My Maat*
*[Soos majoor Willie Snyders (die kolonel Kurtz van Owamboland) die lede van die
leiergroep by 1 Owambo-/35 Bataljon altyd aangespreek het - ek was nie self later by 101Bataljon nie en ek weet ook nie of
majoor Snyders daar was nie. Ek het hom al op die internet probeer opspoor,
maar sonder sukses…]
Dít was egter nie die eerste gedagte wat jou
onderstaande e-pos by my opgeroep het nie, maar wel die volgende
korrespondensie van middel-Desember 2001:— Original Message---
From: Ingrid ...
Sent: Friday,
December 21, 2001 5:55 PM
Subject: VIR
DIE BOU VAN 'N MONUMENTJIE
DAG FRANS, NORMA
Ter hervatting stuur
ek maar eers die volgende stukkie wat ek die afgelope week geskryf het vir die
Vlaams Heidens Front (http://www.heathenfront.org/vhf), maar nog nie gestuur
het nie.
Groetnis
P
_________________________________
Heil die leser
Kort na my en my
(Suid-afrikaans gebore, Vlaamse) vrou se huwelik in 1981 het ons besef dat daar
vraagstukke bestaan wat ons nóg vanuit my Calvinisties -Protestantse nóg vanuit
haar Rooms-Katolieke agtergrond kon verklaar of oplos.
Ons het op die
gedagte gekom dat 'n mens 'n soort navorsingsentrum moet oprig waarby 'n mens
'n aantal gesinne moes betrek. Sommige lede van die projek sou voortgaan met
hul gewone beroepslewe en andere sou voltyds of andersins by die sentrum besig
wees met navorsing oor vraagstukke waaroor onderling besluit sou word.
Die politieke
revolusie in die land het egter te snel gegaan en ons is deur omstandighede
gedwing om met ons drie seuns uit te wyk na my vrou se tuisland, Vlaanderen.
Ofskoon nie meer
dieselfde as destyds nie, bestaan daar vir ons nog altyd vraagstukke. Ons is
egter nog steeds - soos destyds - van oordeel dat 'n mens nie in isolasie sinvol
kan aandag bestee aan sodanige vraagstukke nie, maar dat dit in noue
samewerking met ander gesinne moet geskied, by gebreke waarvan 'n mens nie veel
vordering kan verwag nie.
In die "vragen en antwoorden"-afdeling van u bekenstellingspamflet sê u o.a: "...
iedereen is vrij om te lezen wat hij wil, iedereen interpreteert het heidendom op zijn manier,
...". Ons is egter van mening dat daar tóg 'n mate van ordening behoort te
wees in die rigting van 'n doelwit; daar moet sprake wees van 'n geordende
projek.
Beide ek en my vrou ervaar natuurlik vandag die Christendom totaal anders
as destyds en stem met baie van u stellings aangaande dit wat u die
joods-christendom noem, saam. Desondanks is ons ten opsigte van ons drie seuns
van mening: liewer die christendom as niks. In ons eie evolusie as gesin het
ons ook uitgevind dat baie vrae nie alleen nié beantwoord word nie, maar
waarskynlik vanweë epistemologiese en ander redes nie beantwoord kán word nie.
Dit is vir ons afdoende duidelik dat ons Suid-Afrikaanse paradigmatiese
programmering waarskynlik voldoende was vir Suid-Afrika, maar dat dit nie toepaslik is in die huidige Europese samelewing nie. 'n Mens sou kan sê dat die
sleutel wat ons ontvang het om die wêreld mee te ontsluit (verklaar), verval
het en dat 'n mens 'n nuwe paradigma nodig het. Dit geld egter ook vir die
Europeër in internasionale verband.
Ons hou graag die volgende aanhalings en gedagtes aan u voor om aan te
toon dat die Christendom as sodanig waarskynlik nie die groot sondaar is nie,
maar eerder misbruik is (dit is geen christelike apologie nie!):
Terry Pratchett se "Discworld is the flat world, carried through
space on the back of a giant turtle,..."
...en netsoos "It is known that knowledge is power, and power is
energy, and energy is matter, and matter is mass, and therefore large
accumulations of knowledge distort time and space. This is why all bookshops
look alike, and why all second-hand bookshops seem so much bigger on the inside
- and why all libraries, everywhere, are connected."
Netso bestaan
alles wat 'n mens ooit iewers gelees het in onderlinge verband in sy
persoonlike, mentale tyd-ruimtelike vervorming.
