Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, August 9, 2024

BLOUKRANS HERBESOEK

 Daddy...can you hear me...

don't you hear me...?
I think I'm trapped 
in the riddles of a dream
for mum and you I see
alone in a chapel
without me
and I call out your name
but you don't hear me
although you told me
I did it over and over
when the dark knight 
entered the room
with a sharp sword
and I screamed your name, Daddy
and the dark knight panicked
because he knew 
you would be there
and in his panic 
his sharp sword
nicked me
but I heard the sinews, 
flesh and veins tear
and the cool sword
scratch against my ribs...
I started blowing bubbles 
which the dark knight
pricked and pricked
and when they burst 
I heard your name
but you never came

(Hiermee 'n bietjie konteks:Ag, jy weet mos maar hoe dit gaan - die afgryslike moorde op die drie dogtertjies in Southport en die daaropvolgende oproer het my gedagtes nog gekwel toe die muse my besoek met die saadjie "in the unlikely event that we ever meet again in eternity's aeons of time, I want to ask you daddy, what did you do...?", maar dit het toe uitgekom soos op Mierleeu.
'n Pa of gemeenskap wat onder sulke omstandighede nie gewelddadig in opstand kom nie, verdien dit om van die aangesig van die planeet te verdwyn.
As mense nie bereid is om vir hulle kinders en kleinkinders te VEG nie, is hulle nie werd om 'n nageslag te hê nie.
Dit gee nie voor om enige meriete te hê nie en is 'n momentopname van my emosies op daardie tydstip - heftige gemoedsbeweging in snelskrif geskryf. Ek dink Chris s'n is soortgelyk, maar nie daarom waardeloos nie.)


Friday, May 3, 2024

VOORPOSPRAATJIE, ANTWERPEN, 1994: BOEREVOLK/VLAMING WAAR GAAN JY HEEN...

 

“Staan dan stil, en draai terug! Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale; terug na de pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; terug na die volksaltaar waarop u u offers moet lê, en as dit geëis word ook uself as ’n offerande; terug na die heiligheid en die onskendbaarheid van die gesinslewe; terug na u Christelike wandel; terug na u Christelike geloof; terug na u Kerk; terug na u God!”

[D.F. MALAN, INWYDING VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT OP 16 DESEMBER 1949]


DIE LIB-ERA

 

As kind is ek die Christelike vrugte van die gees geleer, te wete liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, sagmoedigheid, goedheid, getrouheid, vriendelikheid en selfbeheersing en dis goed en mooi, maar ek is ook die waarde geleer van regverdigheid, opregtheid, betroubaarheid, idealisme, deursettingsvermoe en dapperheid en hierdie laasgenoemdes was vir my ewe belangrik en ek het ewe veel daarin geglo as in eersgenoemdes.

So is ek ook die waarde van die gesin, die volk, vryheid, soewereiniteit en onafhanklikheid geleer en ek het dit as dood natuurlik aanvaar.

Ek sien vandag in die lewe rondom my bloedweinig oor van die Christelike vrugte van die gees.

Die begrippe in die tweede groep het in onbruik verval en nasionale vryheid, soewereiniteit en onafhanklikheid het skeldwoorde geword.

Daar bestaan 'n ligsinnige, populêre uitdrukking, te wete dat die enigste les wat uit die geskiedenis geleer word, is dat daar geen les uit die geskiedenis geleer word nie. Die enigste mense wat nie 'n les uit die geskiedenis leer nie, is diegene wat die geskiedenis nie ken nie of nie 'n les uit die geskiedednis wil leer nie of wat alles wat in geskiedenisboeke staan goedsmoeds op sigwaarde aanvaar en vir soetkoek opeet.

Dit is onder andere die geval omdat ons in die LIB-era: die EL-IE-BEE-era of -tydsgewrig lewe. Die LIB is 'n letterwoord vir LEUENS, ILLUSIE en BEDROG, overgezet synde: MULTIKUL. Die toestand word nou egter akuut as gevolg van die oppermagtigheid van die media en die blatantheid, vermetelheid, agressie en overdunde haat waarmee dit bedryf word! Ook bekend as verdraagsaamheid.


