskoning? Hulle het nie, en word weereens gereken as 'n ekonomiese reus. Europa en Engeland is herbou. Japan kon Hirosjima herstel. Die Jode het Auschwitz oorleef.
Die Boere het in konsentrasiekampe van honger en ontbering omgekom. Hulle plase is afgebrand, hulle lewens vernietig. Ook hulle kon hulle omstandighede te bowe kom.
Daar was weinig restitusie in al hierdie gevalle.
Die mens kan self beluit wat hy wil wees; 'n oorwinnaar, of 'n ewige slagoffer.
Kopie van my brief aan die redakteur hieronder:
(Dis nou as dit nie weer verwyder word en uit die rekords verban word, soos in die boek deur Orwell - 1984.)
Weereens, by wyse van herhaling, teen my beterwete in, wil ek tog net WEER bewaarmaak teen die absoluut debat-vernietigende sensuur en denke polisiering wat Rapport se kommentaar redaksiespan uitoefen.
Dit sou by my maar slegs `n skouer-ophaal en minagtende wegblaai van Rapport af teweeggebring het, maar die tragiek daarvan, om die enigste Afrikaanse Sondagkoerant, en eintlik die laaste meningsvormende entiteit in sekere opsigte, so te sien agteruitgaan in benouende en politiek korrekte bekrompenheid, is vir my baie swaar.
Ek het geen ego-gedrewe rede om beswaar te maak nie. (Alhoewel dit wel baie ontmoedigend is – dalk is dit die hele doel van die sensuur – om die tyd te spandeer om `n goed beredeneerde en feite gebaseerde argument te pos op die webblad, en dan tien minute later te sien dis bloot verwyder, deur een of ander politiek korrekte bekrompe bleeksiel!!!)
Weerens wil ek slegs een guns vra:
Dit moet sekerlik vir u, as redakteur, moontlik wees om die bydraes wat ek gemaak het, te lees en te weeg. Ek vra bloot dat u dit doen, my bydraes weeg teen die mening van `n handvol personeel, en dan te besluit of die summiere verwydering daarvan geregverdig was aan die hand van u kommentaarbeleid, en of dit die werking is van `n benouende sunsuur-gestapo.
Ek verwag weereens geen verskoning of verduideliking nie. Ek vra bloot dat u ondersoek instel.
Vriendelik die uwe,
Johan Jooste
Cybersniper