So lees ek
byvoorbeeld in Dr. Antoon Vloemans se boek "NIETZSCHE": "Niemand
heeft de strekkingen van het Christendom zóó in de diepte nagespeurd als
Nietzsche. Gedreven door een hartstocht zoo groot, dat hij alleen liefde - of haat
kan zijn. En wanneer men zegt, dat liefde blind maakt, dan is het de haat, die
Nietzsche ten opzichte van het christendom "ziende" heeft
gemaakt."
...maar in die Vrijbuiter (nr1, jaargang 1, okt-nov-dec 1997) lees ek
ook in 'n artikel met die titel HET LEVEN IS ZINLOOS! LEVE HET LEVEN! Van Dirk
Bollen: "Nietzsche vertelt in deze onschuldig ogende parabel op
meesterlijke wijze over de dood van God. De
mogelijkheden om oprecht en naïef in een godsdienst te
geloven zullen voor de mens steeds kleiner worden om op den duur volledig te
verdwijnen. Dit proces is in volle gang, maar de mensen beseffen dit nog niet.
De personen die de dolle mens uitlachen, zijn niet de kerkgangers of de
pilaarbijters, maar niet toevallig zijn het mensen die niet meer in god
geloofden. Zij hebben het geloof al wel achter zich gelaten, maar met een
onbekommerdheid waar ze nog spijt van zullen krijgen."
In die boek Het mystieke leven van Jezus van H.
Spencer Lewis lees ek ook (p.8,9): "leder lid van de Essenen in Egypte of
Palestina of van de 'Therapeuti', zoals zij in andere landen werden genoemd,
moest een rechtstreekse afstammeling zijn van het Arische ras. Dit punt is zeer
belangrijk in verband met de feiten die zullen worden onthuld in verband met de
geboorte en het leven van de Meester Jezus."
... en op p35:
"Alle genoemde feiten tonen duidelijk aan, dat Maria, Jozef en het kind
dat hun geboren werd, alsmede vele anderen in hun omgeving als Nazareners,
Nazareërs of mensen van een niet-Joodse sekte werden beschouwd."
Vervolgens lees ek in die Encyclopaedia Britannica: "The picture of
Jesus offered in these writings [the Talmud] may be summarized as follows: born
as the illegitimate son of a Roman soldier called Panther, Jesus (Hebrew Yeshu)
worked magic, riduculed the wise, seduced and stirred up the people, gathered
five disciples about him, and was hanged (crucified) on the eve of the
Passover."
Vir 'n oomblik
terug na. Dirk Bollen en Nietzsche: "Het proces van de dood van God
voltrekt zich langzaam. Zelfs de mensen die niet meer in God zeggen te geloven,
hangen immers nog steeds ideeën en woorden aan die rechtstreeks uit deze
religie voortspruiten, als wereldlijk ersatz voor deze religie fungeren. De
religie, ontdaan van God, werkt immers nog door in de moraal."
Byna ten besluite
het Mark Twain blykbaar gesê: "The reason why truth is so much stranger
than fiction is that there is no requirement for it to be consistent."
Kortom, u weet tog ook waarom 'n brandweer rooi is:
'n Brandweerwa
het 4 wiele en op 'n brandweerwa staan 5 brandweermanne. Nou, 4 x 5 = 20 en
daar was twintig sjielings in 'n £. 'n Pont vaar oor 'n rivier en in die rivier
swem daar visse. Die visse het vinne en die Finne het eens teen die Russe geveg
- die Russe was rooi en daarom is 'n brandweer rooi...
Ten besluite die
woord aan Zarathoestra in Van de bleke
misdadiger: "Ik ben 'n leuning langs de stroom : grijp mij wie mij
begrijpen kan!"
_________________________________________________
Van: "norma.frans
Aan:
<ingrid....@ pandora.be>
Verzonden: 30 December 2001 00:33
Onderwerp:Re: Monument se moer
Dag Piet
Vanoggend in my
Taxi kry ek die volgende "job" op die data-skerm:
Nm. Jeremy
1/250 Gloucester St
.
do as directed
Ek soek en hou
stil. 'n Woonstelblok. Jeremy kom tevoorskyn en sê dat ek moet binnekom. Ek is
al teen dié tyd gewoond aan rystoel-kliënte, maar oënskynlik wil dié een nêrens
heen gaan nie.....sê net ek moet inkom. Toe ek binne is gee hy my die opdrag om
die urinesak wat aan sy been vasgegespe is leeg te maak in 'n emmer wat ek moes
nadersleep. Ek huiwer. Besluit om nie te dink nie en trek die emmer nader. Hy
versoek my om sy broekspyp op te trek, die sak te ontbloot en die kraantjie oop
te maak in die emmer. Ek huiwer...en doen dit. Die kamer ruik na pis. Ek vra
hom of dit o.k. is en hy se "nog nie," en druk-druk met sy hande aan
sy broek. Toe is dit o.k.