“D-DAY”


Op die strande van Normandië

het die afgelope dae

'n skouspel of spektakel

sig sonder keer voltrek

die leiers van die geallieerdes
het met pomp and circumstance
die bevryding van die vasteland
in 1944 herdenk

die vyand van die verlede

is die bondgenoot van die hede

hou die gewone man tevrede

want vir ons gaan dit om mag en geld!

Rondom 6 Junie 1994 kon ons 'n LIB-orgie van letterlik wêreldformaat gadeslaan. Dit het 'n mens onwillekeurig laat dink aan die opskrif in 'n Engelse koerant : "FOG IN CHANNEL, CONTINENT CUT OFF." (MIS IN ENGELSE KANAAL, VASTELAND AFGESNY.)

Almal het deelgeneem - al die bondgenote en meer - die bonte massa van die New Age, van die LIB-era ..... maar waar was die groot bondgenoot in die Europese Unie, in NAVO, in die Wes Europese Unie, in die Eurokorps? Swyg tog, swyg tog! Ons vereniging strek nie tot die strande van Normandië nie, ons hervat dit eers weer op die strande van Korfu, waar ons die bruikbare idioot, die wetenskaplike, tegnologiese en ekonomiese reus van ons kontinent met sy verstand van 'n kleuter verder kan manipuleer.

Gaan die Duitsers ooit wakker word? Wanneer wil die ander gewone Europeers en die Vlaminge tog ontwaak?

Die gewone man van Europa moet besef dat die Slag der Gulden Sporen op die Groeningekouter slegs 'n klein oorwinning was in 'n deurlopende stryd om vryheid en ten spyte van die Renaissance geld Voltaire se woorde dat die mens vry gebore word, maar hom oral in kettings bevind, vandag meer as ooit.


DIE TOTALE AANSLAG


 

Dit was dan ook een van die groot sondes van die Afrikaner-Boerevolk; nie apartheid of rassisme of die onderdrukking van die swartes nie, maar: "Dat vrije Volk zijn wij. Dat vrije volk, dat vrije volk, dat vrije, vrije volk zijn wij!" in die woorde van die Transvaalse Volkslied en Die Stem: ....."teen die hele wereld vry ....." en dit kon nie geduld word nie. Die vrye volk moes weer onder die hiel gebring word. Die totale aanslag wat van die ontstaan van my volk teen hom gevoer is, is volgehou. Ongeveer 'n eeu gelede het die magtige Britse Ryk nie minder nie as 'n halfmiljoen soldate gemonster om my yolk van die aangesig van die aarde uit te wis - en toe was daar tog nog nie apartheid nie. Ons mog egter nie vry wees nie - geen gewone mens mag vry wees nie, ook nie u nie.

Vandaar die Groot Bevryding van Europa van 6 Junie 1944 - dit was die begin van die grootste kolonisasieaksie in die geskiedenis van die Britse Empire, maar om deur die Britte bevry te word, is soos 'n omhelsing deur die dood   

Die (Afrikaner-)Boerevolk het die groot fout gemaak om die misleiding te glo dat dit wat ons op die slagveld van die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, ons op 'n demokraties- politieke wyse kon terugkry - ja, ons het geglo in die demokrasie, die illusie van die demokrasie, maar nou het die seepbel gebars en sit ons met leë hande. In Suid-Afrika verloop die lewe vandag blykbaar heel normaal en soos tevore: my mense braai steeds vleis, speel nog rugby en die son skyn steeds, maar: ons het nie meer ons eie vlag nie, ons is ons land kwyt en die ergste van alles is dat ons sonder eer is, want al het ons alles in die Tweede Vryheidsoorlog verloor, het ons met eer uit die stryd getree, maar nou ..... eerloos, eerloos .....

