Fanus Rautenbach vertel destyds hoe hy 'n vriendin dophou terwyl sy in die kombuis besig is om 'n skaapboud vir die oond voor te berei. Hy merk op dat sy so 'n "flap" van die boud afsny, die boud in die bakskottel en dan in die oond sit en vra haar toe waarom sy die flap afsny en sy antwoord dat haar ma dit altyd gedoen het en dat sy 'n skaapboud voorberei nes haar ma en daarom sny sy die flap af, maar kan dit nie nader toelig of verduidelik nie.
'n Ruk hierna loop Fanus die vriendin se ma weer raak, onthou van die dogter se boud en vra die ma daarna. Sy antwoord dat daar geen eksotiese kombuisgeheim betrokke is nie, behalwe dat haar kastrol te klein was en sy nie die boud met flap-en-al daar in kon kry nie en daarom het sy die flap afgesny!
"Wys jou net!" - soos Fanus altyd gesê het...
In die omgewing/samelewing waar ek en Ingrid grootgeword het - weliswaar onderskeidelik aan die Afrikaanse kant en die Engels-uitlandse kant - was die tradisie of populêre wysheid dat wanneer jy 'n lang rit per motor gaan aflê, jy die aand tevore vroeg gaan slaap sodat jy die volgende oggend so vroeg as moontlik kan opstaan om in die pad te val.
Vir mý het dit altyd beteken dat dit eers 'n ewigheid duur vóór ek aan die slaap raak en sou ek die slaap uiteindelik vat, 'n uur-of-wat van rustelose slaap en dan vervaard wakkerskrik want miskien gaan die wekker nie af nie en wat dán!
Só val jy dan absoluut onuitgerus met krapperige, rooi oë in die pad en word allengs vaker en vaker...
Martin, ons oudste seun, trou toe met 'n meisie van Letland en verhuis na Riga, waar ons hulle gaan besoek.
Aangesien ek en Ingrid nie daarvan hou om telkens deur Ryan Air soos vee behandel te word nie en die rit na 'n bestemming vir ons al deel uitmaak van 'n avontuurlike reis, besluit ons om die 4000 km na Riga en terug per motor aan te pak.
Getrou aan die gebruik van die omgewing waaruit ons kom, begin ons dou-voor-dag met skuurpapieroë, maar tóg vol moed.
Moed wat, soos die hoop, beskaam - só 'n lang reis per motor in Europa is nie dieselfde as in Suid-Afrika nie: die pad van België af, reg Oos deur Nederland en die hele Noordelike Duitsland tot by Warschau in Pole en dan skerp Noord na Riga, is baie bedrywiger as om van Port Elizabeth af Pretoria toe te ry en toe die moegte ons in die omgewing van Olsztyn in Pole oorval, het ons langs die pad stilgehou en 'n rooibruin volmaan sien opkom en ondergaan terwyl ek vir Ingrid haarfyn uitlê hoe klaarstaan in ons basis in Mahanene gewerk het en perfek kon illustreer hoe 'n mens se oë jou bedrieg met "eerstelig".
Later die oggend moes ons noodgedwonge in Olsztyn aan die motor se koppelaar laat werk en het 'n paar dae daar deurgebring. Ek het toe die twyfelagtige voorreg gehad om Nikolaus Kopernikus persoonlik te ontmoet en aan hom te verduidelik dat hy met sy model van die universum die bal totaal misslaan - natuurlik was hy volkome uit die veld geslaan, maar hy het nie van my verskil nie...
Ná ons tweede rit Riga toe en terug, stel Ingrid voor dat ons die gebaande weë van die kondisionering verlaat en, in plaas van vroegoggend, vertrek ons vroegaand: só gesê, só gedaan.
Die volgende keer het ons terwyl dit nog lig was uit Hillegem vertrek vir die tweeduisend kilometer Riga toe en fris en vars en vrolik die toenemende donker Duitsland in getrotseer - 'n lang skof van 700 km van Wes na Oos oor die hele breedte van Duitsland.
...en dit was onlangs gedurende die tweede van hierdie eindelose nagskof deur 'n onrustig slapende Duitsland dat die insig soos die daeraad my gemoed verlig en ek wéét waarom die Duitsers twee agtereenvolgende wêreldoorloë verloor het: hulle het hulle bloedfamilie in die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrijstaat, in hulle uur van eksistensiële nood, versaak.