Hy vra my om hom te help van sy sitkamer na sy slaapkamer toe. Daar is een van hierdie groot
hake bokant sy bed en op sy versoek help ek hom om sy arm deur die haak te
kry. Nou moet ek hom aan sy bene vat en op sy bed help. Met 'n hiernatoe en
daarnatoe en 'n bietjie links en regs, kry hy uiteindelik sy lê. Nou moet ek sy
broek uittrek, asb. Sy ballas en sy penis is normaal, behalwe vir die
kondoom-agtige-konneksie met die sak om sy been (wat ek sopas in die emmer leeg
gemaak het). Ek moet die komberse oor hom gooi, die emmer langs sy bed neersit
vir verdere gebruik, die kamer verlaat en toesien dat al die deure gesluit is,
$5 van sy tafel af optel, die voordeur van die woonstel agter my toetrek en die
pad vat.
"Do you see him?" he asks. "Do you see the story? Do you
see anything?....No, it is impossible; It is impossible to convey the
life-sensation of any given epoch of one's existence - that which makes its
truth, its meaning - its subtle and penetrating essence. It is impossible. We
live, as we dream - alone!"
I find any sleep
that claims to be
a sleep of reason
unreasonable and fitful,
yet each night
I fall down in darkness
all the same
wondering what new land
knows the sound
of singing swallows.
Rod McKuen
Groetnis
Frans.
_______
…en in die besonder Frans se aanhaling uit Joseph Conrad se Heart of Darkness.
Jou vervreemding van die
Afrikaner is vir my natuurlik niks nuuts nie: selfs as student was jy nie
besonder “nasionalisties” nie, hetsy die huigelagtige of enige ander soort nie
en vir my was dit reeds een van jou “sjarmes” en waarskynlik een van die redes
waarom jy nooit regtig ’n reuse skare van aanhangers om jou versamel het nie –
per slot van rekening is jy volgens jou eíe getuienis nie juis ’n bok vir ’n
groep nie…in teenstelling met my: vir my is twee al genoeg vir ’n groep.
Hoe dit ook al sy, ’n ander
gedagte wat jou skrywe aan die vergetelheid ontruk, is ons eerstejaar
staatsleerklasse by prof. Jac. Cilliers
toe daar onder andere oor die “-ismes” besin is. Toe ek met die oog op dié
skrywe die ismes Google, kom ek eerste op hierdie twee lyste af: http://www.ismbook.com/ismlist.html en http://phrontistery.info/isms.html
Dis baie interessant dat
“nasionalisme” nie in één van dié twee lyste opgeneem is nie.
Die volk, volksliefde en
nasionalisme is minstens sedert die tweede wêreldoorlog ’n byna absolute taboe
vir die meerderheid Europeërs – hulle is meer “tolerant” teenoor pedofiele as
teenoor nasionaliste, waarskynlik omdat hulle pedofilie nog so laat as die
tagtigerjare van die vorige eeu bedryf en oogluikend toegelaat het.
Dit is egter nié die
nasionalisme wat die skurk in die stuk is nie, maar soos ’n mens so pas weer in
die Oekraïne kon sien, word die nasionaliste as pionne in ’n baie groter spel
gebruik, net soos in Suid-Afrika, want nasionalisme is waarskynlik die enigste ideologie waar jy op die mense se
ingebore, natuurlike moed van hulle oortuiging kan staatmaak – dis net jammer
dat die ware nasionaliste nooit veel meer as 10 tot 15% van die volk
verteenwoordig nie.
Sodra die nasionaliste sukses
behaal, vind daar ’n eksponensiële toename plaas in ondersteuning vir hulle,
maar byna uitsluitlik van onbetroubare meelopers, opportuniste en parasiete en
dit is dán wat een van die (groot) –ismes sy kans waarneem en die staatsgreep
pleeg.
Die feit dat nasionalisme per
definisie beperk is tot ’n bepaalde volk, is seker die rede waarom dit nie
universeel /globaal kan wees nie en gevolglik uit die bogenoemde lyste gelaat
is. Indien dit reg is dat die enkeling die ewige lewe in die familie beërwe,
die familie die ewige lewe in die volk beërwe en die volk die ewige lewe in die
ras beërwe, dan kan Frans, Marlow en
Conrad sê wat hulle wíl, maar dan word ons nié as enkeling gebore nie en nog
minder sterf ons as enkeling!
Wanneer ek na die volgende
beskrywing van Medusa kyk na wie jy
in jou slotsin verwys, dan dink ek dis baie toepaslik met verwysing na die
nasionalisme en hoe andere dit
misbruik en geweld aandoen:
|