..... of die (Afrikaner-)Boerevolk ooit weer sy onafhanklike, soewereine volkskap in 'n eie vaderland sal herwin, die weet ek nie - ek kry die indruk dat die tyd kort raak en die leuens, illusie en bedrog neem slegs toe .....

..... of die Duitsers ooit weer hul selfrespek en eer sal terugkry - op 'n politieke wyse? Nooit.

..... of die Vlaming ooit soewereiniteit en selfbeskikking in 'n onafhanklike Vlaanderen in 'n Europa van volkere sal verkry? Slegs as u die totale aanslag begin beveg en die enigste manier om dit te doen is met kennis.

Kennis deur navorsing, hersiening van die geskiedenis, skryf en publikasie van sodanige inliting so snel en so wyd as moontlik.

In Suid-Afrika was ons altyd bekommerd oor wat die buiteland van ons dink en een van die belangrikste regeringswerksaamhede was om inligting oor Suid-Afrika in die buiteland te versprei - dit was 'n fout. Ons moes ons eie mense eerder ingelig het oor wat in die buiteland aangaan: dat die Vlaminge volksoewereiniteit nastreef, die Skotte, die Wallisers, die Baske, die Koerde, nie eers gepraat van die volkere in die voormalige Oosblok nie.


EK STERWE LIEWER WAARDIG AS WAT EK ONWAARDIG LEWE

 

Ek het reeds in Suid-Afrika gepleit vir die oprigting van 'n navorsingsentrum wat sigself uitsluitlik bemoei met navorsing en die daaropvolgende verspreiding van inligting oor ons stryd om vryheid; ons stryd om bevryding van die onderdrukking van die koningshuise en hul lakeie.

Die tyd is meer as ryp dat so 'n sentrum opgerig word en waarom nie in Vlaanderen nie?

So 'n sentrum kan eweneens dien as die administratiewe setel van 'n druk- of lobbygroep om weer 'n Boerestaat in Suider-Afrika tot stand te bring. Ons kan nou reeds begin beplan aan aksies vir die toekoms. Ek is daarvan bewus dat Suid-Afrika binnekort 'n nuwe ambassadeur in België moet aanstel – waarom sy aanstelling ongesiens laat verbygaan?

Ons moet praktiese en uitvoerbare doelwitte identifiseer, want dit gee vir ons iets nuttigs om voor te lewe  en selfs te sterwe.

..... want die lewe is of werd om voor te sterwe,

..... of dit is nie die moeite werd nie.

As u dan vir my vra of dit nog sin het, kan ek u slegs antwoord :

“..... al dreigen zij zijn vrijheid met kluisters en geschreeuw.

Zij zullen hem niet temmen, zolang één Vlaming leeft .....”

Ek voel in my bloed

in my hart en niere die gloed

van die Boeregees brand

waar, o waar, is my eie, vrye land .....



 

Saturday, April 13, 2024

DIGTERLIKE DIALOOG

 

Do not go gentle into that good night

  • Share on Facebook
  • Share on Twitter
  • Share on Tumblr
  • View print mode

Do not go gentle into that good night,
Old age should burn and rave at close of day;
Rage, rage against the dying of the light.

Though wise men at their end know dark is right,
Because their words had forked no lightning they
Do not go gentle into that good night.

Good men, the last wave by, crying how bright
Their frail deeds might have danced in a green bay,
Rage, rage against the dying of the light.

Wild men who caught and sang the sun in flight,
And learn, too late, they grieved it on its way,
Do not go gentle into that good night.

Grave men, near death, who see with blinding sight
Blind eyes could blaze like meteors and be gay,
Rage, rage against the dying of the light.

And you, my father, there on the sad height,
Curse, bless, me now with your fierce tears, I pray.
Do not go gentle into that good night.
Rage, rage against the dying of the light.





https://www.instagram.com/p/CyvuAdTB98h/