tag:blogger.com,1999:blog-2025559866783720618.post2978257029189075309..comments2024-02-03T03:51:56.929+01:00Comments on MIERLEEU: DVDM*Petrus Potgieterhttp://www.blogger.com/profile/17111953518215422541noreply@blogger.comBlogger1125tag:blogger.com,1999:blog-2025559866783720618.post-83304785709721359422016-04-18T18:12:15.796+02:002016-04-18T18:12:15.796+02:00Na lank se wik en weeg het ek toe maar op die pylt...Na lank se wik en weeg het ek toe maar op die pyltjie van jou DVD geklik......
Daai pers skirtjie het vir my maar alte lossies gesit en was ek benoud dit sou met een van die tokkels los raak en af val ! Jy het dit seker met 'n speldjie aan die binnekant ook vas gemaak vir veiligheid ?

Eintlik het ek meer gewonder waarom die naam van hierdie blog ? Ek reken daar is maar min mense wat weet wat is 'n mierleeu en seker nog minder wat weet dat dit die voorloper van die volwasse vorm is van iets wat soos 'n naaldekoker lyk, (maar nie is nie)aangesien sy naam mierleeu bly- seker net mnr of mev om sy volwassenheid aan te dui..... Blog jy oor wat jy skryf eersdaags gaan verander - soos die geskiedenis in die matriek boek, of omdat jy skryf met gevleuelde woorde soos oom Oubaas dit destyds genoem het ? Ek sien egter jy hou nie daarvan om punte(dis nou fullstop) in jou sinne te gebruik nie, en wonder ek of jy ook so praat- sonder om asem te haal.....?

Ek hoop darem dat julle die besoek aan Suid Afrika geniet het, maar dit hang seker af van hoe lank gelede julle vorige besoek was ? Geniet in elk geval die aand waar jy ook al nou is - groetnis uit die Baai
Unknownhttps://www.blogger.com/profile/15071742607396480992noreply@blogger.com