Indien hulle tot die Boerevolk se hulp gekom het, sou Brittanje dermate verswak gewees het dat die Eerste Wêreldoorlog nie eers sou uitgebreek het nie, vergeet van die Tweede.
Vergeet van alle ander kunsmatige, geskiedkundige verklarings - hierdie is die rede en dit bied aan die vermaledyde Duitse volk die geleentheid om hom self te verlos uit die as en skande van die geskiedenis deur sy bloedfamilie in sy nuwe beproewing te hulp te snel in plaas daarvan om miljarde te bestee aan miljoene volksvreemdes wat die heimat besoedel.
In dieselfde omgewing waar ons grootgeword het, was die kerk en die godsdiens die hoeksteen van die samelewing ...en die hoeksteen van die kerk en die godsdiens was die geloof dat God 'n God van Liefde is - soos verklaar deur byna elke kanselkleed in iedere kerk.
Fanus Rautenbach se vertelling het dit duidelik gemaak hoe kondisionering 'n mens kan laat dwaal - 'n mens kan eintlik sê dat ons elkeen in 'n kompartement op 'n voortsnellende trein gebore word en volledig in daardie kompartement gekondisioneer en geprogrammeer word tot dit wat jy word.
Baie ingesetenes van die kompartement verlaat dit nooit nie, maar diegene wat in die gangetjie beland, kom agter dat elke rytuig uit baie kompartemente bestaan en 'n trein uit vele rytuie. Dan besef jy dat daar sprake is van 'n hele treinvrag aan verskillende gekompartementaliseerde kondisionerings en dat die toeval van jou geboorte absoluut verantwoordelik is vir die inhoud van jou kondisionering en programmering en dat God waarskynlik allesbehalwe liefde is.
'n Mens hoef maar net na die skeppingsverhaal te kyk:
hoe skep 'n liefdevolle God één, enkele planeet met lewe in 'n kerkhofuniversum van verwoeste en uitgebrande hemelliggame, maar alle lewe bestaan daaruit dat die één die ánder moet vreet - selfs plante leef spreekwoordelik in vrees en bewing daarvoor dat hulle deur mens en dier verorber gaan word; nie gepraat van prooidiere wat lewenslank in angs verkeer dat hulle deur roofdiere verslind gaan word nie. Één ding waarmee ou Charles Darwin darem nie 'n fout gemaak het nie toe hy die titel van sy boek geformuleer het nie:
...veral in die alternatiewe titel - waarom moet die lewe 'n stryd wees?
Kan die God van Liefde as Almagtige Skepper van Hemel en Aarde nie 'n ander beginsel bedink nie, of is dit 'n geval van ...
óf die God van Liefde is nie Almagtig nie,
óf die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde
is nie 'n Liefdevolle God nie
Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood
Monday, December 31, 2018
Tuesday, December 25, 2018
RYMELARY
De oude dikhuid vliegt vandaag
weer op zijn cumulonimbusje uit
aan twee lapjes rubber doorheen't onweersblauw
twee gaswolkjes na aan twee eindjes touw.
En keek hij door de druppels omlaag,
naar binnen of uit door de speelkamerruit,
dan zag hij zoals bij zijn twee strengen vlas
een scheidingslijn lopen langs twee lengten glas.
En dat hier op aarde zoals in de hemel
de grenzen tussen rust en gewemel
figuurlijke megalozoa als wij
de ijlte in voeren, de lichtheid nabij.
[MCP 10 12 2018]
VOORTGESETTE RYMELARY
Oude scharnieren piepen een lied (Scharnierensonnet?)
In falsettonen word je welkom geheten.
Een toontje lager en je staat weer op straat.
Door een kier fluit de tocht, octaveren de spleten,
als je schuifelend door de deurposten gaat.
Een dode noot staat nog steeds genoteerd
waar een sofapoot het hout aansloeg
toen je ’t zitkamermeubel de gang binnendroeg,
maar het iets te veel op zijn rug had gekeerd.
’t Portiek brengt altijd een gelegenheidslied,
waarvan je de timbres toch door en door kent.
Ieder scharnier speelt soms eerste viool:
Glissando in lofzangen op het moment,
staccato geschater als puur vitriool
toen jij ooit je kop tegen ’t deurpaneel stiet.
[MCP 18 12 2018]
Subscribe to:
Posts (Atom)